Vermiste polisiemanne se liggame gevind

(Argieffoto)

Twee verkoolde liggame is Dinsdag agterin ’n verbrande polisievoertuig in Noordwes gevind. Die liggame is waarskynlik dié van twee polisiebeamptes wat Maandagaand vermis geraak het terwyl hulle aan diens was.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê twee polisiebeamptes verbonde aan die polisiestasie in Mareetsane in die Ngaka Modiri Molema-distrik, het Maandagaand op klagtes gereageer. Die polisiebeamptes het egter later nie meer kontak met hul bevelvoerder by die gemeenskapsdienssentrum gemaak nie.

Toe die polisiebeamptes ure later nie met die bevelvoerder in verbinding getree het nie, het die skofbestuurder na hulle gaan soek. Die soektog het die polisie na die bosse in Moseta gelei waar twee verkoolde liggame in ’n polisievoertuig gevind is.

DNS-toetse moet nog gedoen word om die liggame te identifiseer, maar familie en kollegas van die twee polisiebeamptes ontvang reeds berading.

Mokgwabone sê die motief vir die moorde is ook deel van die polisie se ondersoek.

Die polisie se 72-uur-aktiveringsplan is intussen ingestel om seker te maak dat alle nodige hulpbronne beskikbaar gestel word om die moorde te ondersoek.

Maroela Media verneem ’n verdagte (of verdagtes) is reeds in hegtenis geneem.

Kol. Brenda Muridili, nasionale woordvoerder van die polisie, het Woensdagoggend gesê verdere inligting sal later vandag bekend gemaak word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Peetjie ·

Dis baie hartseer ..sterkte aan hulle gesinne familie en vriende

Harley Davidson ·

Die polisie in sy huidige vorm moet ontbind word dit is nadelige vir die mense wie hulle moet beskerm en ook vir hulself,my simpatie aan die oorlewendes se familie.

Kensy ·

Dus onstellend!
Wel gedaan aan almal wat betrokke was met die aan keer van die verdagtes!
Baie sterkte aan al die kollegas, familie en friende wat hierdie trauma moet verwerk!

Kokerboom ·

Ons land is ‘n oorlogsone..koud, wreed, gevoelloos, ongenaakbaar, agterbaks, gierig en moorddadig. Dis so tragies!!!

tweeling ·

Hou op om as ‘n polisie diens op te tree en begin om ‘n polisie mag te word waarvoor die krimineel vrees en respek het.

SjN ·

Tragies, sterkte aan die naasbestaandes, kan die regering nie besef dat daadwerklike verandering moet plaasvind nie ,geen wet en orde word toegepas.

Rhona ·

Wettelose land waar daar nie respek vir gesag is nie, want nog van vir die burgers. Dan wil hulle ons van ons wapens ontneem en verdedig ons onsself, loop dit op n aanklag teen ons uit en kom die moordenaars of aanvallers skotvry.

Althes ·

Die polisie het hul greep op geweldsmisdaad verloor. Geweldenaars skrik nie meer vir die gereg nie.
Wat gaan die Min van Polisie doen om daadwerklike orde te bring in SA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.