Vermiste Pta-tiener is dalk ontvoer

Monica Gaus. Foto: Facebook

Monica Gaus. Foto: Facebook

Die soeke na Monica Gaus (15), die tiener wat Vrydag uit haar ouerhuis in Pretoria verdwyn het, word nou deur die gesinsgeweld- en kinderbeskermingsdienste ondersoek omdat daar vermoed word dat sy moontlik ontvoer is.

Maroela Media het vroeër berig Monica is Vrydagoggend die laaste keer deur haar ouers gesien toe hulle op pad werk toe was. Sy het aan haar ma gesê sy wou die dag by die huis sou bly, omdat sy nie lekker gevoel het nie. Monica is glo later deur iemand in ʼn wit Corsa-bakkie opgelaai.

Kapt. Coba Brits, woordvoerder van die polisie, wou nie Woensdagoggend meer kommentaar lewer nie omdat dit moontlik die ondersoek kan beïnvloed. “Al wat ek nou kan sê, is dat die ondersoek voortduur,” het sy gesê.

Intussen het Ronnie Meyer, Monica se stiefpa, aan Maroela Media gesê hulle vrees vir die ergste nadat dreigende boodskappe op Facebook geplaas is. Meyer het gesê hulle weet nie wie die boodskappe plaas het en of Monica daarvan bewus is nie. Hy het egter gesê daar word vermoed dat sy nie meer in Pretoria is nie.

Monica is blond met ʼn ligte vel en medium gebou. Sy het ʼn blou denimbroek en ʼn rooi sweetpaktop aangehad toe sy laas gesien is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

M ·

Sy het dan by die huis gebly omdat sy nie lekker gevoel het nie. Hoe word sy dan met ‘n wit Corsa bakkie opgelaai. Klink nie vir my rêg nie.

Knersus D ·

The dawn is nigh, maar ons weet nie waar hulle is nie..

Chantelle ·

Sy was nie verniet by die hek nie, sy het seker gewag vir die bakkie, die bediende het mos gese sy het met iemand gechat op haar cell, maak nie sin nie, sy wil by die huis bly, something fishy, sy het gejok, sy was up to something die tiener.

M ·

Ek haat Facebook. Mens is heeltyd bekommerd oor die kinders. Die goed wat hulle daarop sien is soms skokkend. Maar Groepsdruk maak dat mens hul tog nie daarvan kan weerhou nie.

Genoeg is genoeg ·

Ek sukkel om te verstaam hoe iemand wat onvoer is die tyd het om facebook profiles em foto’s te update. Gaan kyk gerus, 2ure gelede…. Daar is groot fout met die wereld as bedorwe en ondankbare kinders goeie mense se tyd emn simpatie mors….

Ockert ·

Sy is was nog vandag op Facebook gewees, As sy toegang het tot Facebook hoekom se sy nie waar sy is nie. Bekommer julle eerder oor mense wat rerig hulp nodig het, sy speel ‘n speletjie.

Ladyp ·

Wat ek nie verstaan nie is dat haar ouers nie vroeer agtergekom het hier kom ‘n probleem nie. Julle kind het meer vriende as meeste beroemdes, sy gee haar selfoon nommer oop en bloot op sosiale media vir vreemde mans uit en dan wonder julle hoekom sy weg is??

Jakoba ·

Ek bid vir die ouers. My hart gaan uit na julle. Aan julle wat oordeel en veroordeel… Dit kom God aleen toe. Hou eerder op bespiegel. Al ooit daaraan gedink dat die ontvoerder toegang tot haar “Facebook” het en die updates doen . Die huishulp het wel gese dat sy met die persoon gepraat het en dat sy gedreig was en ontsteld was. Hoekom het sy maar nie haar pa of ma gekontak nie. Ek bid dat sy veiling gevind sal word.

BullsEye ·

Enige ouer se grootste nagmerrie. Hoop die saak word gou opgelos en dat sy wel veilig is!

Sumari ·

Ek het ook op haar facebook gegaan. Dink julle nie dalk dat nie sy is wat op haar facebook gaan nie, maar dalk die ou saam met wie sy gegaan het. Iets klink nie reg nie.

anon ·

sumari ek stem saam met jou kan iemand wees wat haar fb se goed het wat in haar goed in kan gaan hoop sy word gevind

Zandra ·

Ek kry die ouers baie jammer en ek wens so ding glad nie eers vir my GROOTSTE viand toe nie MAAR…. indien die kind bedig is om ‘n speletjie te speel en die ouers kry haar wel en sien dit was een siek aandag storie hoop ek hulle los haar net daar. Mens kry bedorwe brokkies wat sulke goed sal aanvang en dan kry mens die ander soort wat dit nie sal doen nie en gewoonlik gebeur die dinge met hulle wat nie daarvoor soek nie, As my dogter haar nommer sommer so op sosiale media gee en met enige jan raap en sy maat wil chat sal haar boude so brand sy sal NOOIT weer aan ‘n foon wil vat nie. Ek hoop hulle vind die kind!

Zandra ·

Ek kry die ouers baie jammer en ek wens so ding glad nie eers vir my GROOTSTE vyand toe nie MAAR…. indien die kind bedig is om ‘n speletjie te speel en die ouers kry haar wel en sien dit was een siek aandag storie hoop ek hulle los haar net daar. Mens kry bedorwe brokkies wat sulke goed sal aanvang en dan kry mens die ander soort wat dit nie sal doen nie en gewoonlik gebeur die dinge met hulle wat nie daarvoor soek nie, As my dogter haar nommer sommer so op sosiale media gee en met enige jan raap en sy maat wil chat sal haar boude so brand sy sal NOOIT weer aan ‘n foon wil vat nie. Ek hoop hulle vind haar

Liza ·

Om vrywillig by iemand in n motor te klim…… klink na wegloop nie ontvoer nie

Leigh ·

Mense hou op klippe gooi en bid vir haar veiligheid. Ek het ook my eie facebook blad en dit was al 3 keer “gehack” soos ander dit noem en dan is daar allerhande goed opgesit. Niks is onmoonlik in vandag se tyd nie…

Jakoos ·

Leigh ge-“hack” of te nie, sy het vrywillig ba buite gegaan en vrywillig saam met die man in die kar geklim. Ek kry haar ouers jammer met so klein merrie, sy behoort haar GOED te skaam!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.