Vermiste polisieman se liggaam gevind

Ao Dion Juan Gaston Dumas (57), gestasioneer by Malmesbury-polisiestasie

Ao Dion Juan Gaston Dumas (57), gestasioneer by Malmesbury-polisiestasie

Twee persone is in hegtenis geneem in verband met die moord op ao Dion Dumas (57) van Malmesbury-polisiestasie, wat op Oukersdag verdwyn het.

Konstabel Henry Durandt, ondersoekbeampte, het aan Maroela Media bevestig Dumas is op onnatuurlike wyse oorlede. “Sy liggaam is Dinsdag gevind. Die forensiese beamptes is nog steeds op die toneel.”

Maroela Media het vroeër berig Dumas is Saterdagmiddag weg om ʼn geskenk by sy ma se dokter se huis af te laai. Volgens die dokter was hy daar en hy is omstreeks 16:00 daar weg.
Dumas is egter nie daarna weer gesien nie.

“Die oorsaak van sy dood word nog ondersoek. Ons kan dit nie in hierdie stadium bevestig nie.”

Durandt het verduidelik die polisie het ook Dumas se motor, ʼn wit BMW 318, teruggevind. “Die persoon wat die motor bestuur het, is in hegtenis geneem,” het hy gesê.

Volgens hom is dit nog nie duidelik wanneer die persone, wat in hegtenis geneem is, in die hof sal verskyn nie. “Die ondersoek duur nog voort, maar hulle bly in aanhouding by Atlantis-polisiestasie.”

Dumas was die bekende sangeres Jennifer Zamudio se neef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Glenda ·

So hartseer….hy het altyd n glimlag saam met die groet gehad…mag hy nou in vrede rus..en mag die Here sy familie troos deur hierdie moeilike tyd.

eugene ·

dis al ding wat ek glo gaan als reg ruk! glo dit of nie elke liewe mens wat tax betaal betaal vir die crimineel se bord kos en so genoemde dak oor sy kop wat ek dink is nie aanvaar baar nie hy maak die gemors dan moet jy hom nog sorg ek stem vir i dood straf se trug koms

Elaine ·

Eugene ek stem 100% saam met jou. Genoeg is genoeg. Hoekom moet die belastingbetaler sorg vir misdadigers.

Werner ·

Ja as eks polisie man is dit altyd hartseer sal altyd my kollegas bly weet iemand dalk wat Dion se ma se naam is

Claudette ·

My hart is seer, ek het so gehoop en bid hy gaan veilig wees. Baie sterkte aan die familie.

Ramona ·

Die doodstraf sal NOOIT teruggebring word nie want toe dit inwerking was, was onskuldige mense gehang. Die mensdom is nie bevoegd om sulke besluite temaak nie en ek bedoel dit nie net uit ‘n Bybelse oogpunt nie. Ons moet die haat in ons harte liewer veg.

Jan ·

Ek het in die dae gesien daar kom weer ondersoeke na die wenslikheid. Daar is net te veel ongekende wreedheid in baie van die moorde.

Piet ·

Ramona, hoe weet jy daar is onskuldige mense gehang? Kan jy miskien vir ons name gee?

frikkie ·

daar was omtrent 10 mense onskuldig gehang maar derduisende moorde was gestop,nou word derduisende vermoor omrede mense worry oor 10 wat dalk onskuldig kan hang.

Sê maar net. ·

Ja dit is glad nie ‘n goeie ding wat gebeur het nie. Maar daar is nog iets wat my bly puzzle en dit het nou niks met hierdie saak te doen nie. Kyk hoe vinnig het die speurders vir Dion opgespoor, maar daar word niks verder gesê oor die vrou wat in Capital Park vermis geraak het tydens die vloed in November maand nie. Geen opvolg berigte nie. Niks nie. RERIG…..

Ck ·

Ek verstaan werklik nie jou opmerking nie. Enige mens wat al ooit enige iets gesoek het behoort te weet dat jy sommige goed maklik vind en ander goed nooit of soms eers jare later vind. Jou opmerking het GEEN logiese grondslag nie.

chrisna carstens ·

Weet nie hoe party mense redeneer oor die doodstraf nie…..miskien as iemand naby aan hulle op so n wrede wyse moet weggeneem word…..sal hulle miskien hulle “sing song” verander….wonder maar net

Madelein ·

Die vrou se familie het op 12 Desember ‘n roudiens op die brug gehad om haar te groet. Dit moet vreeslik wees om nie die finaliteit van ‘n begrafnis te he nie. Dit maak my sommer ekstra dankbaar dat ek Kersdag met my gesin kon deurbring, hoe moes daai arme kinders nie Kersdag hulle mamma gesoek het nie. Ek is seker hulle bid dat die bewerings dat sy lewe waar moet wees. Mens moet altyd dink voor jy iets sê. Hoe gaan haar kinders voel as hulle die bewerings sien.

Madelein ·

Voor iemand weer ‘n slag in die gras sien, ek is nie Madelein Murray nie, ek ken haar nie. Ek bly nie in Pretoria nie. Ek is Madelein Kirstein en bly in Kroonstad.

Sam ·

Terwyl ek diep simpatie het met hierdie man se gesin, maak julle kommentaar my siek. So moeg as wat julle is, net so moeg is ek, en ek waarborg julle nou net so moeg is 85% van die swart mense daar buite. Maar om net te dink dis blankes wat vermoor word…sjoe mense skrik wakker. Almal leef onder dieselfde vrees. Dalk tyd dat julle ophou koer oor kleur en die doodstraf ens en eers julle huise skoon maak van die vuil apartheid wat julle steeds so koester.

Elene ·

Ons harte en gebedes gaan uit na Jennifer Zamudio en haar familie in hierdie moeilike tyd. Staan sterk. GOD slaap nie.

Anton ·

Julle kan julle bladsy in julle alies druk, hy is niks werd as net kommentaar gelewer kan word wat julle wil aanhoor nie. God haat diegene wat onskuldige bloed vergiet ewn Hy haat hierdie moordenaars, en sal hulle vergeld

Charmaine ·

GOD haat niemand nie. Hy haat die lelike dinge wat ons doen. En ja, HY alleen sal die oordeel fel. Ons mag of kan nie oordeel nie.

Veronica ·

Ek stem saam anton want my kommentaar was basies dieselfde as kobus sn maar myne word verwyder.

Hilda Mitchell ·

In die bybelse se tyd is moordenaars doodgemaak vir hul moorde. Ek se bring die doodstraf terug dan sal daar meer vrede in ons land wees. Maar al bring hulle dit nie terug nie hul sal hul oordeel eendag voor God kry en dis ons nie beskore nou nie. My hart is seer dat enige onskuldige mens vermoor en so wreedaardig aangeval word, geral ons oumensies. Kyk op FB dan sal julle die wreedasrdigheid sien ek huil elke keer as n oumens wat hul self nie kan verdedig nie so wreed vermoor word. Hul het geen verweer!!!

Hart vol trane en haat ·

As sulke goed gebeur is daar altyd mense wat die doodstraf terug roep en ander wat dit afsê. Die feit is dit sal nooit terugkom nie al skree ons ook hoe hard. Die feit is dat ons justice system so ‘n joke is dat kriminele nie eens bang is om gevang te raak nie. Vandag in, môre weer uit … back to business. Miskien as ons nog die doodstraf gehad het sal ons tronke nie so oorvol wees nie, want hulle sal twee keer dink oor die nagevolge as jy ‘n moord pleeg.

Conrad ·

Ramona- net n vraag- terwyl die doodstraf in hierdie land in werking was- was daar soveel moorde wreedheid en verkragtings?
Niemand is onskuldig gehang nie.
Die doodstraf is Bybels – mag dit her ingestel word.

manie ·

Nog net 1 van 70 000 blankes vermoor vanaf die nuwe demokrasie in SA.
Meer mense as enige dictator vermoor maar die woord volksmoord mag nie genome word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.