Vermiste Paarl-vrou se liggaam gevind

Nicola Pienaar. Foto: Facebook

Nicola Pienaar. Foto: Facebook

Nicola Pienaar (28), die vrou van die Paarl wat op 5 Januarie vermis geraak het, se liggaam is gevind.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn 32-jarige man, ook van die Paarl, het Sondag omstreeks 23:00 aan die polisie uitgewys waar Pienaar se liggaam agter sy huis onder rommel begrawe is.

Van Wyk het gesê die man sal Donderdag in die Paarl-landdroshof verskyn op aanklag van moord, bedrog en motordiefstal. Die man se naam kan nie bekendgemaak word voordat hy in die hof verskyn het nie.

Maroela Media het vroeër berig Pienaar is op 5 Januarie laas gesien toe sy haar ma se huis in haar Peugeot-motor verlaat het. Sy is op 8 Januarie as vermis aangemeld. Pienaar se kêrel is op 21 Januarie buite ʼn KFC in Port Elizabeth in hegtenis geneem waar hy Pienaar se motor parkeer het. Dié motor behoort aan Pienaar se ma.

Die Peugeot waarmee Nicola Pienaar gery het en wat glo in haar kêrel se besit gevind is. Foto: SAPD

Die Peugeot waarmee Nicola Pienaar gery het en wat glo in haar kêrel se besit gevind is. Foto: SAPD

Die kêrel het reeds vroeër in die hof op ʼn aanklag van motordiefstal verskyn. Die polisie het vroeër gesê Pienaar se kêrel het tydens sy inhegtenisneming aangevoer hy en Pienaar was op 7 Januarie na Port Elizabeth onderweg toe hulle ʼn uitval gehad het. Hy beweer hy het Pienaar in Oudtshoorn afgelaai waar sy ʼn bus sou neem terug huis toe.

ʼn Betroubare bron na aan die ondersoek het egter vroeër aan Maroela Media gesê dat Pienaar glad nie gesien word in die beeldmateriaal van veiligheidskameras by die vulstasies waar haar kêrel langs die pad brandstof ingegooi het nie. Volgens hierdie beeldmateriaal was Pienaar nie saam met haar kêrel in die motor toe hy die Paarl verlaat het nie. Hy het glo Pienaar se petrolkaart gebruik om brandstof mee in te gooi.

Lees alle vorige berigte oor Nicola Pienaar op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Verwar ·

Ek is nou verwar, is dit nou die kerel? Want in vorige berigte is die kerel in die hof oor haar ma se gesteelde kar.

Lelani ·

Ja dis die kerel maar sy naam mag nie genoem word nie alvorens hy in die hof verskyn

Hartseer nuus ·

Innige simpatie aan die ouers, familie en vriende. Hoe kan ‘n mens so iets doen aan iemand vir wie jy veronderstel is om lief te wees?

MissDemeanor ·

Ja want toe was hy reeds in die hof vir die motor se diefstal. Maar die koerant kan hom nie nou eksplisiet by haar moord betrek voor sy hofverskyning nie.

Annie ·

Sterkte aan die ouers en familie, dit is so hartseer en tragies. Pienaar se kerel sal nou moet begin praat en vinnig ook, want hy is skuldig – hy moet glad nie borg kry nie – lae gemene mansmens.

Lise ·

Baie sterkte aan haar moeder en die hele familie. Wens die storie het ‘n mooier einde gehad …

Stellie ·

Ongelooflik hoe die oortreders dink hulle gaan met leuens wegkom. Mind you in SA doen jy nogals. Baie sterkte aan haar familie, dit is ‘n pragtige dogter wat julle heeltemal te vroeg verloor het .. was nie moeilik om hierdie een uit te figure nie .

Elsie ·

Vandag se meisies moet baie versigtig wees. Ek praat nie spesifiek van die storie nie maar oor die algemeen vertrou hulle die mans te maklik. Laat dit wees soos jare terug. Die man kom kuier vir die meisie by haar ouerhuis. Meisies wil altyd alleen gaan bly en die kêrels trek te maklik by hulle in nog voordat hulle mekaar baie goed ken. Mens kan niemand meer vertrou nie. Ek het self ń jong dogter (26) wat nog in die huis is. Kan my net indink wat die meisie se familie deurgaan! Sterkte…!! Wens dit vir geen ouer toe nie

Giada ·

My goeie hemel – in watter eeu leef jy? Jou arme ‘dogter’ – sy is 26 en lankal ‘n volwassene. Maak jou kinders so groot, dat hulle hul eie besluite kan neem en op hul eie voete kan staan.

Talita ·

Mag hy baie lank sit – niks in die wêreld sal vergoed vir haar ouers se verlies nie. Sterkte aan die gesin.

Theresa B ·

Agge nee. Ek het so gehoop sy word iewers lewend gevind. Dis so tragies. Baie sterkte aan die ouers. Al liewe hemel – alles is so sinneloos.

Ditto ·

Theresa, ek voel presies soos jy! Baie baie hartseer, aan die Moeder xxxxxxx!

Uvonka ·

Ai tog ek het dit vermoed maar het bly hoop en bid dat dit nie die geval sou wees nie. Nog ‘n sinnelose dood van ‘n pragtige jong vrou! Sterkte en innige simpatie aan haar familie.

Liza ·

Dit is vreeslik…. my innige meegevoel gaan aan haar familie en vriende….

santie ·

Tragies!!!! Rus in Vrede kind. Meegevoel aan familie.

Vir JOU wat hierdie daad gepleeg het, jy sal dalk net tronkstraf kry maaaaaar……..God sal jou straf die Hel wag!! (nie moeilik om een en een bymekaar te sit—oor wie skuldig is).

Rita ·

Ai leer mense dan nooit! Die arm van die gereg is lank. Vang gaan hulle jou vang. Al is dit oor 20 jaar. Ek is so dankbaar my dogter het weggekom uit ‘n verhouding waar sy aangerand, gevloek en verkleineer is. Nou kan ek ook weer gerus slap. So jammer vir die wat agter bly.

Moedeloos ·

Rita, hoe het jou meisiekind weggekom uit die verhouding. My jongste, pragtigste dogter is in dieselfde situasie tenspyte van waarsku, baie trane, smeek, mooi praat & baklei deur die hele familie glo sy nog steeds vas dat hy haar trouman is. Ek was al by ‘n berader wat my gewaarsku het dat al die gevaartekens daar is en dit net ‘n kwessie van tyd is voor hy haar fisies gaan aanrand. Het haar ook daar gehad, maar wil nog steeds nie hoor nie. Al raad wat berader kon gee is dat ek glad nie meer mag preek nie, want dit dryf haar net weg. (sy het al uitgetrek uit die huis om die rede) Daar is niks wat ek kan doen nie, net daar wees vir haar as haar oë (hopelik) eendag oopgaan, haar verseker van my liefde en bid bid bid. Ek probeer alles regdoen, maar gee my nogtans slapelose nagte (soos jy sal weet). My hart breek vir die pragtige meisie wat so wreed weggeruk is se arme ma. Sal enige raad waardeer. Baie dankie & groete. Van nog ‘n bekommerde ma.

net 'n vriendin ·

Moedeloos…
Ek is nie ‘n ma nie, net ‘n vriendin van iemand wat in so verhouding vasgevang was. My hart voel seer saam jou. Uit die ervaring het ek geleer dat daar ongelukkig nie fisies iets is wat jy kan doen nie, (of dalk is daar iemand wat beter weet?) Die berader is reg wanneer sy sê dat jy haar net kan verseker van jou liefde en ondersteuning en om daar vir haar te wees wanneer haar oë oopgaan. My vriendin het ook net onttrek van alles en almal wat vir haar “gepreek” het. Jy kan baie bid. Deur die Genade het my vriendin se oë oopgegaan en het sy een dag uit die bloute by my huis opgedaag en gesê sy het slaapplek nodig. Sy het nie weer teruggegaan na hom toe nie. Dit was ‘n moeilike tyd vol Genade.
Baie sterkte moedeloos. Ek bid saam jou.

Wicus Jansen Van Vuuren ·

Dis tye soos die dat mens wens die doodstraf was nog daar.

Wicus Jansen Van Vuuren ·

Dis tye soos die dat mens wens die doodstraf was nog hier.

gerda ·

Ek is net bly dat die moontlike moordenaar vasgetrek is. Hy het seker gedink hy gaan wegkom daarmee. Sy naam vas by vorige berigte geplaas.

Ilse ·

Die duiwel gaan hom nie braai nie. Die duiwel gaan saam met hom in die hel brand. Aan God kom die oordeel toe.

Conrad ·

Die doodstraf moet terugkom!
Aan haar moeder my innige meegevoel. Baie sterkte.

Magda ·

Dit is nie die kerel wat die liggaam uitgewys het nie, die kerel is nog in aanhouding. Ek stem wel saam dat daar ‘n konneksie is.

evsbest ·

Hy was in sel toe kon hy vir hul se waar haar ligaam is deur om hul te gaan wys en hy is weer terug in sel. Hulle het hom geneem van sel tot waar hy gese het haar ligaam is en toe neem hulle hom terug.

Helen ·

Hy het saam die polisie maw. hulle het hom in n vangwa gesit en hy het hulle gaan uitwys waar sy by sy blyplek begrawe is.

Marelise ·

Kom ek maak ‘n voorspelling: “Die persoon” wat haar uitgewys het gaan sê hy was onder die invloed van dwelms toe hy die moord gepleeg het, hy kon homself nie beheer nie. Of Satan het gesê hy moet dit doen. Of hy gaan eers ‘n rukkie na Stikland gestuur word vir toetse om te kyk of hy wel die verhoor sal kan staan. Dit is mos maar hoe dit werk in Suid-Afrika.

Ronell ·

Moedeloos: Email vir haar hierdie berig en gebruik skok terapie. Sy het beslis a minderwaardigheidskomplex as sy toelaat dat a simpel man haar manupileer. Ek het my kinders geleer om net tevrede te wees met die eerste plek, en daarmee bedoel ek nie geld en status en roem nie. Number ONE in enige verhouding, niemand behoort tevrede te wees met afval tyd nie.

lettie ·

Dis baie hartseer, ek het gehoop op n goeie einde. Sterkte aan die ma

Janita ·

Kom ons dink ook aan die 32 man se ouers. Sy ouma het ‘n hartaanval gehad na die gebeure. Sterkte aan beide gesinne.

J ·

Magda
Dit sou tien teen een hy(die kerel) wees. Al is jy in aanhouding kan hy steeds vergesel deur speurders uitwysings gaan doen. Hulle het met sy gal gewerk tot hy gesing het soos n kanarie. Glo my. R.I.V.

Wat reg is is reg ·

Soos almal hier bo sê… dit sou een of ander tyd uitkom. Hy was maar bra dom om met haar kar gepak rond te ry en te dink hy gaan nie gevang word nie. Ekt regtig bly hoop sy sou lewend gevind word en kry haar mamma so jammer. Dit wat sy nou deurgaan wens ek nie my grootste vyand toe nie. Innige simpatie!! Sterkte aan sy ouers wat seker ook nou bekommerd en hartseer is. Niks gaan haar ongelukkig kan terug bring nie.

Hannelie Kosidis ·

Daardie kind se ma bid ek vanaand voor.
Kom nou net van hospitaal met siek kind.
Sy dank die Here is ok,
Ek bid vanaand net vir jou, En huil saam met jou.
Daar is genade van bo! Ek weet.

Johanna ·

So Jammer – dis n tragedie. n pragtige meisiekind. sterkte aan haar Familie. bid vir julle. Die probleem is wyd. die dames word gemanupileer. !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.