Vermiste Pta-man gevind

Gerrie Kachelhoffer nadat hy gevind is. Foto: Facebook.

Gerrie Kachelhoffer nadat hy gevind is. Foto: Via Facebook.

Gerrie Kachelhoffer (41), die man van Pretoria wat Maandagmiddag in Limpopo verdwyn het, word in die waakeenheid van ʼn hospitaal in Polokwane (Pietersburg) behandel, nadat hy Dinsdagaand bewusteloos en bedwelm gevind is.

Dean Greyling, Kachelhoffer se swaer en werkgewer, het Woensdag aan Maroela Media gesê hoewel inligting oor wat presies met Kachelhoffer gebeur het nog min is, is die familie baie dankbaar hy is gevind.

“Hoewel hy in die waakeenheid is, is sy lewe buite gevaar,” het Greyling gesê.

Volgens Greyling is sy swaer omstreeks 21:00 deur ʼn taxibestuurder gevind nadat foto’s van hom vroeër die dag onder honderde taxibestuurders, wat tussen Polokwane en Steelpoort ry, versprei is.

“Die taxibestuurder het Gerrie êrens gevind, herken en die polisie gebel. Die polisie het sy ID-kaart by hom gekry en die familie in kennis gestel.”

Kachelhoffer was erg bedwelmd en bewusteloos toe hy gevind is en is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Hy het geen sigbare beserings nie. Die R4 000 kontant wat hy aan hom gehad het, word vermis. Dit is nog nie bekend waarmee hy bedwelm is en waar presies hy gevind is nie. Greyling hoop om deur die dag meer inligting by die polisie en sy swaer te kry.

“Ons kon nog glad nie met hom praat nie. Hy het gisteraand niemand herken nie, maar al wat nou saak maak is dat hy leef,” het Greyling dankbaar gesê. Greyling en Kachelhoffer se vrou en kinders gaan hom Woensdag in die hospitaal besoek.

Die familie het almal bedank wat hulle die afgelope twee dae ondersteun het met boodskappe en gebede.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder van Limpopo, het aan Maroela Media bevestig Kachelhoffer is opgespoor. “Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek,” het sy gesê.

Maroela Media het Dinsdag berig Kachelhoffer, ʼn pa van twee dogters, wat in Silverton in Pretoria woon, het Maandagmiddag in verdagte omstandighede verdwyn. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Aster ·

Dankie Liewe Vader dat hy nog lewe!! Hoop hy sterk gou aan.

ursula ·

En alles net vir R4000 ?o liewe vader en die skade wat aan hom gedoen is,is verewig!!

Sandra ·

My ma het altyd gesê: ‘n dief en ‘n skinderbek kan jy nie van jou weghou nie. Ek sê ook: as hulle jou dan MOET besteel, spaar die persoon se lewe. Deesdae is jou lewe niks meer werd nie. Ek is so bly jy is veilig tuis. Sterkte vir die gesin.

Patat ·

Hmmmmmm…………………….. Sal graag die eintlike storie wil hoor.

SoetPatat ·

Van nuuskierigheid is die tronke vol en die kerke leeg…

Baie bly Gerrie is gevind.

Angelique ·

Kom ek vertel jou iets patat!!!! Jy ken Gerrie en sy familie glad nie. Ek ken hulle persoonlik. Hierdie man leef met sy hele wese vir die Here. Hy en sy hele familie. Jy moet pasop watter aanmerkings jy maak, want hier lees almal wat hom ken dit ook. Ek vra dat julle asb die familie kans gee om mekaar te ondersteun en nie ons mense af te breek nie!!!! Soos ek se. Hiers niks ongeruimds hier nie. Hierdie was aanvalle van buite en n bewys van sy geloof. Soos wat hy daar le vertel hy vir mense van Jesus. Dink voor julle praat. Asb.

Woedend ·

Angelique ek is bitter jammer dat jy dit moes sien! Ek kan my die skok en seer net in dink waardeer jy en jou familie deur gaan op die oomblik! Engel ongelukkig gaan jy altyd mense kry wat vieslik is en wat gaan goed gaan sê wat seer maak! Sterk staan engel. Ek is net verheug en dankbaar hy is gevind en dat hy nog lewe! My gedagtes en gebede is met julle. Ek hoop hy word gou gesond en ek hoop dat wanneer die waarheid uit kom dat die mense wat so flink was on die vieslike goed te sê hulle man sal kan staan en onverskoning sal vra! Nemand verdien om deur te gaan wat julle as familie tans deur gaan nie en julle verdien baie beslis nie die vieslike opmerkings nie! Sterk staan engel, ek hoop hy word gou beter!

My gede is vir jou, jou familie!

lynne ·

Haai mense, ek kry vanoggend trane in my oe met die nuus sat hy lewendig gevind is en nie dieselfde lot as die vroutjie van so 2 weke terug ervaar het nie en julle eerste reaksie is om i argument op die comments te begin? Wanneer het die samelewing so oppervlakkig geraak? Shoe en ek ken hulle nie eers persoonlik nie. Ons moet weer na mekaar begin omsien en ophou wat gebeur probeer regverdig en almal aanklaer en regter speel. Eks innig dankbaar julle het julle pa en eggenoot terug ongeag wat die ‘eintlike’ storie is

Marietjie ·

Baie bly hy leef glo en vertrou hy herstel vinnig. Sal graag wil hoor wat met die arme man gebeur het. Niemand is veilig in die land nie. Ons moet net op ons kniee bly.

SI ·

Ag regtig Patat?!! Wat dink jy was die eintlike storie? Glo nie enigiemand sal homself vrywilliglik deur so trauma sit nie. Die R4000 word vermis! Dit sê alles! Ons moet besef, hierdie ‘goed’ gebeur … moenie met oogklappe deur die lewe gaan nie.

Ruby ·

SI, hoekom so aanvallend? As ek na SoetPatat se kommentaar kyk stel hy/sy nie eintlik belang wat die storie is nie, is net bly dat Gerrie gevind is.

Ek gaan beslis nie met oogklappe deur die lewe maar ek is seker Gerrie en sy geliefdes is besig om deur die STORIE te werk.

Sjoe, kalmeer jong.

Se maar net ·

Daar is ‘n Patat en SoetPatat wat kommentaar gelewer het. SI se antwoord was gerig op Patat …….

Susan ·

Wonderlike nuus!!!!! So bly vir sy vrou en kinders dat hy leef. Amen. ?

Hannelie ·

Patat jy lees te veel “speurverhale”. Ons is almal net dankbaar dat hy leef! Want deesdae is die kanse skraal as iemand weggeraak het om nog die persoon lewend te vind. Maak nie saak wat gebeur het nie…..feit bly staan, hy leef. Ons kan net die Here op ons knieë dankie sê.

ekke ·

Ja nee patat kom ons wees net n slag bly oor goeie nuus en hou op altyd die slegste dink

OumaLien ·

Ag dankie tog – ek is so bly dat hy lewend gevind is, dit kon so maklik anders verloop het. Hoop hy sterk gou aan en dat hy lig kan werp op al die vrae – dan kan die skermunkels hopelik gevang word.

Griki ·

Prys die Here! Ek bid jou n spoedige herstel toe, Gerrie. Sterkte aan jou en jou familie.

Dankbaar ·

Dank die Liewe Vader dat die man lewend gevind is, dis amper te goed om waar te wees in hierdie land van ons! Onlangs gelees van die nuwe dwelmmiddel “Devil’s Breath” volgens gerugte is die dwelm “nog nie in SA bekombaar nie” maar daar was al ‘n paar gevalle (Middelburg Observer) gemeld waar onskuldige mense so bedwelm en beroof word. Hulle kan agv die dwelmmiddel ook gladnie onthou wat gebeur het nie… Sterkte aan Gerrie se naasbestaandes, ons is ongelooflik dankbaar dat hy leef!

Cheryl ·

Ek wil net iets se almal wonder en dink daar skeil iets agter die storie….wel ek glo dit dat hierdie man regtig bedwelm was…
My rede is my oom was so paar jaar terug ook in pietersburg waar hul woon, ontvoer bedwelm en lelike snaakse goed is aan hom gedoen…hy was ook beroof by n vulstasie met sy bakkie, was ook n besigheids eienaar.
Hy kon ook nie veel van die dinge onthou nie dit was swart mans en n swart vrou wat dit gedoen het. Dis regtig tragies gewees en ek glo vir Gerrie ook. So ASB mense moet nie altyd n (rot ruik nie) dink eerder aan wat die arme man moes deur maak…ek weet dis n skok om deur so iets te gaan. Punt.

Manie ·

Goeie nuus! Nou hoe kry mens die dwelms in? Spuit hulle jou in die gesig met dit, of met ‘n spuitnaald, of wat?

cs ·

Manie, soos ek verstaan klink dit my hulle gooi iets op’n lappie en druk dit oor jou gesig – amper soos wanneer jy narkose kry, jy is dan dadelik uit soos ‘n kers, hulle beroof jou en wanneer jy eendag wakker word het jy nie ‘n clue waar jy is nie – Het sulke berigte gelees -blykbaar nuwe tendens – gelukkig maak hulle nie dood nie

Theresa B ·

Dankie Vader dat U met hom was. Hy lewe!! Julle sal iets anders moet uitdink wat julle geld (wat julle trek en saam met julle dra) aanbetref. Nou weet die hele wêreld julle het altyd bedrae kontant by julle. Sterkte vir julle – veral vir sy vrou en kinders. Opreg dankbaar dat hy lewendig is. Hy kan homself baie gelukkig ag………………………..

Willie ·

Dank die vader hy lewe… mens kan so maklik ge-spike word….

Judy-anne ·

Ag siestog dankie tog iemand is lewend gevind na hulle so verdwyn het, siestog die arme man dit alles vir simpel R4000 wat gaan dit jou veel help!!!!!!!!

alida ·

Bly hy lewe. R4000.00 is ‘n fortuin vir ‘n werklose skelm. Hy sou R4.00 ook gevat het.

Gesie ·

Baie dankbaar vir die taxibestuurder wat die samaritaan was wat Gerrie gekry en versorg het. So moeilik om in vandag se lewe tussen vriend en vyand te onderskei.

Myne ·

Bly hy is gevind …ek vind egter die tipe foto wat geplaas is ..nie as gepas nie ..ek is seker as hy weer herstel sal dit hom ook pla dat die mense hom in die “toestand “| moes sien…wees asb bietjie meer sensetief met die fotos.-dit is blywend

Marina ·

Patat, Lani, Gert en ander … moet julle altyd die negatief raaksien? Wees bly die man is ongedeerd rerig!?!?!

Marina ·

Rerig? Sien bietjie die positiewe ook raak en nie altyd negatiewe nie.

Paula ·

Baie dankie aan al die baie taxi bestuurders wat sy foto onder mekaar versprei het.
Daar is nog goeie mens in SA ongeag kleur ras of taal.

Ericka Rademeyer ·

Ek stem 100% saam met jou. Daar is nog goeie en betroubare mense in ons midde. Nie almal is skelm en moordadig nie.

Limpopo ·

‘n Klompie het ‘n soekgeselskap saamgestel en hom fisies in die veld gaan soek en gevind. Hulle het wraggies meer as hul deel gedoen. Goeie mense.

Ericka Rademeyer ·

Gerrie, baie bly vir jou en jou gesin. Jy is veilig en al wat ons kan se: Dankie God vir U genade en beskerming. Sterkte vir julle

Tina du Toit ·

Baie min dat mens in vandag se lewe lewendig gevind word. Dankie Almagtig Vader. Ek is so bly vir sy mense.

charlene ·

Die hoekom en waarom ens maak niks saak nie. Hy leef!!! Dankie Here, dankie. Kan net dink deur watse trama en hel die familie mos gaan, en sy kiddies. Aai Here hoe sê mens dankie?
Ons leef is `n vieslike tyd waar `n mens se lewe niks beteken vir iemand anders nie. Dis altyd lekker om iets goeds te lees…. Hopenlik kan hy vir sy familie vertel presies wat gebeur, maar vir ons ander – maak dit nie saak nie – al wat regtigwaar saak maak is die man is lewemd gevind (en vandag se dae gebeur dit so min). Ek hoop die taxi drywer is behoorlik bedank, want met gestir se moeles en gemors kon hy hom net daar gelos het…….. en dan sal dinge dalk anders uitgedraai het. So baie dankie een die taxi drywer wat deur God gestuur het. God bless you

Dankbaar ·

Die middel waarmee Gerrie bedwelm was, is nog nie bevestig nie. Maar om interessantheids-onthalwe… die nuutste dwelm – “Devil’s Breath” (Scopolamine) word van die (Borrachero/Maanblom-Boom) vervaardig. Dit is blykbaar reuk-en-smaakloos en word op ‘n subtiele wyse in die slagoffer se gesig “geblaas” waarna die slagoffer géén weerstand het en besef wat om hom/haar aangaan nie.

Joann ·

Dankbaar hy leef nog. Maar dit is snaaks dat hy leef want dit gebeur maar min.

cobusp ·

“Devils Breath” dit klink soos my ouma sin…………. sy was hoeka met maan gepla….

Richard ·

Baie dankbaar dat die man OK is , Hoop hy sterk spoedig aan en dat die oom totaal sal onthou van sy gebeure , Die Here het n ander plan vir sy lewe gehaat en daarom het Hy hom veilig terug gebring , wys net deur gebed en geloof is enige iets moontlik
Sterkte vir die gesin , wees Dankbaar dat hy ok is en by julle weer kan wees
God wees met julle in hierdie tyd en vertrou net op Hom Hy sal vir julle en vir die oom die antwoorde gee in Sy tyd

Dankbaar ·

So dankbaar, want as iemand vermis is, lyk die prentjie altyd anders!!!!! Die ou skerp tonge en die wat rotte ryk, bid jy maar dat dit jou familie gespaar bly! Daar sal ‘n logiese verklaring vir sy toestand wees, niemand sal skielik uit die bloute so iets aan homself doen nie, ek het al ‘n man gesien wat deur so iets was, dit was in sy drankie gegooi in ‘n kroeg, die moes natuurlik op ‘n ander manier gedoen gewees het. Dit is nogal iets wat jy nie wil sien nie en ook nie beleef nie, dit is soos om uit narkose wakker te word. Dat hy leef en almal vir hom en sy gesin moet bly wees is al wat saak maak. Verder moet hul maar ‘n ander manier van besigheid doen kry! Veral die kindertjies!

Dankbaar ·

Ai vergeet ek die belangrikste, dankie aan almal wat aanhou soek het en spesiale dank aan die taxi man, dit wys daar is mense wat nog omgee!

Andrea ·

Ek het vir Gerrie en sy gesin by die kerk ontmoet. Hy het my opgeval as n eerlike, diepgelowige, eerbare en opregte Christen. Ek twyfel of daar enigsins n rot is om te ruik. Ek dank die Vader dat hy lewend gevind is. Baie raar in dié tye! n Wonderwerk.

Hannelie ·

Baie dankie Maroela Media dat jul ons so op hoogte hou. Soms voel dit of mens “direk” betrokke is by ander mense se seer, wat deur sulke traumas moet gaan. Jul moet ons net op hoogte hou oor sy herstel asb. Want sodoende kan ons almal wat positiewe kommentaar lewer, vir hulle as gesin en familie bid.

Poppie ·

Ja, en wat het ek gesê toe hy nog vermis was? Almal praat of hy al dood is. Jy is baie gelukkig vriend. Ek het hard gebid dat jy lewend gevind moet word. En ek het geglo my gebed is verhoor. Al gisteraand al.

elize ·

Dankie Here dat U sy lewe gespaar het. Baie sterkte en seenwense aan sy familie.

Rudie ·

Baie bly hy’s lewendig gevind. Ai mense, as ek die negatiewe en siniese kommentaar so bekyk, kry ek werklik skaam en raak ek amper moedeloos : is dit werklik hoe ons Afrikaners deesdae is? Ek het brandarm grootgeword maar dis nie hoe ek grootgemaak is nie. Ons moenie dat al die bollie wat die lewe in RSA oor ons smeer, ‘n wig tussen ons indryf nie. Beteken “Eendrag maak mag” niks meer nie?

Rina Pretorius ·

Ek sal net baie bly wees as hulle hom behandel vir HIV ook eerder, voorkoming is beter as genesing, n mens weet nooit of hy met besmette bloed of iets ingespuit is nie. Ek hoop regtig nie dat so iets dalk die geval kan wees nie maar ‘n mens kan die vyand met niks vertrou nie. Eks baie dankbaar saam met almal dat hy gevind is en lewe.

foxi ·

MAROELAAAAAAA……julle is uitstekend!!Kry meer positiewe nuus by julle.
Baie bly Gerrie is gevind : )

Herhard ·

Ek glo Gerrie is op een of ander manier bedeelm en beroof, maar hoe sou die taxi drywer weet waar hy hom bevind,? Is die beloning uitbetaal? Dit was dalk deel van die hele plan om hom te ontvoer… Sê maar net.

Bets ·

Ek is so bly dat Gerrie lewe kyk net na die man van Malelane ook weg en toe dood by Kaapmuiden gekry waar gaan alle eindig sterkte daar vir sy familie en gesin

SI ·

Ruby, lyk my jy het oogklappe aan. Ek het met Patat gepraat NIE Soet Patat nie … tensy dit dieselfde persoon is …. of is jy van die ‘patat-familie’?

Tania ·

Dit is fantasties om te hoor dat die taxi bestuurders help!!!

Estelle Potgieter ·

Dit klink of ‘n klomp van julle wil hê Gerrie moet skuldig voel omdat hy lewe. – Ons Afrikaners is ernstig SIEK!!

Limpopo ·

‘n Groep taxi-bestuurders het saamgekom en hom fisies in die veld gaan soek en gevind. Ek het mos gesê Limpopo is eintlik vol goeie mense. My saak is bewys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.