Vermiste Roodepoort-man (78) opgespoor

Chris van der Merwe (78) word sedert Saterdag vermis (Foto: Facebook)

Die 78-jarige man van Roodepoort in Gauteng wat sedert Saterdag vermis was, is ongedeerd gevind.

Elize Brits, Chris van der Merwe se dogter, het aan Maroela Media gesê hy is Sondagaand in Walkerville, sowat 30 km suid van Johannesburg, opgespoor.

Walkerville is sowat 40 km van Roodepoort waar Van der Merwe as vermis aangemeld is.

Volgens Britz het Van der Merwe sy motor op ʼn grondpad gerol, waarna mense van die omliggende area in Walkerville hom te hulp gesnel het.

“Mense het op hom afgekom kort nadat hy sy voertuig op die grondpad gerol het. Hy is heeltemal oukei, maar die kar is afgeskryf. Die mense wat hom opgespoor het, het deur sy goed gegaan en ʼn nommer opgespoor en uiteindelik by my uitgekom,” sê Britz.

Sy sê Van der Merwe het “effense probleme met sy geheue”, en kan nie onthou waar hy sedert Saterdag was, waar hy Saterdagaand geslaap het of hoe hy in Walkerville gekom het nie.

“Ons het in dié stadium geen idee hoe hy daar [in Walkerville] gekom het nie. Ek het hom gevra hoe hy daar beland het, toe sê hy hy weet nie. Ek het gevra waar hy Saterdagnag geslaap het, toe sê hy by die mense wat my gebel het, maar dit is nie waar nie. Ons het dus in dié stadium nie antwoorde nie.

“Al wat hy onthou, is die ongeluk: Hy sê net heeltyd ‘maar hoe kon ek ʼn ongeluk gemaak het? Ek het dan nie eers so vinnig gery nie’. Dit is baie kommerwekkend.”

Britz is tans op pad hospitaal toe waar haar ma ook vir gesondheidsredes is. Sy sal daar by mediese personeel hoor of dit nodig is om hom te ondersoek of in die hospitaal te laat opneem.

“Van ons kant wil ons net dankie sê aan elke liewe een wat betrokke geraak en hom help soek het. Ons waardeer dit uit ons harte uit, en is so dankbaar hy is ongedeerd.”

Maroela Media het vroeër berig Van der Merwe was sedert Saterdag vermis toe hy, na wat vermoed word, na ʼn nabye winkel gery het. Sy gesin het Sondagoggend Pink Ladies gekontak in ʼn poging om ʼn wyer soektog na hom te onderneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Vra net? ·

Indien die man se toestand van so aard is? Waarom het hy toegang tot n motor en is toegelaat om hoegenaamd te bestuur?

Egter Bly dat hy veilig is en ongedeërd.

MissDemeanor ·

Die fing is, soms het sulke mense goeie dae en slegte dae. Op n goeie dag sal hy dalk met lof ‘n verkeers toets slaag en op n slegte dag maak hy ‘n ongeluk. Ander mense (polisie of verkeers beamptes) kom ook nie altyd agter iets is fout nie. Selfs al vat hul sy lisensie en die familie vat die karsleutels… dit sal steeds moeilik wees om hom te keer om kar te ry.

Lyla ·

? Net dankbaar hy het nie iemand anders se dood veroorsaak nie!

Malan ·

So bejaarde persoon wat begin ‘verdwaal’ moet GLADNIE MEER ALLEEN rondgaan nie. My ma (79) het ook gery en verdwaal en later het haar simptome vererger met aggressie, angs en begin dink sy sien en hoor dinge wat nie bestaan nie. Die dok het Altzeimers gediagnoseer. Met die uitsortering van die regte medisyne vir Angs, ens ens het sy meer ‘normaal’ geword. Die dok het gese weens die brein wat krimp, word brein boodskappe beinvloed..so soms helder denke, ander kere gladnie. So persoon het maar heeltyd toesig nodig. Baie sterkte aan die dogter wat haar ouers versorg!

Nettie ·

@Malan, ek stem. Trouens, ek dink mense van ouer as 70 moet glad nie meer bestuur nie. Wag, wag!! Voor julle my wil stenig! Meesal het ouer mense van oor 70 die een of ander mediese probleem: swak sig/gehoor/geheue en/of die een of ander mediese toestand soos diabetes/hartprobleme/Alzheimer’s of demensie/fisieke tekortkominge bv. knie-vervangings/rugprobleme ens.

Ek het eens op ‘n tyd ‘n 55-jarige dame wat aan Alzeimers gely het tuis verpleeg; ons moes die motorsleutels wegsteek vir haar en die garage met ‘n slot toesluit. Eendag het sy die sleutels gekry en in die motor geklim en gery – die polisie het haar toe ure later gevind, oppad na die volgende buurdorp, maar afgetrek langs die pad sonder enige idee wie sy is en waarheen sy oppad was. Nodeloos om te sê, die gesin was buite hulself van vrees en SA was toe nog nie eens so gevaarlik soos nou nie!

Minnie ·

Nee jislaaik. Dis 2017. As die geheu verlies agv van die ongeluk is, is daar mos duidelik ‘n besering opgedoen…..’n brein besering!!! Hoekom neem ons mense houe teen die kop se ligetelik?

As die geheu verlies bekend was voor die ongeluk, hoekom laat sy familie toe dat hy bestuur?

Nico ·

Baie bly oom is veilig.Dit is miskien duur maar n mens moet kyk om n opsporings aperaat in te sit as jy n nuwe kar koop moet een in wees lewe is meer belagriker as n kar.

Mornay ·

Hi Daar
Die opsporings aperate het al regtig baie goed koop geraak van die produkte is maar R80 per maand so as julle kan doen dit ek het in al my voertuie en ook in my ouers se ry ding een gesit
groete

Anoniem ·

Dit het regtig tyd geword om sy voertuig weg te vat. Ek sit ook met ‘n Ma wat verdwaal. Tans weier sy om haar voertuig af te staan, want die tannies in die ouetehuis waarsku haar oor die gesukkel na hulle hul voertuie afgestaan het. Sy beskuldig ons dat ons net agter haar kar aan is, wat heeltemal onwaar is. Enige verskoning onder die son. Sy is 77.

L ·

Anoniem, ons moes dit met my ouma van 80 doen. Sy was baie kwaad vir ons, maar nou 7jaar later weet ons dit was die beste besluit. Se bietjie vir haar wat gaan gebeur as ‘n vragmotor oor haar ry of sy dalk n kind of iemand raakry. Hulle reaksie tyd is nie meer dieselfde nie. Julle is die ouens wat moet besluit. Die verkeer raak by die dag erger. Kry haar van die pad af!!! Die gesukkel is net van korte duur…die ouetehuise maak voorsiening en hulle ry met bussies na plekke toe. Hou die motor by julle en as sy iets nodig het, gaan haal haar met die motor. Julle is lief vir haar, so doen iets as julle haar langer by julle wil he.

Dankbaar ·

Baie dankbaar die oom is veilig gevind. Dankie tog ook vir die goeie mense wat bygestaan het na die ongeluk.

Die ANDER worshond ·

Eerstens, ek is baie bly die oom is veilig.

Soos hierbo genoem, is ek ook in die situasie met ‘n nou al 81-jarige moeder wat eenvoudig net nie meer kan bestuur nie. Dit het baie oorreeding van my en die familie benodig voor sy van haar motortjie afgestaan het. Ek karwei haar nou maar so 2 maal per week rond vir al haar inkopies, banksake ens. Alhoewel ek as konsultant op ‘n uur-tarief werk, knip ek altyd ‘n tydjie af – my Ma kom eerste!

Maar terug op die gesprek: 10-jariges kry nie vuurwapen-lisensies nie om ‘n rede, bejaarde mense moet bekwaam wees om ‘n voertuig te bestuur, dit gaan nie net oor gerief nie. Ander mense se lewens is ook op die spel.

SkarrelKind ·

Voor ek my mening gaan gee, gaan eers net se dat ons almal baie dankbaar behoort te wees dat hy nie deur booswigte geteiken is nie en dat hy nog lewe. Dit klink of hy nie gedurig wegraak nie en ek is seker, sonder dat ons ons 5c hoef by te gooi, dat sy dogter die nodige sal doen om die oom veilig te hou. Ek is net bly hy is veilig. Mense kritiseer so skerp soms – wonder hoe dit sou wees as dit julle pa was?

Asjas ·

My arme skoon-ma is al op 54 met Alzheimer’s Dimentia diagnoseer, sy het self besluit dis nie meer veilig om te ry en haar kar verkoop na die eerste keer wat sy besef het sy het verdwaal wn kon nie onthou waarheen sy op pad was nie. Gelukkig bly ons op ‘n klein dorpie.

Jakoba ·

Ek is baie bly Mnr vd Merwe is veilig.
@Nettie, jy kan mos nie so veralgemeen nie. My ouers is onderskeidelik 73&75 jaar oud. Springlewendig en gesond!!!! Hulle is onafhanklik en kan nog puik bestuur. So ook ñ hele paar van hulle vriende.
Elke geval is uniek.

Len ·

Hier is mense in hul 90’s wat nog bestuur in ons dorp. Hulle kinders gaan maar moet verantwoordelikheid neem as iets gebeur want hulle wil nie hoor nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.