Vermiste prokureur ver van sy huis gevind

Johan Loubser

“Ons waardeer almal se hulp met die soektog.”

Só het Hannelie Loubser, stiefma van Johan Loubser (32), Donderdagoggend gesê nadat Johan vir meer as 24 uur vermis was voordat hy Woensdag opgespoor is.

Loubser het bevestig dat Johan gaan stap het en dat hy meer as 35 km van Bloubergstrand, waar hy woon, gevind is. Hy is Woensdag naby die Silwerstroomstrandoord, noord van Melkbosstrand, gevind.

Volgens Loubser wou Johan net wegkom van alles, maar is nou veilig. Sy het vroeër aan Maroela Media gesê Johan “is fisiek en emosioneel in ʼn slegte toestand, maar hy is oukei”.

Johan moes Dinsdagoggend 09:00 by die hooggeregshof in Kaapstad gewees het, maar het nie opgedaag nie.

Toe hy nie vir werk opdaag nie, is sy werkgewer na sy woonstel in Bloubergstrand. “Hy het gesien die woonstel is gesluit en het by die motorhuis ingekom waar hy Johan se motor sien staan het,” het Loubser vroeër gesê.

Sy woonsteldeur is ook oopgebreek en sy selfoon en beursie is in die woonstel gevind. Hy is hierna as vermis aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

34 Kommentare

jongste oudste gewildste
se net

Sy woonstel deur is oopgebreek, maar hy het net n entjie gaan stap want hy wou wegkom van als??????????????

DS

Ja se net die mense wat oor hom bekommerd was het sy woonstel deur oopgebreek. Wou in woonstel inkom om seker te maak hy is nie binne en het iets oorgekom nie. Wat is so snaaks daaraan. Logiese stap. Niemand behalwe die jongman en sy Skepper weet wat die oorsaak vir die lang stap was nie maar ek bid vir beterskap.

Anoniem

In die tye waarin ons LEEF – sê net waarheen Jy gaan, los ‘n NOTA (dink aan almal rondom Jou wat moontlik bekommerd mag WEES) Hoop net Jy doen dit nie WEER nie ?

JHK

Kom ons lees weer mense, voor ons op ons perdjie spring

Marinda

Sterkte Johan.