Vermiste PTA’ner veilig ná angsnag in kattebak

Juan Kruger (Foto: Facebook)

Juan Kruger (Foto: Facebook)

Juan Kruger (29) van Pretoria, wat Donderdag verdwyn het, is Vrydag met sy ouers herenig.

Maroela Media het vroeër berig Juan was Donderdagoggend op pad na ʼn onderhoud in Sinoville, maar het nooit teruggekeer huis toe nie.

“Hy was op pad na die onderhoud toe drie mans hom in Sefako Makgatho (Zambesi)-rylaan in Pretoria gekaap het,” het Frik Kruger, Juan se pa, Vrydagaand aan Maroela Media gesê. “Hulle het by hom in die motor geklim en hulle het hom gedwing om verder te ry.” Die mans was gewapen.

“Ná ongeveer twee verkeersligte het hulle Juan gedwing om uit te klim en hom in die agterbak van die motor geboender. Só het hulle met hom die hele nag lank rondgery,” het Frik verduidelik. Juan het vir hulle gesê hy kon hoor hoe die persone deurnag langs die motor partytjie hou.

“Vanoggend vroeg het hulle vir hom ʼn bottel water gegee en weer met hom rondgery. Hulle het hom uiteindelik in Nelson Mandelarylaan in die stad afgelaai en gesê hy moet weghardloop,” het Frik gesê. “Dit is net genade dat hulle hom uitgelos het.”

Volgens Juan het mense staan en toekyk toe die mans hom gekaap het, maar niemand het reageer nie.

Nadat hulle hom afgelaai het, het hy gesukkel om hulp te kry, omdat hy vuil was en sy hemp geskeur was. “Iemand het uiteindelik vir hom geld gegee en hy kon ons bel sodat ons hom kon gaan haal,” het Frik gesê.

Die polisie is op soek na die goudkleurige Nissan Amera (registrasienommer PCM337GP) waarmee die kapers weggery het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Peet Schabort ·

Soos ek in ‘n vorige berig kommentaar gelewer het is daar tien teen een mense wat sien wat gebeur maar nie ‘n flenter omgee om enigsins betrokke te raak. Hulle is die karperde met oogklappe wat net aan hulself dink. Té bang om betrokke te raak want dalk moet hulle ook vorentoe in die hof gaan getuig.
Gelukkig is almal nie so en dit gebeur tog dat hulp uit ‘n heel onverwagse oord opdaag.
Sterkte met jou onaangename ondervinding Juan.

humor ·

n Mens kan nie veralgemeen nie, maar onbetrokkenheid is maar deel van n menigde. Bly selfs maande lang mekaar in n woonstelblok en ken mekaar nie. Gedurende my studiejare dit beleef.

K Seita ·

Vreemde situasie … wat sal die doel daarvan wees om hom heelnag aan te hou ? net om hom dan die oggend “vry te laat”….. Dalk moet ek minder sinies wees en maar net sommer die storie glo ….. In elke geval, bly hy is ok – watookal die omstandige was wat hy hom in bevind het. Sterkte

Evry1sa consprsythrst ·

Ek kry skaam om julle mede Suid-Afrikaner te wees.
Al so gewoond aan jul omstandighede waar almal doodgemaak word dat as iemand so situasie oorleef dan begin julle spekuleer daar word gelieg. Sal graag wil weet wat julle sal doen as iemand n wapen teen julle ruit vasdruk terwyl jy in verkeer vas sit of ingebox word. Wag eers tot julle alle feite ken voor julle jul oordeel lewer.
Geen wonder ons nasie kan nie saamstaan nie. Selfsugtigheid oorheers julle harte en verstand.

Kloekie ·

Waar presies in sefakgo makgatho het hul hom gekaap? Baie bly hy is veilig.

Louise ·

Ons is geprogrameer om so sinies te wees ne? Maar ek vind ook die storie vreemd………

Johnny Botha ·

Baie dankbaar dat Juan veilig met sy geliefdes herenig is. Luidens die berig “Hulle het by hom in die motor geklim ……” was daar nie geweldadige toegang tot die voertuig nie. (Geen ruite ens. gebreek nie.) Ons kan dus aanvaar dat Juan se motor-deure nie gesluit nie. Dit kon dus aanleiding gegee het tot die omstanders se (gebrek aan) reaksie.

Ons almal is bewus van die hoë misdaadvlak in ons land en moet meer paraat en bedag wees op sulke voorvalle.

Kloekie ·

Miskien dra die beriggewing ook by tot mense se reaksie. Die details van die insident maar vaag.

danie ·

Ek sal graag die totale uitkoms van die storie wil hoor, daar is n paar dinge wat nie lekker klop nie.

Chris ·

Met die Sinoville GPF lede wat oorals is en so bedrywig is in daai area glo ek nie heeltemal die storie nie.

MM ·

Hy moet dalk leer om volgende keer sy deure te sluit, want mense wat vandag nog ry sonder om hul deure te sluit wil seker maar gekaap word.
Ek stem saam met Danie en Chris dit maak nie sin nie en in Zambesi met soveel verkeer ……….ieets klop nie. Ek glo iemand moes iets gesien het, want daar is ALTYD verkeer.

Genis ·

Wat ‘n nare ondervinding! Toe hy gekaap word, het niemand hom gehelp nie. Toe hy getraumatiseer, moeg en gehawend in die strate hulp gesoek het, wou niemand hom aanvanklik help nie. Noudat hy sy storie vertel, wil niemand hom glo nie. Dit is ‘n uiterste beproewing! Bly hy is veilig tuis, hoop hy staan sterk!

DJ ·

Julle mense is baie gou om kommentaar te lewer, maar is die wat in verkeer sit en heel tyd op hul foon besig is met “Facebook” of “Makeup” aan te peak. Sal sien wat die kommentaar is wanneer dit met julle gebeur.
J

Juan Kruger ·

Dankie vir almal se voorspoed wense en ondersteuning. Ek waardeer dit opreg.

Wees bedag en versigtig daar buite, dit kan werklik met enige iemand gebeur.

Die feit dat ek met my lewe weg gekom het en vandag weer saam my geliefdes my pa se ma se verjaarsdag kan vier is net te danke aan ons hemelse Vader.

Joan ·

Wat ‘n aaklige ondervinding – sterkte vir jou. Aan dié met die negatiewe kommentaar – bid dat dit jul nie sal oorkom nie!

GES ·

Die storie begin sleg. Die kapers klim by hom in die motor….. Was die motor se deure gesluit? Kon hy nie wegjaag nie, al is dit oor ‘n rooi verkeerslig? Te veel eienaardighede….. Ek sal ook graag die finale storie wil hoor. Dankbaar hy is veilig by die huis.

lizbet ·

Ek neem niemand kwaalik dat “niemand gehelp” het nie. Vandag se rowe is so geweldadig dat mens maar bang is om te help, netnou kom jy iets oor en dan. Ek is seker indien iemand iets gesien het sou hulle ten minste die polisie gebel het. Die klink in elk geval soos een van daai stories wat iemand vermis is en merkwaardig na ‘n dag of 2 terug keer huis toe. En as mens dan meer inligting wil hê en almal skielik geen verdere kommentaar wil lewer nie.

Hettie ·

Bly hy is veilig! Dank Die Here dat Hy sy lewe gespaar het!

Sandy ·

Juan, troos jou daarin dat hul jou uitgevat het, jy kon darem saam hul kuier (grappie hoor), baie bly jy is veilig, en as ek moes sien so iets gebeur voor my sou ek beslis reageer het. Sterkte verder!

Vickus ·

Stadig oor die klippe julle. Ek was ook al gekaap en in die kar geboender. Gelukkig op die agter sitplek langs die deur. Ek kon gelukkig uitspring en ontsnap. Die tipe van kapers sien jou as hulle trofee en wil jou vir hulle vriende wys. Die slagoffer kan bly wees dat hulle nie n groot ongeluk gemaak het met hom in die kattebak nie. Dit is duidelik dat hulle gesuip het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.