‘Vermiste’ oud-SAUK-hoof in hospitaal opgespoor

Argieffoto

Argieffoto

Die voormalige uitvoerende hoof van die SAUK wat sedert Saterdag as vermis aangemeld is, is Woensdag lewend in ʼn hospitaal in Durban gevind.

Solly Mokoetle se gesin het hom Vrydag omstreeks 22:00 die laaste keer gesien by hul huis in Mount Edgecombe in Umhlanga, KwaZulu-Natal. Hy het glo na die buitehek gestap om iemand te ontmoet waarna hulle hom nie weer gesien het nie.

Die polisie het intussen Woensdag bevestig dat Mokoetle in die Mahatma Gandhi-hospitaal opgespoor is. ʼn Polisiebeampte het Mokoetle in die hospitaal besoek, maar hy kon toe glo nie praat nie.

Zola Ntuli, Mokoetle se vrou, het gesê sy is verlig dat haar man lewe en dat sy vermoed dat hy dalk ʼn beroerte gehad het. Volgens Ntuli was sy die naweek drie keer by die hospitaal, maar is daar aan haar gesê dat daar slegs twee ongeïdentifiseerde persone is en dat albei vroue is.

Mokoetle het tussen 2001 en Desember 2006 as die hoofbedryfsbeampte van die SAUK gedien. Hy is in 2009 as uitvoerende hoof aangestel, maar die nuwe SAUK-raad het in 2010 sy aanstelling bevraagteken. Hy het in Januarie 2011 bedank en ʼn goue handdruk van sowat R3,4 miljoen gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Flibo ·

Te veel kry goue handdrukke van miljoene rande. Dis belaglik !!! As jy nie jou werk kan doen nie en jy is in hoe poste aangestel is n goue handruk jou voorland.

Lance ·

Eintlik gehoop dis die huidige ou …genade wat hy nie nog gaan kwyt raak met sy persentasies en media blokkeerings …wat n joke !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.