‘Vermiste’ polisieman in die sop

‘n Foto van konst. Siviwe Ntengu wat versprei is.

ʼn Polisiebeampte van die Oos-Kaap is in die sop nadat hy salig gelê en slaap het terwyl ʼn span van sy kollegas na hom gesoek het nadat hy as vermis aangemeld is.

Kapt. Andre Beetge, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn soektog na konst. Siviwe Ntengu (23) is van stapel gestuur nadat hy Sondag omstreeks 16:00 die laaste keer gesien is toe hy sy huis in Bandlastraat in Wells Estate in Port Elizabeth verlaat het.

“Hy het met sy private voertuig gery en was op pad na die All Saints-opleidingsentrum in Bisho, maar het nooit by sy eindbestemming opgedaag nie,” het Beetge gesê.

Ntengu se ma, by wie hy woon, het hom as vermis by die Swartkops-polisiestasie aangemeld en ʼn soektog na hom van stapel gestuur. Die polisie het ook ʼn verklaring uitgereik waarin hulle ʼn beroep op die publiek doen om die ondersoekspan te nader indien enigiemand meer inligting oor Ntengu se verdwyning het.

Volgens Beetge is Ntengu Maandag in die vroeë oggendure opgespoor waar hy in sy voertuig in die Joe Slovo- informele nedersetting in Kwadwesi geslaap het.

Genl.maj. Dawie Rabie, bevelvoerder van die Motherwell-polisiegroepering, het beveel dat ʼn volledige ondersoek van stapel gestuur word om vas te stel hoekom Ntengu versuim het om vir ʼn kursus aan te meld en veroorsaak het dat polisiehulpbronne gebruik is om na hom as ʼn “vermiste persoon” te soek.

“Wangedrag deur lede sal geensins geduld word nie en sou dit bewys word dat hy skuldig is aan gedrag wat teen ons departementele gedragskode is, sal die nodige stappe gedoen word,” het Rabie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann ·

Whahhaaaaa! Hy gaan seker se hy was moeg gery en moes oorslaap? En om te dink die tjom is in n mags posisie in die NUWE SA Polisie wat insluit dat hy bewapen is?

Jip ·

En dan word daar gese daar is net ‘n paar vrot appels in die mandjie . lyk my die mandjie loop oor van vrot appels .. foeter maar voort jong . who cares?

Bietjie moeg ·

Shame hy was seker net n bietjie moeg. Het seker geweet opleiding is nie meer nodig
in sy beroep nie.

Trappies ·

Dit is seker maar hoe seker van die polisiemanne hulle kursus doen. ” “Dalk het hy net van die kursus kos ge-eet en toe maar aan die kursus in droomland gedink” “

jaco ·

gaan SAPD lede dan nog op kursus? ek het gedink die “regte” velkleur waarborg sommer dadelik werk vir ‘n leeftyd en jy val net in en sit saam met al die ander en niksdoen.

Theresa B ·

Hy moet sommer dadelik ander werk gaan soek. As hy nie eers opleiding kan doen nie. Hoe pateties, maar so gaan dit. Kans op kans op kans.
Die slaapsessie het hy darem onder die knie. Een van die dae sien ons hom as die nuwe Kommissaris.

Gemaskerde Sopbeen ·

Opleiding is lankal nie meer ‘n voorvereiste vir bevordering in SA nie…..jy moet net die regte mense ken, en van daar af alles “ont”-ken………..en dan behoort jy nie net ‘n vet pensioen te kry nie, maar sommer ook prestasie bonusse en aandele…..

koos ·

Julle is gemeen. Hy was besig met opleiding.! Is een van die polisie se hoof vaardighede nie lê en slaap nie?

Erika ·

Daar is wel nog polisiebeamptes wat die ekstra myl loop en meer doen as wat daar van hulle verwag word. Die konstabel behoort hom te skaam. Lede soos hy is die oorsaak van die negatiewe kommentaar. Vir die polisiebeamptes wat nog omgee, dankie vir julle harde werk!

Willie ·

Ja ek moet dit ecco hy was opleiding gewees, Slaap in die SAPD is groot…

Hanna ·

Geloofwaardigheid voor kundigheid… Transformeer elke voormalige goed funksionerende instansie totdat dienslewering nie meer bestaan nie en siedaar! Transformasie-teikens is behaal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.