Lea Blignaut, Theunissen se tannie, het aan Maroela Media gesê Belinda is Vrydagaand gevind. “Ons mag ongelukkig in hierdie stadium geen kommentaar lewer oor die omstandighede en gebeure rondom die dag waarop sy gevind is nie,” het Blignaut gesê.
Maroela Media het verlede Sondag berig ʼn vriend het haar laas by ʼn park op die hoek van Wynswood- en Ixiaweg in Primrose opgemerk. Haar selfoon is glo op dieselfde dag vir die laaste keer geantwoord deur ʼn man met ʼn Nigeriese aksent, waarna die foon afgeskakel is.
Theunissen se ouers is in 2010 oorlede en sy en haar tweelingsussies het sedertdien by hul oupa in Pretoria gewoon.
ANC het die Nigeries mos vrypas gegee. En die kinders van hierdie land betaal die prys….
Ek hoop en bid dat sy ongedeerd is!!!
Lyk my die dogtertjie is deurmekaar met verkeerde vriende….
Etienne – sy is 24 – glad nie meer ‘n dogterTJIE
Die lewe bestaan uit keuses, op 24 behhoort jy te kan onderskei tussen Reg en Verkeerd. Ek verwys nie na die betrokke Dame nie. Sterkte.
Ek is baie bly sy is lewend gekry. Hoop sy is ongedeerd en kry die regte hulp vir haar pad vorentoe. Baie sterkte aan die familie wat na haar omsien.