Vermiste paartjie opgespoor

Guy Mclaughlin en Lindsay Lamb. Foto: Verskaf

Die soektog na ʼn Gautengse paartjie wat tydens hul vakansie in die Oos-Kaap verdwyn het, is afgelas.

Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die paartjie, Guy McLaughlin (40) en Lindsay Lamb (33), is veilig en ongedeerd opgespoor ná ʼn intensiewe en uitgebreide soektog.

“Die paartjie was in ʼn gebied aan die Wildekus wat baie swak selfoonontvangs gehad het,” het Govender gesê. “Gesofistikeerde tegnologie is tydens die soektog aangewend om die paartjie deur hul selfone op te spoor. Al die polisiestasies in die Oos-Kaap asook in KwaZulu-Natal is van hul verdwyning in kennis gestel en verskeie spanne het alle pogings aangewend om hulle op te spoor.”

Volgens Govender het die dogter van ʼn bestuurder van ʼn lodge waar die paartjie oorgebly het, van hul verdwyning op ʼn Facebook-blad gelees. Sy het haar pa in kennis gestel dat die mense wat gesoek word hul gaste was, waarna hy die polisie verwittig het dat hulle veilig en ongedeerd is. Hulle het ʼn halfuur voor hy die polisie gebel het, by die lodge uitgeteken.

Maroela Media het vroeër berig McLaughlin en Lamb is Vrydag die laaste keer in ʼn metaalbruin Audi-stasiewa gesien.

“Hulle sou na Hogsback gereis het en dan op na die Wildekus voor hulle sou terugkeer Gauteng toe,” het Govender vroeër gesê.

“Volgens inligting van familielede het hulle Vrydag Grahamstown verlaat om na Hogsback te reis toe daar die laaste keer van hulle gehoor is. ʼn Voertuig wat hul motor se beskrywing pas, is later die dag deur verkeersbeamptes op die N2 onderweg na Butterworth opgemerk.”

Govender het namens die polisie hul opregte waardering uitgespreek aan almal wat met die soektog gehelp het.

Guy Mclaughlin en Lindsay Lamb. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Nakkie ·

Darem vir ‘n slag goeie nuus. Mens verwag regtig die ergste. En intussen weet die twee nie van die storm wat rondom hulle losgebars het nie. Dank die Here hulle is veilig.

Gawie de Beer ·

Goed en wel maar nerens word daar genoem dat daar met die moontlike vermiste paartjie al gekomunikeer was?

fm ·

Ek is bly julle is veilig. Geniet julle vakansie en verdere reise.

Gesiggie ·

So verlig dat hul veilig is… dit is baie belangrik om ten alle tye kontak te hou met jou familie… n mens kan gou bekommerd raak as jy nie in verbinding met jou familie of vriende kan kom? die eerste gedagte is natuurlik… het hul verdwyn, daar is nie altyd selfoonopvangs… en ek glo paty mense wil ook net n bietjie wegbreuk en net stilte om hul geniet… maar kontak is belangrik.. bly vir die optrede deur die meisie van Lodge… Well Done

Lizelda Jv Rensburg ·

Baie bly hulle is veilig. Kan my nie indink waardeur die familie was nie.

lizl ·

As jy my vra… inmengerige familie ! Ek het so paar familie lede, mens kan nie waag om weg te wees van jou foon af of almal bombardeer jou met oproepe en boodskappe tot jy antwoord. Ek verstaan daardie wegbreek van tegnologie en familie heeltemal !!

Barrys ·

Ek kan glad nie uit dié berig, of die vorige agterkom dat daar enige ware rede was vir kommer nie, behalwe dat niemand hulle op die foon in die hande kon kry nie. In my opinie het hulle, beide die toeriste sowel as hul familie, waardevolle infrastruktuur van die nooddienste vermors. As jy van die “grid” af gaan vakansie hou laat weet jou mense dat jy nie in die hande gekry sal kan word tot watter datum toe ook al nie. Sou die datum aanbreek en nog steeds is daar geen spoor nie, ja, jaag dan spoke op…

johann ·

Vodacom,…..Cell C……MTN……..julle opvangs is wyd? duidelik nie wyd genoeg nie. Hou op vals adverteer.

Dankbaar ·

Desnieteenstaande en overgesetseinde: ek is dankbaar dat hierdie nie ook ‘n gru-einde gehad het nie. Ek stem saam met alles wat hierbo genoem is: van mense wat net onder die radar wou uit beweeg en van alle tegnologie wou wegkom vir ‘n paar dae tot by bekommerde familielede. Nietemin, ek is bly hulle is veilig. Ek glo hulle sal sekerlik in die toekoms dubbeld seker maak die hele land soek nie na hulle as hulle bietjie wil wegbreek nie. :-)

Jacoo ·

Wys jou die tyd waarin ons leef. Jy kan niemand blameer wat bekommerd raak as hulle nie van jou hoor nie.

Johan du Toit ·

Nou hoekom sou hulle as vermis aangemeld word as hulle met vakansie is. ek meen Ek en my gesin was al vir 3 weke in Malawi en niemand het ons as vermis aangemeld nie. Het die persone wat hulle as vermis aangemeld het `n geldige rede gehad?????

Gale Greyling ·

Nou se dit nie vir jou iets nie ou Johan ? Jy is dalk nie so gewild soos jy dink nie

gale Greyling ·

“Gesofistikeerde Tegnologie is aangewend” – maar dis dan die lodge eienaar wat die polisie laat weet het . . . . eish hierdie James Bond polisie van ons darem . . . . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.