Vermiste Pta-tiener gevind

Monica Gaus. Foto: Facebook

Monica Gaus. Foto: Facebook

Die 15-jarige meisie van Pretoria wat sedert Vrydag vermis was, is veilig terug by haar ouerhuis.

Kapt. Coba Brits, woordvoerder van die polisie, het Donderdagmiddag gesê Monica Gaus is gevind en aan haar ouers terugbesorg. “Die saak [van ontvoering] word steeds ondersoek. Niemand is in hierdie stadium aangekla nie. Die polisie sal sien wat die ondersoek oplewer,” het sy gesê.

Brits wou nie uitwei waar Monica gevind is of saam met wie sy was nie.

Monica het Vrydag verdwyn nadat ʼn wit Corsa-bakkie haar glo by haar huis in Môregloed opgelaai het. Sy het die dag by die huis gebly, omdat sy aan haar ouers gesê het dat sy siek voel. Toe haar ouers van die werk af terugkeer, was sy weg.

Ronnie Meyer, Monica se pa, het gesê hulle is baie verlig dat Monica terug is. “Sy is nou nog saam met haar ma by die polisiestasie, maar hulle behoort binnekort by die huis te wees,” het hy gesê. Meyer wou ook nie in hierdie stadium oor die omstandighede van Monica se verdwyning uitwei nie en het gesê hulle wil ook eers kyk wat die polisieondersoek oplewer.

Hy het wel bevestig dat hulle die man ken saam met wie Monica was en het gesê “die man moet nou kry wat hom toekom”.

Monica se ma, Debbie, het op Facebook gesê die gesin is al vir drie jaar “deur hel en terug met die man” en daar is ʼn moeilike pad wat vir hulle voorlê. “Ek is eerlikwaar uit my hart uit dankbaar vir elke mens wat gebid, bemoedig en help soek het. Dis ʼn hel wat niemand sal verstaan tot jy self daar was nie. Waardeer mekaar en jou kinders, want die nagmerrie gebeur in ʼn oogwink! Nogmaals eerlik uit my hart uit dankie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Martin ·

Ons is bly sy is terug. Kom ons hoop ons hoor maar haar kant van die storie ook. Die klink nog nie vir my na ontvoering nie. Hoe gaan die ouers in elk geval vir drie jaar deur hel agv. die man en maak nie ‘n plan nie?

Ghost ·

Martin stem saam jou. Bly sy is veilig. Weet as dit my dogter was sou ek van my kop af geraak het. Wat vir snaaks was is dat sy nadat sy n oproep gehad het, buitekant vir die persoon gaan wag het. So dit gaan dan moeilik wees om hom aan te kla vir ontvoering tensy hy haar gedwing het op een of ander manier om in die voertuig te klim. Maar bly die ouers het hulle dogter terug gekry.

nig ·

Ja nee kyk, sy het dan uitgegaan en self in die kar geklim?? Hoe is dit nou ontvoering?As sy en haar ouers al drie jaar van hel agv die man het vir WAT?? As sy nie wou of hy he tmoeilikheid gemaak vir wat nie haar ouers bel en sê die man is by die huis bel die polisie. En is sy nou 15 of 19? Ons hoor twee stories! Nee jou klein … ek hoop jy besef wat jy jou ouers aanegdoen het.

Martin ·

Kyk die ding het ons ouers nou sommer warm onder die kraag. Watse “home scooling” is dit in elk geval? Gee haar ‘n behoorlike pakslae en stuur haar terug skool toe. Dit is waar sy van die begin af moes gewees het. Ontvoer !!!!!

Leeutjie ·

Martin, ek stem 100% saam met jou. Met tuisskool moet daar tog seker toesig ook wees! of hoe? Sit haar in die hoofstroom!

Paula ·

Niemand ken die omstandighede nie, so hou op oordeel. Ek is bly sy is veilig terug.

Jakkals ·

Jammer maar ek glo eerlik waar nie dit was ontvoering nie,hoe in die lewe laat jy toe dat jou gesin vir 3 jaar hel toe n terug gaan en doen nix daaraan. NEE die is n geval van Streng kind en gehoorsame Ouers. Glo my sy sou een goeie pakslae gekry het.Ja gelukkig is sy veilig trug maar in die eerste plek moet sy nie op 15 so gemaklik met n man wees om die truuks te try nie.

SAS ·

Ja-nee , n dogtertjie van 15 wat by n man , wat n voertuig bestuur ( neem aan hy het n lisensie) , in die voertuig klim en almal op hol jaag en vir dae lank soek is , ………. nee ek weet nie , maar ek sal as n pa ,sy flippen nek breek en haar hok vir die res van die jaar.Sommer haar selfoon ook wegvat.

Landi ·

Ja nee, ek stem – een goeie pakslae…. Ek vandag 28, en ek kan dankie se vir al die pakslae wat ek gekry het. Is skokend om vandag se jeug se gedrag te sien. Jy en jou ouers, praat soos hulle wil. Waar die dae wat mens op daai ouderdom nog pop gespeel het en prentjie boeke gemaak het…. Bly sy gekry en nie nog n nr op die misdaad stastieke nie.

Jeanine ·

If that was my daughter she would never be able to sit again and would end up spending her honeymoon in her room she would be grounded so long………..Happy for the parents she is safe

Karin Kotze ·

Ek het op ‘n vorige berig gelees dat die man wat haar ma mee getroud is, haar stiefpa is. Was dit nie miskien haar biologiese pa wat haar ontvoer het nie?

Martin ·

Karin, nou wil nonsens praat. En glo my, sy is so min ontvoer as wat ek ontvoer is.

heks ·

Die klein pes verdien een helse pakslae!!! as jy grootmens dinge wil aanpak moet jy die gevolge dra! sit haar in n verbeteringskool sodat sy n opvoeding kan kry en MISKIEN ‘iets’ word in die lewe. Duidelik is die ouers nie bevoeg daartoe nie! Gehoorsame ouers…….en home schooling se alie man!!! Sy kan bly wees sy is nie my dogtertjie nie hoor!

Me ·

EN EK WED JULLE elkeen van die judges wat hier judge het engelkies van kinders met grade en nog nooit een ding verkeerd gedoen nie hahahaha ekt nuus gaan kyk eers na jou eie geraamtes in jou kas voor jy ander mense se deure wil ooppluk party meisies kom op daai stadium en as mense hulle seuns in hul huise sal hou sal dit nie gebeur nie kry n lewe toe!!!Eks bly die kind is veilig gevind n pakslae is wat sy moet kry ja ek stem 100% saam

linda ·

Ek glo as almal die volle storie weet sal hulle so naar wees. Moenie te vinnig die kind oordeel nie. Sys minder jaarig en volg net voorbeelde wat vir haar gewys was. Die diepte en feite sal monde laat hang. Ek bid en hoop net Monica kan hulp kry en genees word sodat al haar seer en hartseer verwyder sal word. Sterkte Monica

HEVW ·

Mens raak. keelvol( of is dit aan die anderkant van die menslike anatomie) wanneer mense wat hoegenaamd niks van die gebeure en omstandighede weet so met hul opinies weghol. Maroela ek dink nie dit moet geplaas word.

HEVW ·

Mens raak behoorlik keelvol vir mense wat niks weet van die gebeure en omstandighde nie, en so met hul eie opinies weghol. Dit klink soos die gegons van n skinderpartytjie. Maroela ek dink sulke kommentaar hoort nie hier.

Martin ·

HEVW, hierdie is ‘n platform wat geskep is om kommentaar te lewer. Mense lig hulle opinies oor wat hulle in die berigte lees. Ons gaan nie noodwendig na-vorsing doen om al die feite rondom berigte te bekom nie. As jy nie van die kommentaar hou nie, weerhou jou daarvan om dit te lees.

Jakoba ·

Martin jou sogenaamde kommentaar was nie komentaar nie maar eerder oordeel en veroordeling. Jy en die ander oordelers ken nie die omstandighede nie, nog minder weet ek wat, waar en hoekom. Hier is te veel van julle met groen koring op die land wat sit en nonsens braak en julle ken nie die omstandighede rondom die storie nie. Dink jy vir een oomblik om die kind dood te slaan sal sake verander? Nee dit sal sake vergerger. Nie een van julle was al ooit deur hel met ‘n “stalker” nie. Al hoekom julle so tekere gaan is omdat julle VREK van Nuuskierigheid. Hou op in die sepie wereld leef dit is nie CSI of enige commen afrkaans sepie nie.

Marina ·

Kom kom. Hou op kritiseer. Ons dank die Here dat sy veilig is. Ons weet nie wat die omstandighede omtrent die dogter is nie. As jy nog nie die pad geloop het met ‘n moeilike tiener nie, moenie klippe gooi nie.

Martin ·

KOM kom,Marina. Moet nou nie toelaat dat daai moeilike tiener ding nou hier kop uitsteek nie. Daar is baie maniere om hulle uit te sorteer. Een van hulle is – pas dissipline toe. Dit werk baie goed.Nog ander is gee liefde en aandag en wees betrokke by daai tiener.

charmaine ·

Linda noem sy volg voorbeelde wat sy gwys word of sien?? regtig! Vandag se kinders is op 10jarige ouderom al slimmer as hulle ouers met “groot mense dinge”.
En die verskoning van n moeilike tiener is ook n foefie! Tieners is moeilik wanneer daar geen aandag,liefde en familie lewe is nie. Ek het 2 seuns 22 & 20 en hulle het nog nooit sulke gedrag getoon nie? Want dis vir hulle lekker by hulle huis en hulle het baie vriende en die seun van 22 is al 2 jaar in n verhouding met n baie oulike meisie waarvoor ons baie lief is en hulle het mekaar nog nie “ontvoer” nie.

Kinders juk te vroeg waar dit nie gekrap moet word nie! En dan kry jy ouers wat nog die gejuk sal aanhelp!

Sê Maar Net ·

Ek stem 100% met jou saam – ‘n pak op sy tyd is soos brood en konfyt! Kinders wat aan roetine en sekuriteit in die ouerhuis blootgestel word kry ook maar hulle nukke en grille maar dis juis hierdie kinders wat wanneer hulle groot is in alle eerlikheid kan sê dat hul ouerhuis die lekkerste plek was. Koop ‘n plakkie en doop vir hom ‘sielkunde’ elke keer wanneer jy ‘n hou uitdeel maak jy mos jou kind met sielkunde groot. As kind was ons plakkie ‘Afrikaans’ gedoop – ek het vinnig weer onthou hoe om ordentlik met my ouers te praat wanneer daai outjie met my bas kennis gemaak het!

Michiel ·

Haha Sê maar Net, ons plak (toe ek kind was) was “Rus-onse-siel” genoem want my ouers het geglo as hy gepraat het dan rus hul siele weer vir ‘n slag ne! Ek ken mense wat tuisonderrig doen en die kind word beslis nei in sulek gevalle alleen tuis gelos en die ouers gaan werk nie. Dis ouers wat regtig betrokke is en die ma gewoonlik tuisbly en om verskilende redes tuisonderrig gee. Maar die kind word nie sommer gelos om te maak en breek soos hy/sy wil nie, daai kind moet WERK. Niks se ge-sms of ge- e-possery of so nie. Dan wonder mens ind ie geval hoekom tuisonderrig? Mense moenie nou met sies en skaam julle kom nie, hier is iets fout en dis ons reg om iets daarop te sê

pop ·

En intussen word regte misdade gepleeg en die polisie soek n rondloper kind. Ek het 4 meisies grootgemaak. Myne was op 15 nog pure kind, en self toe hulle al skool verlaat het, het hulle geweet, moenie vir ma boos maak nie. Jou gat sal slae kry. Hoe se die Bybel, spaar nie die roede nie.

nig ·

Pop, jy is heeltemal reg. Die kinders wat so gereeld “wegraak” besef nie hoeveel mense se tyd hulle mors met hulle twak nie. Ek dink ook in so ‘n geval moet al haar sosiale media soos selfoon weggeneem word, haar fb tgoegang moet geblok word ens. Dan weet hulel sy gaan haar werk doen PLUS die onaangename mannetjie, wie hy ookal mag wees, kan haar nie kontak en pla nie.

Ans ·

Ek is bly jul het jul kind terug gekry
julle moes deur hel gegaan het. Ek wil net vir almal se. Elke ma en pa maak hul kind in liefde groot. Ek het 5 in liefde grootgemaak. Maar elke kind het sy eie karakter. Jy kry kinders wat sterk is en kinders wat maklik beinvloedbaar is. En dit is nie jou as ouer se skuld nie. Sommige kinders het n wil van hul eie en met swak invloed van n ander kan enige beinvloedbare tiener dinge doen wat n ouer hom of haar nie geleer het nie. Passop as julle nog groen gras op jul weiding het, moenie te maklik oordeel nie, more is dit dalk jou beurt. Steun liewer hierdie mense en bid vir hulle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.