Vermiste paartjie se liggame langs pad gevind

(Argieffoto: pixabay)

Die liggame van ʼn paartjie wat sedert einde April vermis word, is Maandag langs ʼn pad in Swartkops in Port Elizabeth opgespoor.

Zola Michael Mahlanyana (59) en sy vriendin, Ntombizodwa Booi (46), van Kwazastraat in New Brighton is op 29 April as vermis aangemeld. Hulle is die laaste keer in hul motor saam met ʼn onbekende man gewaar. Die voertuig is later in die Swartkops-gebied gevind, maar die paartjie was nêrens te sien nie.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê ʼn vragmotorbestuurder het Maandag omstreeks 10:00 twee liggame in die bos langs die M19-pad digby Swartkops gewaar. Hy het stilgehou en ʼn veiligheidsbeampte by ʼn nabygeleë onderneming daarvan in kennis gestel. Hulle het dadelik die polisie na die toneel ontbied.

“Die liggame is positief met Mahlanyana en Booi verbind. Die liggame was al gedeeltelik ontbind,” sê Naidu. “Dit is in dié stadium nog nie duidelik hoe hulle vermoor is nie.”

Nadoodse ondersoeke sal gedoen word om die oorsaak van die paartjie se dood te bepaal.

Die polisie ondersoek twee sake van moord en nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JAN ·

Hierdie land is vinnig besig om in anargie te ontaard terwyl die ANC meer belangstel in binnegevegte as om te regeer. Die Keiser gee nie om dat Rome brand nie…

Jakes ·

Die land is in vodde in regeer intussen kyk elke ANC lid vir wie hulle kan skors.

Baardman ·

Sodat hy of sy by die huis kan sit en geld verdien vir niks doen nie, en dat n ander een in die posisie aangestel kan word om deel te word van die soustrein. 2 Persone verdien dan geld vir dieselfde job.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.