Vermiste Port St. Johns-vrou se liggaam gevind

Pamela Burns

Pamela Burns

Pamela Burns (68), wat Vrydagaand van haar huis in Port St. Johns verdwyn het, se liggaam is Sondag gevind.

Kapt. Mduduzi Godlwana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat Burns se liggaam naby die Rosedale-nedersetting buite Mthatha gevind is. Volgens die Herald Live is Burns se halfnaakte liggaam deur ʼn verbyganger sowat 500 m van die Mthatha-dam gevind.

Maroela Media het vroeër berig dat Burns se motor, wat ook sedert Vrydagaand vermis was, Saterdag in Mthatha gevind is nadat dit in ʼn ongeluk betrokke was. Die motor het nie meer die oorspronklike nommerplaat opgehad nie.

ʼn Man wat in die motor was, is in hegtenis geneem. Die verdagte het glo ʼn tweede verdagte uitgewys, maar laasgenoemde is ná ondervraging vrygelaat. Die man wat in die motor gevind is, het glo aan polisiebeamptes erken dat hy Burns vermoor het.

Die Daily Dispatch het vroeër berig dat Burns se seun agtergekom het sy ma word vermis nadat daar glo Saterdag by twee verskillende geleenthede gepoog is om geld van haar bankrekening te onttrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johann Marx ·

Was Mev Burns net ‘n slagoffer van misdaad op die verkeerde tyd op die verkeerde plek? Of gaan dit nog uitkom dat sy haar “aanvaller” geken, gehelp, opgehef, versorg, werk gegee en geld geleen het…..voordat sy natuurlike drange die oorhand gekry het?

Kevin Gordon ·

I think you may be right especially after the strange fire at the sons business and why would he know what going on with his moms banking? sounds like a Jayde set up to me . Rest in Peace dear Lady

Kaspaas ·

Ek stem – sonder al die feite klink dit sover baie fishy vir my.

Theresa B ·

Vreeslik. So moet die week nou begin word met sulke hartverskeurende nuus.

Hannes marais ·

Dis verskriklik…..al wat ek kan se….het nie meer woorde nie

Hartverskeurend ·

Wat is die werklike omstandughede agter die brutaliteit?

Willie ·

Absoluut brutaal en gewetenloos! RSA is n wrede moord land…

Kathy ·

Ja Willie. Ons het seker die geweldadigste land in die wêreld. Baie hartseer.

jonathan ·

dis verskriklik.al wat oor bly is maar net gebed vir ons mooi land met sulke siek mense

Attie ·

Dalk moet ons begin soos God se beminde Dawid gebid het: “God, delg u ons vyande voor ons uit!”

Grassie ·

Attie – ek dink Dawid het ‘n beter oplossing in Ps 144:1.

Rocky ·

Grassie, julle mense wat so graag oorlog-oorlog wil speel, moet bietjie julle somme gaan maak. Al roei ons 3/4 van hulle uit en hulle 1/4 van ons, bly daar steeds meer van hulle oor…en raai bietjie watter geslag van ons mense bly agter?? Ons kon nie eers die Grensoorlog van die 80’s baasraak nie. Amerika het ook nog nie in Irak of Afghanistan gewen nie.. Niemand wen in ‘n oorlog nie. Daar’s net een oplossing – hulp moet van bo af kom.

Willie ·

Is daar n patroon wat ek optel, dat ouer mense nou meer geteiken word?? Weerloos en broos?

E ·

Kom ons pleit “DIE BLOED” van Jesus elke dag oor onsself en ons geliefdes, in die NAAM VAN JESUS.

Hannie ·

Maar waarom laat God hierdie euwels toe, dit is as of Hy ook op gegee het.

chris ·

Hannie, ek weet ‘n mens voel soms so asof God nie meer daar is nie. Glo my ek gaan deur baie sulke tye. Maar tog weet ek dat God juis hierdie dinge met ons as gelowiges laat gebeur en dit om ons juis op ons knië te dwing, Hom te aanvaar as ons Saligmaker en Verlosser. Al wat ek weet en glois : God sal voorsien!!! Ons ken nie Sy Plan nie , maar miskein eendag sal ons dit verstaan.

tamboti ·

Rocky, jy dink ons kon nie bosoorlog baasraak nie, ons het ver gewen!!!!!

Groot oog ·

Ek kyk hierna uit met groot oë. Kevin Gordon ken jy hulle, weet jy meer, dit klink so, anders is dit ‘n wilde stelling, al is dit net ‘n opinie? Dit sal hartseer wees as haar eie kind ‘n Panayiotou trek!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Ben Prinsloo ·

Nee Rocky ek stem glad nie met jou saam nie. Nie oor die bosoorlog nie en ook nie met jou syfers nie. Wat het by Bloedrivier gebeur? Was jy in die bosoorlog, ek was.

Nita ·

Moord en doodslag gaan erger word in die jare wat kom. God het aan almal van ons ‘n vrye wil gegee om te doen wat ons wil. Goed of sleg. En die vrot appels raak al meer omdat daar feitlik geen meer dissipliene, en behoorlike opvoeding in ouerhuise is nie. Bitter min pa’s vat hulle seuns vir ‘n naweek weg en gesels oor hoe ‘n man ‘n vrou moet eer en respekteer. Dat jy nie slaap met ‘n meisie wat jy nie sal wil hê moet jou kind dra nie. Intergriteit noem mens dit. Ma’s wat die sagter kant moet wys aan haar kinders en teenoor haar man. Hulle moet saam so optree dat die kinders ‘n voorbeeld kan kry van hoe ‘n verhouding moet lyk. Maar vandag kry ons dikwels die teenoorgestelde: ouers vloek en skel opmekaar, pa’s betaal nie onderhoud vir enkelma’s nie en gee nie om of die kinders daaronder ly nie. Dit maak ons gemeenskap siek. Besluit of jy ‘n kind wil grootmaak wat ‘n aanwins vir die samelewing of die tronk sal wees. Dis ouers se voorbeeld en liefde wat die verskil maak in kinders se lewe en bepaal of hulle goed of sleg uitdraai in meeste gevalle. Nie die TV wat die kinderoppasser geord het nie. Daar is wel kinders wat goed groot geword het, maar slegte grootmense geword het al het hul ouers hoe hard probeer. Vir hulle is ek baie jammer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.