Vermiste pa met skietwond in bakkie gevind

Johan “Galoopy” van Staden en sy vrou, Clarissa. (Foto: Facebook)

Die polisie in Meyerton in die Gautengse Vaaldriehoek doen in dié stadium ʼn geregtelike doodsondersoek nadat die liggaam van Johan van Staden Donderdagmiddag op die Kareekloofpad gevind is.

Van Staden, bekend as Galoopy, is geskiet. Sy vuurwapen het op die passasiersitplek gelê.

AO Simon Mafokatsana, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn vragmotorbestuurder het gesien hoe Van Staden se voertuig oor die pad swenk. Lukas Moemise het die bakkie probeer vermy, maar dit het wel die vragmotor se agterwiel geraak.

Van Staden se bakkie het uiteindelik langs die pad tot stilstand gekom en Moemise het gaan ondersoek instel. Hy het op Van Staden se liggaam in die bakkie afgekom.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het Van Staden met ʼn skietwond in die kop in sy bakkie aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar.

Volgens Mafokatsana dui die polisie se ondersoek daarop dat die koeël by die passasiersdeur van die bakkie uit is. Hy het gesê daar is in dié stadium geen aanduiding dat Van Staden moontlik die slagoffer van ʼn misdaad, soos ʼn kaping, was nie.

Een van die plasings op Facebook.

Verskeie boodskappe is Donderdag deur die loop van die dag op Facebook gedeel, waarin mense gevra word om op die uitkyk vir Van Staden se wit Amarok-dubbelkajuitbakkie te wees.

ʼn Soektog is blykbaar na Van Staden aan die gang gesit nadat niemand hom ná 12:00 Donderdag op sy selfoon in die hande kon kry nie.

Tientalle boodskappe van medelye is intussen op Facebook aan Van Staden se vrou, Clarissa, en sy seuns gestuur.

Hy is beskryf as ʼn joviale gesinsman wie se dood ʼn groot leemte laat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Leon Pit ·

Dis vrek moeilik om normaal op te
tree in die deurmekaar samelewing waarin ons bly. Die media en koerante bestaan uit 99% moord roof verkragting afpersing e noem maar op.

The Oracle ·

Maak nie saak of dit selfmoord of misdaad was nie. Dis tragies en ek dink aan die wat hy agterlaat…

Deon ·

Baie jammer liewe mense! My ouma het jare gelede dit ook gedoen, en ons het lief gebly vir haar en besef dat sy seker swaar moes dra aan ‘n kruis!

Gesiggie ·

My inni meegevoel aan sy vrou en familie, wat ook al gebeur het dit is hartseer vir sy familie om dit te verwerk. Sterkte aan jul, kan sien dat hy n baie geliefde mens was. RIV Johan….

Elna ·

Eerstens baie sterkte aan sy gesin en sy familie wat die hartseer tyd moet verwerk. Ek wil net noem dat een van my familie lede ook presies op dieselfde manier sy eie lewe geneem het as wat hier bo in die berrig staan( indien dit n selfmoord geval was) ons lewe in n land met baie hoee misdaad enige iets is moontlik. Moeilik om te sê wat presies gebeur het. Die waarheid sal wel seëvier. RIV Johan al het ons jou nie geken nie.

Anoniem ·

Ek wil ook net se hoeveel mense oorweeg selfmoord.Ek sit ook baie dae en oorweeg want jy sien ek het een verkeerde besluit gemaak en nou sit ek sonder n pensioen en heenkome. Wat maak ek.

Jammerte ·

Hi Danien maak my hartseer as ek so iets lees. Ek hoop jy het iemand om mee te praat. Praat en ek is seker jy kry oplossing vir jou probleme. Daar is altyd iemand wat sal luister. Bid vir jou!!!! Jammer oor Galoopy ook. Rush in vrede.

joachim cilliers ·

Ek was saam met galoopy op skool, hy was baie baie nice ou, bietjie stout maar in goeie manier. hy het my eerste mass bank gereel. ALtyd tyd vir n ou grappie,
Rest in Vrede almal gaan jou mis.

SjN ·

Tragies, balistiese toetse, kruitmerke ens, sal oorsaak bepaal.

Karolis ·

Indien die vuurwapen, soos in die berig beweer, op die passasiersitplek lê en die koeël by die passasierdeur uit is, is dit nogal ‘n moeilike een om te verduidelik.

Annelize ·

Dankie tog, iemand wat die ding sien soos ek hom sien. 1 en 1 maak vir ‘n feit nie 2 hier nie.

Net so ·

Dis wat ek ook nie kan verstaan nie. Dis amper heeltemal onmoontlik. Terwyl hy besig was om te bestuur. Nee ek sal dit nie so gou aansien vir selfmoord nie.

Lolla ·

Vele mense het al so selfdood gepleeg. Oud Minister Ben Schoeman het dit ook gedoen.
‘n Familielid van my het dit ook gedoen.

Agter die skerms ·

Asseblief Maroela Media laat ons meer weet oor die insident.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.