Vermiste paartjie van die Oos-Kaap se liggame gevind

Lusindiso Poyo en Nolwazi Mkhize se liggame is gevind (Foto: Dispatch Live)

ʼn Paartjie wat verlede Sondag verdwyn het, se liggame is gevind.

Lusindiso Poyo (52), ʼn personeellid van OR Tambo-munisipaliteit in die Oos-Kaap en sy meisie, Nolwazi Mkhize (39), wat by Ingquza-munisipaliteit gewerk het, is op 13 Mei as vermis aangemeld by Port St Johns-polisie.

“ʼn Volskaalse soektog is van stapel gestuur deur die polisie en verskeie ander rolspelers,” het kapt. Nozuku Handile, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die motor waarin hulle gery het, ʼn wit BMW X5, is Donderdag uit die lug opgemerk onder ʼn krans onder die Port St Johns-aanloopbaan.

“Die polisie se soek- en reddingspan kon nie die liggame dadelik bereik nie, weens die onbegaanbaarheid van die terrein,” het Handile bygevoeg. “ʼn Helikopter van die weermag het Vrydag die soekspan bygestaan om die liggame uit te haal.”

ʼn Ondersoek word gedoen om te bepaal wat presies gebeur het en hoe hulle gesterf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.