Vermiste Rustenburg-tiener opgespoor

Gomolemo Haraba (Foto: ANA)

Gomolemo Haraba, die tiener van Rustenburg in Noordwes wie se verdwyning glo aanleiding gegee het daartoe dat vyf huise aan die brand gesteek is, is opgespoor.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat Haraba Donderdagaand in Boitekong opgespoor is.

“Die meisie is in die geselskap van ʼn 20-jarige man gevind. Die aard van sy verhouding met haar kan nie in dié stadium bevestig word nie. Haraba sal ʼn mediese ondersoek ondergaan,”het hy gesê.

Haraba, ʼn gr. 8-leerder, het op 3 November verdwyn nadat sy nooit van die skool af teruggekeer het huis toe nie.

Maroela Media het vroeër berig vyf huise is onderskeidelik Dinsdag- en Woensdagaand in Rustenburg aan die brand gesteek in verband met haar verdwyning.

Kapt. Elsabé Augoustides, woordvoerder van die polisie, het vroeër vir kalmte gevra en gesêdat die polisie nie sal skroom om stappe teen brandstigters te doen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leahim ·

Die kaptein se die polisie sal nie skroom om stappe teen brandstigters te neem nie .Kapt dit is nie die polisie se keuse nie hulle moet die saak ondersoek en die skuldiges arresteer maar ek kan julle wed hier eindig dit.

Annelize ·

Ek wens die Polisie wil ook nie skroom om stappe te neem teen die dwelmhandelaars, pimps en prositute in Rustenburg nie. Maar neeeeeeeeee, dis asof daarvoor ‘n blinde oog is. Die huise wat afgebrand is is JUIS huise wat bekend is vir dwelms en prostitute. Rustenburg is soos in besmeer met ie gemors, maar die msdadige element geniet mos meer regte en voorregte as die keelvol wetsgehoorsame landsburgers.

Kameel ·

Eks baie bly sy is veilig teruggevind. Laat geregtigheid nou geskied.

G ·

Sy het tien-teen-een weggeloop saam met die man, daarom wil hul nie die ‘aard van die verhouding’ bekend maak nie. Dit is mos deesdae die in-ding om die polisie en almal se tyd te mors, en dit terwyl hul iemand kon bystaan wat regtig hulp nodig het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.