Vermiste Pta-fietsryer dood gevind

Cecil Du Toit. Foto: Via Facebook

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op Cecil du Toit, ʼn rekenaarspesialis van Pretoria wat vandag 51 jaar oud sou word, nie.

Du Toit is Sondagoggend as vermis aangemeld toe hy nie na sy huis in Swartkops in Centurion teruggekeer het nie nadat hy met sy bergfiets gaan ry het.

“Sover ons kan vasstel het hy omstreeks 08:00 sy huis verlaat. ʼn Verbyganger het omstreeks 13:00 op sy liggaam afgekom in die stuk veld tussen die Irene-treinstasie en die reservoir agter die Irene Farm Village,” het kapt. Dave Miller, polisiewoordvoerder, Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Du Toit is geskiet en van sy fiets en persoonlike besittings beroof. Dit is in dié stadium nie bekend hoeveel aanvallers by die voorval betrokke was nie.

Die Lyttelton-polisie ondersoek ʼn saak van moord. “Die polisie is tans besig om talle leidrade op te volg en ons hoop om vinnig ʼn inhegtenisneming te doen.”

Hy laat sy vrou, Caren, kinders en sibbe agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Shelley ·

En dan gaan mense nog aan oor apartheid wat 20 jaar gelede reeds verslaan is, maar die slagting van onskuldige slagoffers elke dag is maar net fine? Die wereld was in opstand teen apartheid, geen spraak word gesprook oor die onskuldige gewone landsburgers wat elke dag AFGEMAAI en gemartel en vermoor word nie. EK HAAT SUID AFRIKA~~ Mag ek gou hier wegkom.

Eish ·

Wag! Ek wil saam, al is dit Rusland, solank ons net vlugtelingstatus verkry!

anton ·

Shelly, ek voel net soos jy!!! Ek verag hierdie land waarin ek gebore en groot geword het.
Ek kan ook nie wag om hier weg te kom nie!!!

Etienne ·

Ierland is op soek na skilled mense op die oomblik. Gaan doen bietjie navorsing en kyk of jy n plan kan maak

Casper Labuschagne ·

Ek verag ook wat van hierdie land geword het, met ‘n passie. Suid-Afrika is lankal nie meer dieselfde land waarin ek grootgeword het en waarvoor ek my lewe sou opoffer nie.

Andrea ·

Mens wil dit nie hoor nie, want dit bevestig telkens net dat ons in tronke moet woon om te probeer oorleef, maar die realiteit is jy KAN NIE alleen, ongewapen gaan fietsry nie, jy KAN NIE alleen, ongewapen gaan stap nie. Ag, daar is soveel wat ons nie kan doen nie, dis om van te skree. Maar ongelukkig gaan dit oor oorlewing, nie meer oor leef nie.

Baie sterket aan sy familie en vriende.

Eish ·

Alleenoefen is nou so gevaarlik as om op n plaas te bly.
Drawwers en fietsryers sal maar die tropopsie moet volg met motors wat hul vergsesel voor en agter en tot die tande gewapen is.

Se Net ·

Ek bly op ‘n plaas en vat nie meer kanse om te gaan stap nie. Wat ‘n wonderlike lewe in ‘n plaassel!!! Ons Vryheid is weggeneem. En wie moet ons bedank beslis nie my volk nie. Mag nie kleur se nie dan betaal ek ook duisende rande soos ander.

Attie No1 ·

Nee, sy vrou sal dalk die ou SA flag in n protes optog dra en dan gee hulle haar die doodstraf. Dink mooi oor wie regeer en oor daardie mag gaan heers.

Shorty ·

Ek sou saamstem Annie maar nou dink ek by myself, ons regstelsel is so korrup, die blankes word jare tronk toe gestuur en kry nie eers borg nie maar die ander landsburgers kom niks oor nie so wie gaan op die ou einde doodstraf kry?

Lienkie ·

Hierdie moorde is nou genoeg, wanneer en hoe gaan dit eendag eindig? My innige simpatie met die familie met hierdie sinnelose moord. Hoop hierdie moordenaars of moordenaar word gou gevang!!!!!!!!!!!!!!!!!

E.K. die eerste ·

Baie jammer hier oor, so jong ou eintlik nog en so kort voorsy verjaarsdag en ook kersfees. Sterkte aan sy familie en vriende.

Vader Jakob... Slaap jy nog? ·

Kan mense nog so slaap in ‘n land wasr mense vermoor word links en regs? Word asb wakker fietsryers, drawwers. Gaan oefen in groepe. Wees gewapen en om in daardie gevaarlike areas alleen te oefen is malligheid.Jul woon in RSA nie veilige Amsterdam nie.

Mihkas ·

Thats how they steal our very existence from us..the scourge of Africa

LMF ·

So jammer vir sy families dat hy so moes sterf hy het by selfde plek as ek gewerk en ons het so bespiegel en n foto van hom gesoek dankie MM nou kan ons n gesig by die tragedie plaas mag sy vrou styf vasgehou word deur God in die sinnelose moord net soos ons boere wat so onnodig vermoor word en dan is dit maar net nog n nommer vir hulle

Sune van Heerden ·

Dagsê Nina

Ons vra groot om verskoning vir die flater. Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jeanette cycle support Boksburg ·

Dis vreeslik om te hoor hoe fiersryers gereeld aangeval word en nou ook doodgemaak word. Ek ry elke oggend om 4.30 agter my man en verskillende spanne aan. Sal nooit my man alleen laat ry nie, of dit nou saam met n span is of nie. Dis te gevaarlik en hy is te kosbaar vir my. Wat n vreeslike smart moet hierdie familie deurgaan. Ons innige simpatie. Groo-sum-two-sum

Suzie ·

Dit is nie “die land” nie….. dit is VAN die mense in die land

Piet ·

Ek is seker die ou sou alles gegee het wat hy het, maar hy is toe ook geskiet vir die pure lekker daarvan. Skrikwekkend as mens besef hoeveel van hierdie tipe aanvallers is om elke hoek en draai. Dis n taboe uit die boonste rakke om n profiel van hierdie moordenaars aan die hele wereld uit te blaker. Mag ek lank genoeg lewe om dit te sien verander!

Laetitia ·

Daar is geen wet en orde meer in hierdie land.
So hartseer vir sy familie so absoluut onnodig.
Mens kan nie eers meer vrylik jou sport beoefen of jy word aangerand of sommer summier doodgemaak.
Die Here slaap nie.

Johanna Botha ·

Die polisie weet daar is mense wat in die bosse slaap en mense inwag …maar is hulle proaktief en stuur iemand op n fiets of probeer n lokval stel …NEEE NIKS NIE ! ….net reaktief ….USELESS en ombekwaam want dis net n ”job” !

Francois ·

Ai mense dis so onnodig. Rus in vrede, en bitter baie sterkte vir die wat agterbly om sonder kind, man en pa voort te gaan.
Mense, jy kan nie meer alleen gaan kamp, fiets ry, stap, draf en ek wil amper ook se ‘ inkopies doen’ nie. Jou kinders kan dit nog minder nie meer doen nie. Jy sal jou gereedheids / weerbaarheids vlakke moet lig van oranje na rooi, die wat nog in die groen is – jammer dat mens julle nie wakker kry nie.
Mense in die meeste gevalle wat ons so vermoor word is dit ons eie skuld – voordat jy my aanvat hieroor – gaan lees mooi wie word waar en wanneer so gemoor – ons maak ons self maklike teikens deur nie die basiese veiligheids aspekte na te kom nie. Ons moes al lankal besef het dat ons en ons eie se veiligheid en verweer is nou absoluut ons prioriteit. As dit nie is nie, slaap jy en moet bitter vinnig wakker word voor dit te laat is! Elkeen van ons, maak nie saak waar nie, stad, dorp, straat, langpad, veld, kleinhoewwe en plaas moet elke dag deeglik bewus en seker wees van een ding, is ek en myne veilig hier waar ons nou is, en kan ek myself en myne beskerm teen n aanval, hier waar ek nou is? Dis nie hoe mens wil leef nie, maar gee jouself ten minste die kans om staande te verweer, eerder as op jou kniee of rug.

Theresa ·

Ag dis regtig tragies. Baie sterkte aan sy familie en vriende. Hoop die polisie soek in alle erns na die vieslike moordenaar(s). Soek die fiets – dit behoort tog iets op te lewer. ‘n Mens kan nie sterf en dan kom die skuim van die aarde daarmee weg nie.

Casper Labuschagne ·

Hoe om in Suid-Afrika vooruit te kom: Moenie twaalf jaar op skool en vier jaar op universiteit vermors sodat jy met ‘n beginsalaris van R6,000 kan wegval nie. Koop eerder ‘n onwettige vuurwapen vir ‘n paar honderd rand en roof en skiet jou slagoffers dood en tot R6,000 rand per dag verg min inspanning om te bekom. Beter nog, sluit aan by die regerende party en word in ‘n seniour pos aangestel. Maak vriende met die Gupta broers en R6,000 per uur is totaal haalbaar.

Hendrik ·

So tragies, baie sterkte aan die familie en veral Caren en kinders. Daars baie vrae oor sulke sinnelose en koelbloedige moorde. Ek bly op ‘n plaas en my vrou wil gladnie dat ek alleen gaan fietsry nie. Kos word duurder en werkloosheid is die hoogte in, ongeskooldes en werkloses in ons land gaan net al hoe meer moor en roof om ‘n bestaan te maak. Belê in sekuriteit en wees paraat. Ons moet en kan net bid dat ons land genees word, wees ons genadig o Heer

madels ·

Ek ken die familie. Mense die smart wat hierdie familie nou deurgaan is iets verskrikliks!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.