Vermiste pa se lyk in hotel gevind

Hannes Craemer. Foto: Facebook

Hannes Craemer. Foto: Facebook

ʼn Soektog na ʼn vermiste pa van Durban het tragies geëindig toe sy liggaam in ʼn hotelkamer in South Beach gevind is.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê Hannes Craemer (28) se liggaam is Donderdag deur hotelpersoneel in een van die kamers gevind. Hy is in die kop geskiet. Hy is op 30 November as vermis aangemeld, nadat hy vir die laaste keer deur sy kollegas by die werk gesien is.

Volgens Zwane het ʼn 43-jarige man op Maandag, 30 November, by die hotel ingeboek vir twee aande. “Hy is later by die hotel weg en het saam met Craemer teruggekeer. Die twee mans is na die hotelkamer. Die man is omstreeks 19:30 weer uit en het nie weer teruggekeer nie. Craemer het nie weer uitgekom nie en daar was ʼn moenie-steur-nie-kennisgewing op die deur,” het hy gesê.

Teen Donderdag het hotelpersoneel onraad vermoed omdat Craemer nog steeds nie uitgekom het nie en die hotelgas ook nie weer teruggekeer het nie. Hulle het ingegaan en Craemer se liggaam gekry.

“Ons is nou op soek na die 43-jarige verdagte wat daardie dag saam met Craemer was. Hulle was na bewering sakevennote,” het Zwane gesê. “Sy identiteit  is aan die ondersoekspan bekend en die polisie is steeds op sy spoor. ʼn Saak van moord word ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

ME ·

Ai daar gaan geen dag verby sonder om berig te lees van MOORD nie. Hoop ek mag dit sê………”Ek k@ts sommer”

Dedré ·

Hartseer….dis my vriendin se boetie…ons het so gebid en hoop hy’s oky. Maar sy lewe is van hom gesteel en sy familie is van hulle geliefde beroof!!! Ons kan net vir hulle bid!!! Dis ñ moeilike ding en ñ moeilike tyd! Hulle het ons gebede nodig!!! Blessings!!!

Ilvar ·

Ja ekt ook die berig vanoggend in die Tzaneen koerantjie gelees. Al die omstandighede stem ooreen.

Anelka ·

Die man was my nefie en n bja goeie man. Ek wens hulle kry die vark wat n wonderlike mens , goeie pa en man weg geneem het

ME ·

@Anelka. So jammer oor jul verlies. Mag die skuldige vinnig gevang word en rot in die tronk.

jolene ·

Ons mee gevoek is met julle hy was vir jare n vriend van ons in trichard secunda hy het saam my man albert gewerk ons het so gebid ja dus tragies hoekom hom dood maak dus nie altyd die oplossing nie jy wat hom geskiet het het hom dalk nie nodig nie mar sy vriende en famiie we’ll wat het jy gedink toe jy dit gedoen het onthou net jy gaan gekry word en dan is jou lewe ook daarmee heen hoop jy bly daar in die tronk en kom nie uit nie hoop die familie kry ook die kans en die vriende om jou tewys wat hul van jou dink ja n saak het 2 kante maar he’ll om moord tepleeg en dan nog n teken bordjie optesit moenie pla nie genoeg tyd vir jou om weg tekom watse vriend of sake watokal jy van hannus was Is jy God slaap nie onthou dit hy weet waar jy is ek hoop jy sien elke boodskap familie vriende ons dink aan jul sterkte voorentoe God is met jul hy sal jul versterk

Theresa ·

Innige simpatie met die familie en vriende. Mag die lang arm van die gereg die skuldige gou vastrek.

Charlene ·

Dis eintlik so tragies. Mens lees altyd die goed en wonder lees die familie en vriende hier en alles. ek is so jammer vir julle almal se verlies en dan nog so voor kerstyd. Dis so wreed. Ek hoop die Here dra julle en ek hoop en bid die vark word gevang sodat julle verstroosting kan vind. Dedre jy moet jou vriendin ondersteun, die dood van `n broer is aaklig. Aaai en om nie eens te dink aan `n mamma en pappa wat agterbly and dalk kinders……..
Sterkte ana al die familie en vriende.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.