‘Vermiste’ Pta-man veilig opgespoor

Louis de Villiers word sedert Woensdag vermis. (Foto: Verskaf)

Louis de Villiers, ʼn Pretoriase pa wat verlede week spoorloos verdwyn het, is ongedeerd opgespoor.

Die private ondersoeker Mike Bolhuis wat genader is om met die soektog na De Villiers te help, sê De Villiers is Maandagaand opgespoor en is tans op ʼn veilige plek. Waar dié plek is, is nie bekend gemaak nie.

Volgens Bolhuis is De Villiers ongedeerd en nie onder dwang by die plek waar hy tans is nie.

Hy sal Bolhuis na verwagting later vandag ontmoet.

Die 35-jarige De Villiers is Woensdag by sy huis in Monumentpark in Pretoria weg, die laaste keer wat sy familie hom gesien het. Hulle was onder die indruk dat hy op pad was na Johannesburg waar hy sou gaan werk.

De Villiers se bakkie is egter enkele ure later by die Letlabeli-winkelsentrum op Brits, Noordwes, opgespoor. Daar was bloed in die voertuig, maar klaarblyklik nie genoeg om kommer te wek nie. De Villiers het ook sy beursie en selfoon in die bakkie gelos.

Beeldmateriaal van die sentrum wys hoe De Villiers eers met ʼn karwag gesels en dan op sy eie wegloop. Hy stap in die rigting van ʼn hoofpad en verdwyn dan.

De Villiers se familie en die owerhede is reeds ingelig dat hy ongedeerd gevind is.

“Sy familie was uiteraard oorstelp van vreugde,” sê Bolhuis.

“Ons is baie dankbaar hy is veilig en gesond opgespoor. Die belangrikste is dat sy familie en sy kinders weet hy is veilig.”

Die ondersoekspan het mense bedank wat met die soektog na De Villiers gehelp het. Bolhuis sê die ondersoekspan bly ook steeds betrokke by die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Kobus ·

Ek nomineer Mike Bolhuis as minister van polisie.Enige sekondante?

Louise ·

Laat n groot man so loop en wegraak, magtag man jy het kinders om aan te dink, wat moes daai arme kinders net nie deurgaan nie. Veral in n land soos SA, wat het met pappa gebeur!
Nee man as jy probleme ondervind, staan op jou twee voete en se luister ek het n breuk nodig.
Nie nodig om net weg te raak en almal deur n moeilike tyd te sit en die ondersoekbeamptes se tyd te mors nie… Daar is mense wat regtig HULP brood nodig het…

Annelize ·

Nee Cindy, dit het niks met balke in ogies uit te waai nie. Dit het te make met reg en verkeerd. Hoogtyd dat mense wat hulpbronne en geld mors agv “disappearing stunts” strafregtelik vervolg word, en aanspreeklik gehou word vir die uitgawes.

Cherokee ·

Die vraag is nie of jy dit beter kon sê nie. Die vraag is eerder of jy dit net so goed sou kon sê.

Perdeby ·

Weet jy wat sy omstandighede was? Dalk was dit vir hom die beste oplossing gewees hoe sal ons weet. Ander mense se boek is baie duister, al ken jy die persoon hoe goed.

Mariaan ·

Ek stem Louise..mors almal se tyd! Sit familie deur trauma…nee man!

Madeleine ·

Ai ek is baie bly, maar shame kan net dink hoe die familie moes voel.

Bertus ·

Persoonlik sou ek nie so move trek nie, al is dinge hoe taai. My kinders is te belangrik vir my. My Ma en sussie ook.

melaney ·

Mike werk ook nie verniet nie. Hoop die “vermiste” besef dit wanneer die rekening in die pos opdaag.

Adriaan ·

As jy met “pos” die Poskantoor bedoel, dink ek die “vermiste” hoef die rekening eers gedurende Mei 2022 te verwag.

Lubbe ·

Ek stem saam met wat almal hier te sê het maar ons het geen idee wat die omstandighede is in hierdie mense se lewens nie.

Toy ·

Sy arme ma was siek van bekommernis. Almal gaan een of ander tyd regtig deur ‘n moeilike tyd ek sou nooit daaraan dink om my ouers of kinders deur so iets sit nie,.Dit is traumaties vir mense,

Maggies ·

As ‘n moeder weet ek presies wat deur sy ma se kop moes gaan. Nogtans sal ek steeds sê, mens weet en ken nie die omstandighede nie. Ek hoop die jong man kry die hulp wat hy duidelik nodig het.

Perdeby ·

Dis hoekom ek nie meer mense se foto’s op FB share nie, want daar is gewoontlik ‘n agenda. Was verseker nie lus vir al die drame by die huis nie. Hy wil nie eers vir sty familie se waar hy is nie, dan moet daar ‘n probleem wees. Sterkte ou seun hoop alles kom reg.

Swerwer ·

Só dankbaar hy is veilig en leef nog! Bolhuis jy is kosbaar!

Elinette ·

‘n Ander man se boek is duister om te lees, nietemin dink ek dit was baie onverantwoordelik van mnr. De Villiers om net so te verdwyn, as dit uit eie keuse was. Daar is ouers, kinders, familie, vriende wat doodbekommerd was en baie hulpbronne en infrastruktuur wat elders nuttiger aangewend kon word, was betrokke by die opsporingsproses. En nou gaan daar ‘n doodse stilte heers oor die redes agter mnr. De Villiers se “verdwyning”. Geen verdere beriggewing of ‘n media verklaring wat gebeur het nie – hy is mos nou gevind en nou is alles weer dood-dollies.

Martie ·

Kyk ek gee nie om wat jou redes is nie dis laag en gemeen om jou kinders te laat stres oor waar hulle Pa mag wees. Hoe kon jy so iets aan jou kinders doen????

Nee man, kom by in die lewe!

Adelaide ·

Louis seker minder opgewonde as die familie dat hulle hom kon opspoor.

Duck ·

Altyd ‘n ander kant van die storie. Die man was dalk gatvol vir iemand, Wou net wegkom.
Stupid idee wat nie gewerk het nie nou moet hul nog vir Bull House ook betaal.

Magda G ·

Gedink hy het weggeloop maar daar moet n rede wees.
Vermorsing van geld en tyd.
Dankie Mike weer eens is bewys jy het n gedugte span

Onnie ·

Dit was baie swak van hom om sy familie so mal van bekommernis te laat. Kon hy nie eerder net vir hulle sê hy gaan weg nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.