ʼn Skoen soortgelyk aan dié wat die beroepsjagter Scott van Zyl gedra het toe hy op 7 April vermis geraak het, is die afgelope naweek in ʼn krokodil in die Limpoporivier gevind.
Oudkol. Sakkie Louwrens, direkteur van die Heritage Protection Group (HPG) wat met die soektog help, het die nuus Maandag aan Maroela Media bevestig.
Maroela Media het voorheen berig dat Van Zyl se skoene saam met ander items op die Limpopgrens gevind is. Louwrens het egter aan gesê dié inligting wat ʼn familielid in ʼn onderhoud aan Maroela Media gegee het, was foutief.
Maroela Media het vroeër berig Van Zyl was saam met ʼn groep buitelandse jagters in Zimbabwe vir een van sy gereelde jaguitstappies. Een van sy honde het vermis geraak en hy het na die hond gaan soek. Hy het nooit na die kamp teruggekeer nie.
ʼn Familielid het aan Maroela Media gesê die polisie en ondersoekeenhede het talle van sy persoonlike items, waaronder sy skoene, sak en navigasiestelsel, op die Limpopo-grens gevind.
Menslike oorskot is op 13 April in twee krokodille gevind wat geskiet is in die omgewing waar Van Zyl verdwyn het.
Die soektog na Van Zyl is Sondag afgelas. Louwrens het dieselfde dag aan Maroela Media gesê hoewel die soektog afgelas is, is daar spanne wat steeds alle leidrade sal opvolg soos dit deurkom.
Hy sê dit is intussen bevestig dat die skoen wat in die derde krokodil gevind is, beslis soortgelyk aan dié van Van Zyl is.
Daar word Dinsdag begin met die DNS-toetse van die menslike oorskot.
Louwrens het gesê dit kan tot ʼn maand neem om die uitslae van dié toetse terug te kry.
Gaan al die krokidille in daafdie omgewing nou geskiet word, hoe belaglik en tipies mens.
Daar is van die begin af verkeerd berig. Hy het NIE sy skoene uitgetrek NIE. Sy skoene was nooit gevind! Hy het steeds sy skoene aangehad. Nee Johan die twee krokkedille was in die gebied waar hy weg geraak het. Wat is so belaglik daaraan? Sal jy nie ook alles in jou vermoe wil doen om te weet wat het van jou geliefde geword wat net spoorloos verdwyn het. Alles dui daarop dat hy daar verdwyn het. Selfs sy honde wat terug gekom het het hulle net terug rivier toe gevat. Daar sit vannaand 2 jong kinders sonder n pa. Jou kommentaar is belaglik. Miskien moet jy bietjie Discovery kyk dat jy net n idee kan kry hoe die natuur werk, dan sal jy agter kom dit gaan nie nodig wees om al die krokkedille te skiet.
Johan Maritz,,,,,,,,,,,,,,,,,,,lees die berigte dan sal jy ook weet wat aangaan:
1. Sy persoonlike items was op die wal van die rivier gekry wat die gedagte laat ontstaan het dat ‘n krokodil hom gevang het.
2. Menslike liggaamsdele is in die krokodille se maag gevind met ‘n skoen soortgelyk as wat hy gedra het. Die man is nog steeds skoonveld. So tel een + een bymekaar as jy kan.
So sy skoene is by die grens gevind. Dis 2 skoene neem ek aan.
Hoekom sal ‘n skoen soortgelyk aan syne dan enige iets beteken?
Die media het dit verkeerd daar was geen skoene by sy sak nie scott het sy skoene aangehad. Wens net hul wil dit reg maak want dit maak almal deurmekaar
Wil ook weet of hulle nou al die Crocs skiet om ondersoek in te stel.
Rerig Belaglik
Maar daar is ander besittings o.a. beursie gevind. Wonder hoe sy beursie in die veld geland het.
Dit is tragies. Jammer om teverneem. Sterkte aan die vriende e familie. In n vorige berig is daar ook skoene van hom gekry. Ongelukkig is daardie werk uitersgevaarlik. Snaak dat die buitelandersniks kan bydra nie.
Pastoor, weereens ‘n oningeligte mening. Daar is soveel hulp van Zimbabwe se polisie ontvang as ook geldelike ondersteuning van reg oor die wereld. Weerhou eerder sulke opinies as jy nie doodseker is van jou feite nie.
Janee dit maak nie sin nie. Die feite oor sy skoene klink bietjie dubbelsinnig. As sy skoene reeds saam met sy ander besittings gevind is hoe op aarde kan die skoen in die krokodil se maag syne wees?
Hulle se ook nie waarom die krokodie geskiet is nie. Ek dink die media moet bietjie sekerder maak van feite.
Kan MAROELA MEDIA dalk meer inligting verskaf asb?
Sjoe dis slegte nuus, maar bring seker ook ‘n soort van berusting vir sy gesin indien die DNS wys dat die beendere in die krokodille syne is. Wonder net indien wel, wat die moontlikheid is dat hy vermoor is, en toe vir die krokodille gevoer is…..
Ek het dieselfde redenasie, ek hoop en bid net ons is verkeerd.
Ek het dieselfde gevoel gekry. Mag verkeerd wees, maar hoekom is van sy goed op na ander plek gekry.
Hrt dieselfde hond se gedagtes gekry. ongeag, almal het iets te se oor die krokodille, maar as hulle mensvreters is word hulle van kant gemaak… Hartdeer, maar ek sal ook enige iets doen om antwoorde te kry sou een van my geliefdes weg word.
As julle reg lees sal julle sien die berig se sy skoene was nie gevind. Dit was in n vorige berig geplaas en was foutief. Krokkodille is vervuild. Hulle het geen natuurlike vyand nie. So ek is seker om berusting te vind van wat met n geliefde pa en man gebeur het is belangriker as om daaroor te becomes. Daar was baie hulp van Zimbabwe asook nodige permitte van hulle kant af.
Charlotta, waar is nog van sy goed gevind
Ja ek ook gewonder of dit n ongeluk was. Nietemin ek is net bly daar is n mate van berusting.
Dink nie dat Hy by die rivier sou loop nie Hy kom dan van Limpopo rivier af So Hy ken krokkies Iets is nie pluis
Ruan kan ek jou net daarop wys dat ek nie hoef Discovery te kyk nie . Ek het vir 12 jaar navorsing gedoen op krokidille.
Johan, jy kon dalk vir 12 jaar lank krokodileiers getel het, maar dit maak nie van jou ‘n etikus nie. Duidelik het jy van die diereregteaktiviste se gif ingekry. Ons is almal lief vir diere en deur hulle gefassineer, maar diere beskik nie oor die regte van mense nie. Ons kyk mooi na hulle, maar as ons ‘n paar moet skiet om uit te vind wat van ‘n eggenoot-pa geword het, doen ons dit en kry klaar.
Dink hys dalk vermoor en vir die krokodille gegooi. Hulle moet dalk dit ook in ag neem.
Stem ,vermoed ok hy is vermoor en in die rivier gegooi…. om van hom en bewyse ontslae te raak!
Die helle is darem so wreed en ongenadig…hoekom anders is sy beursie op die grens gevind,dit vat nie n genie om dit uit te werk nie maar genade n mens se lewe is deesdae niks werd nie, net moord en roof en doodslag! Hul het gevat wat hul wou he en weeree s van bewyse ontslae geraak…… Ai die mensdom is verlore….verdien nog n sonvloed..
Ek Ken hom ons was saam op skool hy sou nie so onverantwoordelik gewees het nie hy Ken mos die plek en die diere
Dit is nou 3 dae wat ek kommentare lees en vanaf dag 1 het ek die vermoede gehad dat hy dalk vermoor mag wees…..ervare jagter…..,ken natuur en gevare van rivier….,skoene in krokkodil en beursie in veld……hoekom nie ook jou skoene uittrek as jy in rivier wil gaan nie….aangeval en beroof,vermoor en in rivier gegooi
Maroela Media sorry ek kry nie ‘n ander plek waar ek kan vra nie. Hoekom doen julle nie meer moeite om vars nuus op julle blad te sit nie? Sommige van hierdie stories kom nog van laasweek af maw dis ounuus. Dis ‘n jammerlike toedrag van sake. Wat van die plaasaanvalle die afgelope naweek, daar moet tog klomp nuwe nuusbrokkies wees. Groete Janie
Dagsê
Dankie vir jou navraag. Sien gerus al die jongste nuusberigte hier: http://maroelamedia.co.za/kategorie/nuus/
Groetnis
Janie nms. Maroela Media
Skerp man, skerp! Die krokidille eet flys.
Skerp man, skerp
Medelye aan die Familie.
Het hy sy wapen saam met hom geneem toe hy die hond gaan soek het? Is die wapen gevind?
As daar vuil spel was , soek die wapen en die skuldige/s sal saam met dit gekry word.
Ongelukkig is hierdie berig nie duidelik nie. Hy het saam met groep buitelanders gaan jag, hond het nie teruggekeer en hy het hond gaan soek maar hy keer toe nie terug. Dan vind hulle van sy besittings naby die grens? Hoe het dit daar beland en nie by die klomp wat saam gaan jag het agtergebly nie? Hethulle dan net sy goed so gelos? Dit klink ook of iets nie pluis is nie, mens kan nie verhelp om dit te dink veral aangesien hy klaarblyklik ervare is en die bos ken. Baie jammer vir sy familie wat met klomp vrae sit; hoop alles word uitgepluis sodat hulle berusting kan kry.
E.K.(vra net) goeie kommentaar. Hierdie vrae begin ook nou in my kop rondtuimel…….ek het nooit gedink dit kan moord wees nie, dalk n krokkedil, maar weet ook dat hy die gevare van die riviere sou ken. En ja…. groot vraag….waar is sy geweer?
Dankie, Ruan, die hele situasie maak nou baie meer sin na jou verduideliking. Daar was maar taamlike verwarrende berigte.
Wat ek nie verstaan. Scott is ‘n ervare jagter. Waarom is sy geweer in sy bakkie gevind?
Ek dink ook hy is vermoor
Alle sterkte aan hierdie man se gesin en familie. Dit moet bitter moeilik wees om te wag vir ‘n uitslag wat in elk geval reeds deur al die bespiegelings so ‘n tikkie ekstra trauma byvoeg. Baie baie sterkte.
As ervare jagter moes Hy nooit alleen na sy honde gaan soek het nie. Hierdie is die nuwe suid afrika. Toe kom die honde self terug.