Die liggame van drie kinders wat verlede week in Pretoria as vermis aangemeld is, is dood aangetref.
“Die liggame van al drie kinders van Mamelodi-Oos is oor die naweek opgespoor,” het Blessing Manale, woordvoerder van die stad Tshwane, in ʼn verklaring gesê. “Hulle liggame is onder bome aangetref wat tydens die vloede ontwortel is en in die rivier beland het.”
Die kinders is in die Pienaarsrivier aangetref.
Bonolo Malemela (9), Gomolemo Mangena (10) en Neo Sehlabane (10) is Maandag laas na skool gesien. Hulle het van die skool af by die huis gekom, ander klere aangetrek en naby ʼn stormwatersloot gaan speel. -SAPA