Vermiste reddingshond ongedeerd gevind

Olive en konst. Katikati (Foto: Facebook)

Olive, die Duitse herders- reddingshond van die polisie wat Sondag verdwyn het, is Woensdagoggend ongedeerd gevind.

Kapt. Dineo Koena, woordvoerder van die polisie, het gesê die honde-eenheid en lede van die Mthatha-polisie se berede eenheid het sedert vroeg vanoggend in die ruie bosse naby Sulenkama waar Olive weggeraak het, na haar gesoek.

“Olive is om 09:15 onder ʼn lae berghang opgespoor. Sy kon nie self uitkom nie en haar kollegas het haar bevry,” het Koena verduidelik. Olive is nie beseer nie en sy het “letterlik terug in aksie gespring”.

Konst. Songezile Katikati, haar hanteerder, was in trane van blydskap.

Maroela Media het vroeër berig Olive het Sondag teen 19:00 in die Mahlubini-omgewing in Sulenkama verdwyn. Die polisie het vroeër gesê Olive het weggeraak nadat sy ’n 55-jarige man gered het wat Vrydag vermis geraak het toe hy in ʼn woud hout gaan haal het. Olive is na bewering deur ander honde gejaag terwyl haar hanteerder en lede van die gemeenskap op pad terug na die voertuig toe gestap het.

Katikati en Olive werk al sedert 2012 saam. Dié twee het ook die toekenning vir beste reddingshond in die Oos-Kaap in 2014, 2015 en 2016 ontvang.

Die polisie het almal bedank wat gehelp het in die soektog na Olive.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Floors* ·

Absoluut wonderlik ek is baie baie bly saam met Katikati. Wens julle 2tjies n wonderlike toekoms toe. Ek weet nie wat ek sal maak as een van my tweetjies wegraak nie. Wil nie eers aan dit dink nie*

Blydskap ·

Darm bietjie goeie nuus vir ‘n slag in lig van al die droewige tydings en gebeure.

Stef ·

Uitstekend. Weet hoe dit voel. Was self jare in die Honde-Eenheid van die Polisie. Ons honde was ons partners en nie net ń hond. Uiters lojaal. Bly vir jou Katikati en Olive.

Ronel Nortje ·

Dit is wonderlike, wonderlike nuus!!! Ek sou my dood gehuil het as dit my hond was en hy was weg! Doen mens se hart so goed as jy hoor daar is mense wat so ontsaglike liefde vir hulle diere het, en dan is hierdie hond ook nog ‘n baie spesiale hond!

Rikag ·

So bly hy is gevind en geen beserings nie. Gee hom n lekker stuk vleis.

Tammy ·

Ek is so dankbaar sy is ongedeerd terug by haar eienaar!! Kon nie vandag vir beter nuus gevra het nie, het selfs n traantjie gepik toe ek lees Olive het weggeraak.

johan ·

die hond en sy baas was 2 jaar agtermekaar die best ein die oos kaap …. so bly vir altwee

Estelle ·

Jippppiiiieeeeee!! Lekker goed-voel nuus. Dankie aan almal wat na Olive gesoek het. Lekker werk konst. Katikati en Olive.

Sandra ·

Ek was ook nou in trane. Bid al sedert ek gehoor het Olive is weg. Die feit dat die jong konstabel gehuil het toe hy sy hond opspoor het my sommer laat huil vir die twee vriende. Olive klink na ‘n fantastiese hond en hulle is gelukkig om mekaar te he.

Charmaine ·

EK huil sommer oor die goeie nuus.Bly vir albei van julle,Katikati en Olive..

Wonderlik ·

Wonderlikeste nuus in ‘n lang tyd!!! God is goed vir mens en dier!

Mellie ·

Beste nuus nog na al die hartseer van die onnodige moorde op SAPD lede.

M Marais ·

Ag dankie Vader …ek is saam met julle bly en so bly Olive is ongedeerd ….

christa ·

Ek as diereliefhebber is so bly. As my hondjies seer kry bid ek net tot my Vader en Hy verhoor altyd my gebede. So bly vir die eienaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.