Vermiste Pta-tiener gevind

Marchain Mulder (Foto: Facebook)

Marchain Mulder, die 17-jarige meisie van Pretoria wat vir sowat twee weke vermis was, is Donderdag ongedeerd gevind.

Etresia van der Westhuizen, Marchain se ma, het Sondag aan Maroela Media gesê sy is rasend van bekommernis nadat haar dogter spoorloos verdwyn het.

ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur om na dié leerder van die Hoërskool Gerrit Maritz te soek.

Intussen het The Pink Ladies-organisasie Donderdagaand laat op Facebook bevestig Mulder is veilig tuis.

“Sy is terug by die huis en ongedeerd. Baie dankie aan die polisie, ao. Baloyi, vriende en familie vir julle hulp. Nou kan die herstelpad begin,” het die organisasie in ʼn verklaring gesê.

Geen verdere besonderhede oor Mulder se verdwyning is in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Jaco ·

The pink ladies weet darem wat hulle doen. Hulle doen goeie werk in baie goeie tyd. ??

Ai ·

Sjoe, bly sy is veillig. Na so lang ruk vermoed mens altyd die ergste, gelukkig is dit nie die geval hier nie.

Alles van die beste vir die meisiekind.

jan van riebeeck ·

wat n verligting al bietjie 0 vol vir slegte nuus

Louise ·

Tanya, daar staan tog nou kan die herstelpad begin. Met dit wonder ek of het sy weg geloop of het iets gebeur.
Hoekom word ons nie ingelig wat gebeur het nie. Dit help ander ouers ook om te kan uitkyk vir gevaar tekens.
Almal help soek en as iemand gevind is dan mag ons die publiek niks verder weet nie.
Hoekom nie?
Help ons om ons kinders veilig te hou!!!!!

Gesie ·

Ek stem. En di waarheid is altyd beter as di stories waarmee di mense opkom om di gaps te vul

snoefie ·

dan skielik moet die familie se privaatheid respekteer word. maar daar was geen sprake van privaatheid toe hulp nodig was nie.

Dankie Snoefie ·

Dankie Snoefie vir daardie opmerking, ek is net so keelvol daarvoor. So asof ander mense hulle dan PLA, vra hulle vir privaatheid. Mense (wat help soek het en geld gegee het) vir ‘n sekere campaign of om iemand se kind te red of sekere behandeling te kry of ‘n kind te soek wil net meer WEET wanneer ‘n kind gevind is of wanneer ‘n kind nou behandeling ontvang, dan skielik soek die familie PRIVAATHEID. Hulle blaker alles uit tot die kleur van ‘n kind se onderklere maar as sy gevind word soek hulle ‘privaatheid’ . Almal is bekommerd, almal help, die familie rig versoeke en pleit by AL wat ‘n lid van die publiek is, maaar as die probleem opgelos is, soek hulle PRIVAATHEID!. Net gister het ‘n vrou wie se kind HONDERDE duisende rande ontvang het om in ‘n privaat hospitaal opgeneem te word gese mense moet STEEDS SKENK, maar nie hulle privaatheid sal skend nie . REGTIG?? Ek onttrek my met onmiddellike effek van so iets, want as ek goed genoeg was om te help soek en te network en geld te gee, en skielik word ek vir PRIVAATHEID gevra, is ek by die verkeerde campaign. EN glo my ek het nog NOOIT myself aan iemand opgedwing OF Iemand in ‘n hospitaal besoek vir so rede nie, dis pleinweg ongeskik!! Gee geld, maar BLY WEG!

Gr ·

Die polisie soek saam nou kom sy terug,volgende keer is dit regtig ‘n kind wat ontvoer is,dan kan dit gebeur dat die polisie en pink ladies dit dalk minder erstig mag beskou. Slaan haar gat behoorlik aan die brand

Ella ·

Al Pink Ladies se terugvoer oor mense wat gevind is nadat hulle as vermis aangemeld is bevat die standaard-sin “…let the healing begin…”. Geen rede om iets sinister agter daardie sinnetjie te soek nie.

Cherokee ·

Snoefie en Snoefels, dìt was nou netjiese kommentaar. Ek lief Snoefels se opvolg kommentaar op diè van Snoefie. Dit was nou raak gesê! ‘Gee geld maar moet nie vrae vra nie!’

Cacophony ·

Wonder tog of hierdie tieners wat so wegloop (soms saam met vriende soms saam met boyfriends) nie dalk moet gemeenskapsdiens doen by die polisie as hulle gevind word nie. Hulle sien tog hulself op facebook in die nuus en wie weet waar nog. Hulle sien die polisie word ingeroep, sien hoeveelngeld tyd en mannekrag word spandeer om hulle te kry. Maak geen kontak en laat waardevolle mannekrag gemors word terwyl daar kinders is wat regtig ontvoer is of vermoor word. Hoeveel van.hierdie berigte was daar nie nou al die afgelope tyd van girls wat gaan galavant het terwyl al wat leef en beef hulle soek. Daar gaan ‘n tyd kom wat mense net die alerts gaan ignoreer of afmaak en dan gaan konders wat werklik vermis is lelik tenagekom word. All good and well vir die storm en drang jare maar moet daar nie iewers bietjie accountability wees nie?

Reinhardt ·

Ja, maar hoekom het hulle weggeloop? Dit behoort mos eerste prioriteit te wees, vind eers uit wat in haar kop aangaan. Dalk voel sy uitgesluit by die huis, nie waardeer nie ens. Ek dink liewer sielkundige hulp is van pas.

CAROL ·

Wil ek ook weet!!! Sy het nie eens moeite gedoen om haar ma te laat weet nie!!! Arme moeder so bekommerd en gestres. As dit my dogter was …..

Dyer ·

Ons kan nie uitvind nie onthou ” hulle soek privaatheid”

wilma ·

Dank Vader sy is ongedeerd gevind. Wat ‘n lieflike meisie! Baie sterkte vir julle almal.

Louis ·

Voor almal nou sê sy kort ‘n goeie drag slae & warra-warra; wil Ek eers weet wat was die situasie. Hoekom het sy verdwyn? Wat het gebeur? Waar was sy? En so aan…

CAROL ·

Nope jammer stem nie saam nie. Sy is terug – geen seer of skade aan haar gedoen nie, maar haar arme moeder was siek van bekommernis!!!! Sy kon plan maak om haar moeder somehow in kennis te stel!!!!

Scalla ·

Dit gaan so vandat daar nie meer slae gegee mag word nie Louis

Showahed ·

Ek is bly om te sien dat daar meer mense is wat soos ek voel oor hierdie jong meisies wat so “vermis” raak. Soos reeds genoem gaan die hele SA op hol om te help soek, net vir die verlore persoon om na ‘n paar dae heel geheimsinnig weer tuis te kom… en dan moet niemand vrae vra nie. Ek is doodseker as jy jou huiswerk doen sal daar altyd ‘n baie goeie rede wees hoekom hierdie meisies wegloop… swak ouer-kind verhouding, verkeerde vriende, te vroeg ryp met volwasse boyfriends, drugs, etc etc. Ek meen hierdie betrokke meisie was in ‘n plek van veiligheid… in die eerste plek hoekom?

Malan ·

Ons is baie bly dat Marchain veilig terug is! Die feit dat sy in n plek van veiligheid bly, wys daar is omstandighede wat die jong meisie se lewe ontwrig. Ons wens haar en haar ma, alles van die beste toe vir n positiewe oplossing! Dankie aan die Pink Ladies!

Ben Prinsloo ·

Aan almal wat nou kommentaar lewer aangaande hierdie dogter, voordat ons haar oordeel kom ons vind eers uit wat is die omstandighede rondom hierdie saak soos wat Louis gesê het. Mevrou as jy gemolesteer was hoe sou jy opgetree het. Kom ons verloor nie uit die oog dat elke persoon tree nie dieselfde op in soortgelyke situasies nie. Aan die ander kant as dit sommer net stoutigheid was dan is ek seker sy verdien n gepaste straf. Maar voordat ons n oordeel uitspreek kom ons maak eers seker van die omstandighede.

Sê maar net ·

Ek stem saam met Cocophony….. Die kinders loop weg van hul huise af en dan word daar soektogte gereel en polisie word ingeroep vir wat….. N kind wat dalk nie sy sin gekry het en besluit het nou loop ek weg en probeer so hul ouers dan straf…. Ek dink daar moet n wet ingestel word dat indien jy wegloop en ongedeerd gevind word en daar is organisasies ingeroep en polisie dat hy of sy aangekla word van dwarsboming van die gereg… Dit kos geld om te soek na mense en as da gesoek word na iemand wat aspris nie gevind wil word nie…… isit tyd mors en geld mors….. En dan as die volgende kind regtig Ontvoer word gee niemand om nie want die het dan ook dalk self weggeloop…. Don’t cry wolf is n goeie opsomming in engels vir die situasie…

Reinhardt ·

Is dit nie dalk die rede hoekom sy verdwyn het nie? Want daar is geen liefde by die huis nie? Praat is n beter oplossing as om net eenvoudig te slaan, dit gaan haar net weer wil laat wegloop.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek sal sekerlik meedoen aan ‘n soekery as een van my nabyfamilie betrokke is by ‘n verdwyning maar andersins nie maklik nie want weet ek nie of ek na swart, wit, pienk of watse kleur ookal gesoek word nie.Daar moet meer spesifieke inligting verskaf word want hierdie “Ons is almal dieselfde” storie werk nie meer nie.

humor ·

Baie goeie nuus. Maroela dis reg, die beperkte weergawe. Beskerm maar die mense teen die sensasiegedrewe mense.

Andre ·

Niemand weet wat gebeur het nie maar as sy weg geloop het hoop ek haar gat is aan die brand geslaan en dit is die rede vir die “herstel pad” as dit n ander rede was is ek bly sy is veilig

Gerhard Slabbert ·

Wees saam bly dat die kind terug is en respekteer hulle privaatheid….Dankie Jesus sy is veilig en dis al wat saak maak…Sies vir julle wat meer as dit wil weet..sal julle nou werklik al jul persoonlike goed op openbare media wil verkondig veral na so n angsvolle tyd ???

Lou ·

As almal help soek en uitkyk, dan is dit billik om net in bree trekke te se wat gebeur het. As julle die inligting as “privaat” beskou – soek dan volgende keer self en moet dit nie eers as ‘n nuusberig plaas nie – ek voel ‘n veer!

Harde koejawel ·

Ek dink mens moet eers bevestig of daar terugvoer gegee gaan word oor wat gebeur het, anders weier ons maar net eenvoudig om aan die soektog deel te neem..

Amelia ·

Wonder of mense weet wat beteken die woord ” oordeel” Soms word daar net n vraag gestel, dan word dit gesien as oordeel. .. een woordjie waarna ons te vinnig gryp! Wou maar net se!!!

Louise Loubser ·

Wees tog maar versigtig met julle oordele. Bid liewers vir die kind & ouers. Word skoon koud as ek iets soos die volgende woorde: “As dit my kind was….” lees. Pasop, niemand is onaantasbaar nie. Al is jou kind hóé goed grootgemaak. En is ‘n kind met probleme minder werd as ‘n ander? Van ‘n ma wie se liefkind die 7de April 2016 vermis geraak, en wie se vermoorde liggaampie die 6de Mei 2016 in die veld gevind is. Hou julle oordele vir julleself, veral as julle nog groen koring in die land het.

H... ·

omdat ‘n mens nie meer ‘n kan pak gee as hy/sy stout is nie doen hulle net wat hulle wil. Maak nie saak hoe seer hulle ‘n mens maak nie ‘n mens moet maar altyd net sluk en sluk of jy word met die polisie gedreig as jy eendag wel so keelvol raak dat jy ‘n klap gee. Vandag se kinders maak net wat hulle wil.

Ek hoop die kind sit eendag terug en dink deur wat se hel sy haar ma gesit het en voel berou. Dit was onregverdige optrede van haar kant af maar die arme kinders is mos altyd die slogoffers.

‘n Goeie pakslae sal nie dood maak nie. Ek lewe nog en glo my ek het dit gevoel as ek nonsens aangejaag het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.