Vermiste peuter in vrieskas gevind

Argieffoto: Miguel Roberts/The Brownsville Herald via AP

Die Vrystaatse polisie het ’n geregtelike doodsondersoek geopen nadat die liggaam van ’n vermiste peuter Donderdag in ’n vrieskas op Welkom gevind is.

Volgens kapt. Malebo Khosana, woordvoerder van die polisie, is die liggaam van die 20 maande oue seuntjie, Botshelo Donavan Molete, omstreeks 08:30 in die vrieskas op sy ouers se bure se erf in die Thabong- informele nedersetting gevind.

Dít volg nadat die kleuter se ma, Nthabiseng Molete (23), hom die vorige dag as vermis aangemeld het. ’n Soektog is dié dag begin,  maar dit het aanvanklik geen vrugte afgewerp nie.

Dit is eers toe die buurvrou die buitekamer op haar erf deursoek het dat die kind gevind is. Dié buitekamer word vir kerkdienste gebruik, het Khosana gesê.

Die vrieskas was nie aangeskakel nie, aangesien dit buite werking is.

Die plaaslike polisie het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om nie die reg in eie hande te neem nie en die gereg sy gang te laat gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

zandra ·

Dis so hartseer, rus in vrede by Jesus waar niemand jou ooit weer sal seer maak.
wie vermoor ‘n kind en prop hom in ‘n vrieskas?
seker dieselfde mense wat vroue verkrag voor hulle kinders terwyl hulle mans reeds dood lê iewers op die plaas.
Here kom haal ons asb!

Liendempers ·

Dit is moontlik dat hy ingeklim het en die deksel toegeval het. Hy sal dit nie self kan oopmaak nie. Daar was n soortgelyke geval toe ek n kind was. Ons was behoorlik gedril by die huis en die skool dat ons glad nie in vrieskaste of yskaste mag klim nie. Die rubber sluit dig al is dit nie aangeskakel.

Iens ·

Ek is nou so geskok en kwaad en hartseer en alles. Lien ek wonder net…. kan n 20 maande oue kindjie n vrieskas se deksel lig en inklim? Ek het so lanklaas daardie ouderdom kind gesien. My klein seuntjie is nou al 5. Dis hoekom ek vra…. wat dink jy.

Pikkie ·

Ja en dit was ook in Potgieterus gewees. As ek nie verkeerd is nie was dit drie kinders gewees.

atiie ·

Iens, ek stem saam dat so ‘n klein kindjie beslis nie self sal kan inklim nie. Dit is skokkend waarheen satan ons dryf hier op aarde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.