Vermiste Pta-man opgespoor

Johan en Natasha. Foto: Via Facebook.

Johan Heyns, die 37-jarige man van Montana in Pretoria wat byna ʼn week gelede vermis geraak het, is Vrydagaand opgespoor.

Natasha Heyns, sy vrou en ma van hul twee kinders, het Saterdag aan Maroela Media gesê Johan is deur lede van die publiek herken nadat pamflette met sy inligting en foto’s wyd op sosiale media en in die media gedeel is.

“Hy het in ʼn restaurant in Margate [KwaZulu-Natal] gesit, waar die mense hom herken en die ondersoekbeampte gebel het,” het Natasha gesê.

Natasha, wat haar eie haarsalon in die noorde van die Pretoria bedryf, en haar dogtertjie het vroeg Saterdagoggend na Durban gevlieg, vanwaar hulle na Margate gery het om haar man te gaan haal.

“Ek is baie verlig die soektog het tot ʼn einde gekom. Ek weet nie of ek dit nog ʼn week langer sou kon uithou nie. Hy is veilig en ongedeerd. Hy het definitief depressie en ons sal seker maak dat hy vir professionele hulp gaan.”

Natasha het gesê haar geloof is dubbeld so sterk ná die beproewing. “Dis ʼn slegte ding wat gebeur het, maar tog ook ʼn baie goeie ding. Dis ‘amazing’ as ek vat hoe ons mense bymekaar gestaan het net vir hom. Dit is vriende, skole, mense in Pretoria, mense in Margate, die polisie en al die spanne met wie ons te doen gehad het.”

Maroela Media het vroeër berig Heyns is op 19 Januarie vir die laaste keer gesien toe hy op pad werk toe was. Hy is die bestuurder van ʼn kettingwinkel in die omgewing.

“Alles was soos dit altyd is, hy het ons normaal gegroet – daar was nie enige tekens nie.” ʼn Vermiste persoon-saak is by die Sinoville-polisie aanhangig gemaak toe Heyns nie teruggekeer het huis toe nie.

Die polisie het Natasha Maandag gebel toe hulle Heyns se voertuig, ʼn Subaru, verlate in Uvongo in KwaZulu-Natal aangetref het. Natasha het toe ook af gevlieg en sy het haar man se Sharks-hemp en bruin Bronx-skoene herken wat in die voertuig agtergelaat is.

Soek-en-reddingspanne het daarna die kus- en omliggende gebied gefynkam met die vermoede dat Heyns moontlik te voet êrens heen op pad was.

Natasha het almal bedank wat hulle in die soektog bygestaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Ronel ·

Ek ken nie die omstandighede rondom sy verdwyning nie, maar hoe kan hy net doodluiters in ‘n restaurant sit en eet en sy vrou is waansinnig van kommer oor hom?

Eish ·

Depressie dink ek is n monster wat jou van die werklikheid vervreem.

Lientjie ·

Ek verstaan ook nie daai een nie. Hoe kan ‘n mens dit aan jou geliefdes doen? Depressie… die storie agter die storie. Ander mense se lewens is soms baie duister. Ek is net bly hy is veilig by die huis.

Rika ·

Ronel, lees die berig. Hy ly aan depressie. Dis bitter erg vir so n persoon. Waar jy oplossings sien, sien hy net probleme. Ek haal my hoed af vir sy vrou, en hoop dat hy wel gou professionele hulp sal ontvang

LB S ·

Ek haal ook my hoed af vir sy vrou, ja, maar wat hom betref, nee wat, hy is groot en mans genoeg om hulp te kon soek. Mens los nie jou vrou en kind/kinders sommer netso nie, dit is baie selfsugtig. En ja, ek het ook te doen met depressieleiers, so moenie kom met, “as jy weet….” nie.

Gesiggie ·

Ai ek is so bly dat hy veilig is en dat jy nou gerus kan wees… kan net dink hoe bekommerd jy was… depressie kan erg word… dit is beter om eerder hulp te kry voor dit volgende keer erger is.. jul is n pragtigge paartjie… als wat mooi is vir die toekoms .

Depressie lyer ·

Depressie is ‘n lelike monster, mense verstaan dit nie, dis ‘n siekte wat jou hele denk wyse en alles wat mooi is donker maak. Dank die Vader hy is veilig. Sterkte aan die familie

Max ·

Jolene, u sal die hond eers kry as uself depressie ervaar het !

Stan ·

Hietdie vrou Se waarde is vêr bo van edelstene!!! Mag sy en haar familie geseënd wees. ‘PTSD’ mag ook ‘n rede wees wat ondersoek moet word. Hiedie gedrag onder geestesgesonheid siekte kom algemeen voor.

malan ·

Natasha ons is baie bly vir jou dat jou man lewend gevind is! Jy is n baie dapper vrou!! Daar is verseker “grade van depressie” en psigose, waar mense regtig nie weet wat hulle doen nie. Hoe dit ookal mag wees, is Natasha se kop reg aangeskroef om vir haar man professionele hulp te kry. Alles van die beste vir julle en baie sterkte viir jou Natasha. N mens kan meer heel en beter anderkant uitkom na die regte medikasie en terapie.

Elmari ·

Ek is ‘n erge geval van bipolêre gemoedsversteuring wat onder andere depressie behels. As jy nie daaraan lei of iemand met dit ken nie moenie oordeel nie. Breek die stigma of pasop wat jy sê. Sonder medikasie dink en redeneer jy glad nie normaal nie. Ek drink al 19 jaar ‘n hand vol pille om normaal te kan funksioneer, en ten spyte daarvan bestuur ek my eie besigheid met baie moeite en gelukkig wonderlike ondersteuning van familie en vriende. Net soos diabetes is “mental illness” ook ‘n siekte – ‘n breinsiekte.

Annelise ·

Ek het Major Depressie. Ek wou en het ook al weggegaan. Mens kan net niks meer doen of face nie. Mens wil nie meer ‘wees’ nie. Als voel te erg en onmoontlik. Ek het altyd bietjie beter gevoel waar niemand my ken nie. Dit is onder beheer met medisyne en terapie.
Eks bly hul het hom gekry en hoop hy stem in vir hulp.

Piet Pompies ·

Depressie is ‘n siekte, diagnose by die persoon work nie maklik erken, behandeling bring reuse sukses. Die meeste negatiewe kommentaar kom van mense wat nie die siekte ken.
Daar is normale lewe met depressive, kry net hulp.

Charles Henegan ·

Ek is baie bly jy is ok my lang verlore friend.ek en Johan was vriende op laerskool klipfontein en hoerskool Patriot in Witbank.leke dag Charles

Walvissie ·

Wat ‘n voorbeeld-vrou!!! Ek haal my hoed af dat jy op ‘n vliegtuig geklim en jou man gaan haal het. Jou liefde en geloof gaan ‘n groot faktor in sy pad tot herstel wees. Maak nie saak wat al die ou vingerwysers hier bo sê nie, depressie is ‘n ding wat jy self.moet beleef om te kan verstaan. Ek bid julle genesing, seën en voorspoed toe!

Linda ·

My hart gaan uit na hierdie man. Ek verstaan hoe dit voel om net weg te wil breek. Sy vrou is wonderlik om hom te vergewe en by te staan. Mag dit net beter met hulle gaan vorentoe.

hartseer ·

mense wat nie deur depressie gaan nie weet nie waaroor dit gaan nie. My ouboet het verlede jaar in depressie verval, ons moes 3 keur jaag nadat hy gedreig het om self moord te pleeg. hy is opgeneem in n hospitaal wat werk met mense vir depressie. hy was af geboek vanaf die werk vanaf Augustus tot 28 15 Januarie hirdie jaar. en hy is nou heelwat beter maar sal vir die res van sy lewe met pille moet leef. so moenie oordeel nie. sterkte aan die familie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.