Die polisie het bevestig dat ao. Thabo Abednigo Mahlaba (50) se liggaam omstreeks 9:00 Woensdagoggend in ‘n veld in Randfontein gevind is. Sy liggaam is deur mynwerkers gevind. Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.
Mahlaba is op 6 Junie as vermis aangemeld deur sy vrou. Hy is op 5 Junie die laaste keer by die Kagiso-polisiestasie gesien. Mahlaba het glo dieselfde dag gaan geld gaan trek by ‘n ABSA-bank in Krugersdorp en nooit weer teruggekeer huis toe nie.