Vermiste peuter opgespoor ná ontvoering by vulstasie

Tesny Defar. Foto: Verskaf

Die tweejarige kind wat Sondagaand in die Dunnottar-omgewing aan die Oos-Rand ontvoer is, is Dinsdagaand opgespoor.

Maroela Media het vroeër berig ʼn 42-jarige sakeman van Etiopië is Sondag deur vier verdagtes by sy vulstasie in dié gebied met vuurwapens aangehou en beroof. Die man se tweejarige kind, Tesny Defar, is ná die rooftog ontvoer.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, woordvoerder van die polisie, het bevestig die kind is ongedeerd in Everton in die noorde van Johannesburg opgespoor.

Tshilate het gesê twee mans, onderskeidelik 25 en 29 jaar oud, is in verband met die voorval in hegtenis geneem.

“Ná slapelose nagte van soek na die vermiste meisie het ʼn wenk van die gemeenskap die polisie na die huis gelei,” het Tshilate gesê. “By die aankoms by die huis het die polisie die kind in die sorg van twee vroue, onderskeidelik 27 en 45 jaar oud, gevind.”

Volgens hom was die twee mans wat in hegtenis geneem is huurders van een van die vroue en het hulle glo vir haar gevra om tydelik na die kind om te sien. Tshilate sê die mans kon egter nie verduidelik wie se baba dit is of hoe die baba in die vrou se sorg beland het nie, waarna hulle in hegtenis geneem is.

Genl.maj. Girly Mumsy Mbele, polisie-bevelvoerder van die Ekurhuleni-Oos-polisiëringsgebied, het die polisie geprys vir die vinnige reaksie.

Mbele sê die polisie is steeds onvermoeid op soek na die ander twee mans wat in die voorval betrokke was.

Die 25 en 29-jarige man sal binnekort voor die Nigel-landroshof verskyn op aanklag van sakeroof en ontvoering.

Enigiemand met meer inligting oor die ander verdagtes word versoek om dit by hul naaste polisiestasie aan te meld of om Crime Stop by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

manuela ·

Wat ‘n verligting dat die kind ongedeerd is en terug is by sy ouers. Ek kan my indink deur watter hel hulle die paar dae gegaan het

Bosbok ·

Dankie tog dat die kind ongedeerd gevind is! Sjoe, regtig verlig om dit te lees vanoggend. Sal wel wil hoor of dit n geval was van ‘verkeerde tyd, verkeerde plek” en of daar n ander kinkel in die kabel is.

Andre ·

“Genl.maj. Girly Mumsy Mbele, polisie-bevelvoerder van die Ekurhuleni-Oos-polisiëringsgebied, het die polisie geprys vir die vinnige reaksie.”

As dit nie vir die publiek was nie….

snoefie ·

Eks God dankbaar die kindjie is ongedeerd bevind. maar….. hoekom het n etiopiëse burger n vulstasie in dunnoter. is daar nie plaaslike mense wat die “skills” het nie?

Justice ·

Vinnige opvolg van inligting – puik gedoen SAP Oos Rand – doen so voort!

antie ·

Snoefie ek bly in Dunnotter en ek kan net vir jou dit se Daai Ethiopiers is veskriklike goeie mense met hulle eie kerk in ons ou klein dorpie. Dis die mees humbleste mense wat jy kan teekom en glo my jy word net met respek behandel deur hulle. As jy sien hoe verwelkom hulle die mense by hulle kerk sal jy in trane uitbars. Die liefde straal uit hulle uit. Jy praat van skills, waste skills?

Dankie dankie ·

Dankie aan die Polisie & Gemeenskap, jul het n dogtertjie haar reg op lewe terug gegee, wow, dit is fantasties

jaco ·

soos wat hulle vasgetrek word, check dan sommer ook goed soos werkspermitte en verblyfpermitte. Of kan enigeen uit die res van Afrika maar net inkom en bly en misdaad pleeg, sonder die regte papierwerk?

Andre ·

“42-jarige sakeman van Etiopië is Sondag deur vier verdagtes by sy vulstasie beroof”. Die Guptas is weer sakemanne van Indie. Binnelandse se Sake ai ai.

Theresa ·

Dankie tog die kindjie is ongedeerd. DANKIE aan die “leidraad” wat verskaf was dat die polisie kon begin soek. Hoop ons lees binnekort wat die rede vir hierdie roof en ontvoering was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.