Vermiste SA jagter: DNS-uitslae bekend

Scott van Zyl (Foto: Verskaf)

DNS-toetse het bevestig die menslike oorskot wat binne twee krokodille gevind is, is dié van die Suid-Afrikaanse beroepsjagter, Scott van Zyl, wat op 7 April vermis geraak het.

Oudkol. Sakkie Louwrens, direkteur van die Heritage Protection Group (HPG) wat met die soektog gehelp het, het met toestemming van Van Zyl se vrou, Suré, aan Maroela Media gesê die DNS van die menslike oorskot is positief met Van Zyl verbind.

Maroela Media het vroeër berig Van Zyl was saam met ʼn groep buitelandse jagters in Zimbabwe vir een van sy gereelde jaguitstappies. Een van sy honde het spoorloos verdwyn en hy het na die hond gaan soek. Hy het nooit na die kamp teruggekeer nie.

ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur en reddingspanne het meer as ʼn week lank onverpoos na Van Zyl gesoek.

Van Zyl se spore het op ’n sandwal van die Limpoporivier doodgeloop en dit is ook hier waar die Zimbabwiese polisie twee krokodille verlede week doodgeskiet het. Menslike oorskot wat binne die krokodille gevind is, is weggestuur vir DNS-toetse om te bevestig dat dit Van Zyl s’n is.

ʼn Derde krokodil is later ook doodgeskiet en ʼn skoen soortgelyk aan dié wat Van Zyl gedra het toe hy vermis geraak het, is binne die dier gevind.

Lees die vorige berigte oor Scott van Zyl op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Skepties ·

Iets klink nie vir my reg nie… Ek mag dalk verkeerd wees maar sjoe dalk vuilspel betrokke?
Baie sterkte aan sy vrou en kinders in die moeilike tyd.

Paul ·

Hoekom?

Krokodille eet mense. Selfs mense wat gewoond is daaraan om in die bos te wees, kan deur ‘n krokodil verras word.

Corrie ·

Ons innige meegevoel aan Suré en die kinders. Ons dra julle op aan ons Hemelse Vader en bid vir julle vir vertroosting in hierdie moeilike tyd.

Mariette ·

Ek kan verkeerd onthou, het ou berig nie gesê dat sy rugsak en skoene gevind is? Nou is n derde krok gevind met n skoen in? Van die 1ste berig af, het dinge snaaks geklink. Baie hardseer

rb ·

So tragies. Wat het aanlyding gegee dat die krokodil hom geeet het?
Het iemand ie hond ooit gevind?

Jennifer ·

Die hond het alleen by die kamp aangekom . Daarom het hulle toe begin soek.

Shantel ·

Ekt iewers gelees dat die hond dieselfde dag wat jy vermis geraak het terug gekeer het na die kamp waar hulle gekamp het.

rudi ·

ja die hond het die aand by die kamp opgedaag dis toe dat die ander spul vermoed het daar is fout.

Babsie ·

Rb – in ‘n vorige artikel is daar genoem dat beide honde later die dag terug gekeer het kamp toe…..

Dis baie hartseer wat met hom gebeur het. Mag die Here sy vrou, kinders en familie styf vashou.

Niel ·

dit mag wees dat sy hond in gevaar was en hy sy hond wou red of so iets… en siende dat daar reeds 3 krokodille wat verbind word mag dit wees dat een van hulle hom beetgekry het ens onverwags.

Hannelie ·

Baie sterkte aan sy vrou en familie. Dat hy so wreed moes sterf. Mag jul berusting en vertroosting vind.

cois ·

Ai dis hartseer maar iets maak nie sin nie dat n bekende beroepsjagter wat die natuur ken en krokodille ken so iets oorkom ek weet nie mooi nie regtig iets klink net nie reg nie maar sterkte aan die famielie ons hou julle in ons gebede

Marietjie ·

Geen dood maak sin nie. Slegs omstandighede wat daartoe aanleiding gegee het.

Charlotte ·

Indien sy rugsak op sy rug was hoe het dit op die grens beland en nie ook in die krokodille gevind nie…Ek mag verkeerd wees maar ek dink van zyl is gegooi vir die krokodille. Iets klink nie reg nie. Jammer vir die familie en sterkte

Waaghals ·

Hy kon moontlik sy rugsak afgehaal het om sy hond the laat water drink, dalk sy gesig afgespoel het en die krokidil het hom gegryp. Ek is seker die mense wat die ondersoek gedoen het is baie goeie spoorsnyers en hulle sou dadelik ander spore ook opgetel het waar syne dood geloop het

Scalla ·

Tragiese gebeurtenis, iets in die storie klink nie lekker nie, as profesionele jagter sou hy nie so onverantwoordelik opgetree het nie. Sterkte aan die gesin.

Sharl ·

Nee kyk, hoe het hulle geweet dis juis daai 3 krokkedille? Jagter wat die area goed ken. …dinge klink nie pluis nie. Meer ondersoek is hier nodig! Sterkte

Waaghals ·

Krokidille is teritorial, so hulle bly in dieselfde raduis soos baie wilde diere

Wonder net ·

Dit is regtig baie hartseer. Al wat ek nie kan verstaan nie, is hoe het hul net 3 krokodille gekies en begin skiet. Hoe het hul vermoed die drie het moontlike oorskot in?Net vir interesantheid.
Baie sterkte aan die gesin, familie en vriende.

Carol ·

Hoe het hulle geweet watter krokodille moet geskiet word? Sterkte vir die familie & vriende.

Annon ·

Kroks het ‘n routine en slaapplek op spesifieke areas. As die Krok daar by die spore gesien was, is die kans goed laat hy daar gevang het ook. Hulle keer terug na waar hulle eet en slaap. Dis hoe hulle die besluit gemaak het om die kroks dáár te skiet. Dis ook nie te sê die eerste 3 wat geskiet is, het menslike oorskot in gehad nie. Hulle het dalk net die grootstes probeer skiet, of die wat meer aktief was by die spesefieke area.

Valk ·

Ek’s nie ‘n speurder nie maar dinge lyk vir my ook bietjie agterdogtig…

Baie sterkte aan Scott se familie en vriende wat hom verloor het!

SF ·

‘n Krokodil is ‘n wilde dier en sy optredes bly onvoorspelbaar. Dis bitter hartseer wat gebeur het en geen ondersoek gaan dit ongedaan maak nie. Baie meegevoel aan sy naasbestaandes.

Baie baie sterkte ·

Baie baie sterkte met die hartseer nuus en bevestiging, ondanks die hartseer is ek dankbaar hy is nie vermoor vir ‘n paar rand of ‘n selfoon nie of sommer net nooit gekry nie.

Wat weet ek? ·

Ek stem saam. Die waarskynlikheid dat daar vuil spel betrokke is, is groter as dat ‘n gesoute man van die veld en natuur, die omgewing ken, omkant gevang is deur ‘n krokodil. Slegs die paar bewyse uit die media bewys die teendeel.

LouwL ·

Dis dalk meer uit onkunde wat ek vra maar hoekom word die krokodille geskiet?
Dis nie asof hulle normaalweg tussen mense beweeg en dalk weer kan aanval nie….? Ek verstaan n hond word dalk geskiet as hy iets of iemand gebyt/doodgebyt het want die dier sal moet bly voortleef tussen mense (sy natuurlike tuiste) en dalk weer byt. Maar n krokodil se natuurlike tuiste is nie tussen mense nie. Doodmaak klink so onregverdig in so n geval?

Cobus ·

Die Krokodil is nie juis ‘n bedreigde spesie nie, ek dink om 3 krokodille te skiet om sy familie en veral sy vrou en kindertjies antwoorde en afsluiting te gee is glad nie buitensporig nie. Hulle sou vir die res van hulle lewens gewonder het oor wat van hom geword het.

Malie du Toit ·

Geen kommentaar en bespiegeling nie. Dis BAIE hartseer, my hart gaan uit na sy vrou en familie. Mag hul berusting kry.

Suzie ·

Dis baie hartseer vir die familie, maar ten minste het hulle nou uitsluitsel. Sterkte aan julle.

ben ·

Ja ek glo dat iemand hom vir die crocks gegooi het Is moontelik gemene spel

Cobus ·

Gemene spel los gewoonlik nie ‘n bakkie, geweer en persoonlike besittings agter nie.

Paul ·

En jy glo dit op grond waarvan?

Ek sal dit sommer vir jou beantwoord. Op grond van niks. Nou goed dan.

AL ·

Ja iets klink ook nie reg nie. Ek is nie ñ dierekenner nie, maar dalk het hy sy gesig afgespoel of sy aandag was afgetrek en dalk het die krokodiloë net bokant die water uitgesteek, wat hy nie dadelik bewus was van die gevaar nie.
Sterkte aan sy gesin in die donker tyd.

Tragies ·

Die DNA toese sou ‘n maand vat…hoe is dit so gou brskikbaar?

Hannelie ·

Ek vermoed ook vuilspel. In n vorige berig is verwys na mense in nabygelee villages waaraan daar pamflette uitgedeel is ten tyde van die soektog. Kon iemand van die village hom dalk vir n “poasher” in hul gebied aangesien het? Ek dink meer ondersoek in die saak is nodig.

Deon ·

Ek voel baie jammer vir die familie, en nog jammerder omdat hulle nie op die stadium weet wat het aanleiding gegee nie!! Dit klink vir my soos ‘n fyn beplande moord!!

weesWys ·

So baie, baie jammer, Suré. Dink aan jou en jou gesin. Mag God jou versterk.

Richardt ·

Ek is nie n speurder nie maar ek stem ongelukkig saam, ek sê reg van die begin af iets klink verdag.
Hoekom sou hy sy geweer en foon in die kamp in sy bakkie los en onbewapen die bos inloop? Hoekom was sy rugsak nie op sy rug nie?
Ek voel egter diep jammer vir die geliefdes se verlies. Baie sterkte met die hartseer tyd wat voorlê!

duister ·

Wat dan ook gebeur het, dis n afskuwelike dood. Wat ek nie mooi verstaan nie, is die feit dat hy met buitelandse professionele jagters op pad was. Waar pas hulle in die finale prentjie?

Renee Gouws( Cloete ) ·

Ek stel voor……dat daar verdere ondersoek gedoen word……..daar is defnitief…..iewers n stukkie legkaart weg…….die man is n beroeps jagter…….hy moes beslis geweet het……om versigtig naby krokedille te wees……maar die waarheid seevier altyd……..indien dit nie nou hier op aarde sal wees nie……..defnitief met die oordeelsdag………Sterkte aan die fam…….kindertjies……en vriende……..

foxi ·

Al die bespiegelinge……..ek het regtig nie geweet ons het so baie speurders in DIÉ land nie!
Niemand sal seker nooit weet wat gebeur het nie……

Snuffels ·

Ek stem saam met Tish! Het van dag een af n rot geruik……

Liza ·

My innige simpatie aan sy familie, dit moet vreeslik wees om so dood te gaan. Ons hoop hy het nie baie gely nie. Rus in vrede.

Abbey ·

Die dood is nooit maklik nie en die gemis aan daai persoon bly lank en dit maak seer.
My innige simpatie met die familie. Mag julle nou dat julle weet wat met hom gebeur het troos vind. Sterkte met die pad vorentoe.

Sad ·

Nee my verdomp Al die woeste bespiegelings….goeie hemel dink asb. ..sy vrou en kids Lees als. ..hoe absoluut sad en seer moet dit nie wees vir sy gesin om uit te vind dit is hul geliefde nie. ..goeiste hul nie eers iets om uit te ken nie. ..baie groot hugs vir sy gesin. ..

AndreK ·

Ek wil tog vra dat die speurders hier op die groep, asseblief by die SAPD aansluit, hulle het sulke slim mense nodig wat agterdogtig is oor alles en sulke sake kan ondersoek…. verder beledig jul die familie wat betrokke is, swak!!

Afrikaanse Knaap ·

Daar was voetspore en spoor snyers. Spoor snyers ken hulle storie. Ek is seker hulle moes krokodille vermoed het, en daarom is 3 geskied.
Ek is dankbaar dat ons nou darem weet, en nie hoef te wonder nie.
Baie sterkte aan sy familie en vriende.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.