Vermiste SA onnies in Viëtnam: ‘Dit raak al erger’

Coleen en John Bothma. (Foto: Verskaf)

Coleen Bothma ontvang per geleentheid ʼn telefoonboodskap om haar op hoogte te hou van die soektog na haar seun wat in Viëtnam verdwyn het.

Elke keer ʼn boodskap wat geen antwoorde bied oor waar haar kind dalk kan wees nie.

John Bothma (22) word sedert Mei vermis en nóg ʼn Suid-Afrikaner, Mushfiq Daniels (28), het in Julie in ook in die land verdwyn. Albei het in dié land skoolgehou.

Bothma ontvang onder meer boodskappe van Mushfiq se ouers wat onlangs self na hom gaan soek het. Mushfiq se ma, Faheema, is steeds in Viëtnam.

“Dít is my grootste begeerte. Om self te gaan kyk. Ek werk nou ekstra hard om geld te spaar. Ek wil in sy voetspore gaan stap. Ek wil gaan kyk waar het hy skoolgehou.

“Ek wil daar wees wanneer hulle hom kry,” vertel sy.

Mushfiq Daniels. (Foto: Facebook)

Sy het ook onlangs boodskappe ontvang dat Gift of the Givers help met die soektog na die twee jong mans. Sy moes egter in die media verneem dat die organisasie vermoed dat John en Mushfiq moontlik slagoffers van ʼn sindikaat kon wees wat organe oes.

eNCA berig dr. Imtiaz Sooliman, direkteur van die organisasie, vermoed onraad nadat hy verneem het dat die Viëtnamese regering vroeër vanjaar op ʼn massiewe orgaansmokkelsindikaat toegeslaan het. Volgens Sooliman is daar ʼn groot tekort aan orgaanskenkers in dié land en pas die twee jong mans se verdwyning moontlik in die patroon van só ʼn sindikaat.

“Dit het gevoel of my hart wil gaan staan toe ek dit lees, maar dit is nét bespiegelings,” sê sy. Dit is duidelik dat Bothma hoegenaamd nie aan dié moontlikheid wil dink nie.

Bothma vertel dat sy steeds wag vir die owerhede om John se bankstate vir haar te stuur om te sien of enige geld uit sy rekening onttrek is. Sy wag ook op terugvoer oor ʼn vergadering wat vandeesweek tussen die verskillende owerhede, onder meer Interpol en Gift of the Givers, sou plaasvind aangaande John en Mushfiq se verdwyning.

Já, dit help om te weet iemand soek na hom, maar dit is egter moeilik om hande gevou te staan en op ander te wag, verduidelik sy. “Dit raak al erger. Om nie te weet nie is die ergste. Dit is ʼn nagmerrie.”

Lees alle berigte op Maroela Media oor Johan en Mushfiq se verdwyning hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eunice ·

SOMS…het mense,nié ñ ánder keuse nie, POP!!
Obvious werk hy dáár,omdat daar nerenste anders werk is nie en sy ma kan seker nie bekostig, dat háár kind werkloos rondhang bydi huis nie..

BAIE BAIE STERKTE AAN BEIDE FAMILIES…DIT MOET VERSKRIKLIK WEES WAT JULLE BELEEF…my hart bloei vir julle

Nicola ·

Kan hulle nie maar n vondsinsameling stig vir die ouers dat hulle self na John kan kan gaan soek? Ek kan my net indink wat hulle tans deurgaan!!

wet ·

Ek weet nie. Miskien is dit soos daardie gevoel wanneer mens dink in spitsverkeer dat as mens sou uitklim en loop mens vinniger by die bestemming sal kom. Maar dis nie so nie. Wat gaan sy op haar eie kan doen in ´n vreemde land waar niemand niks weet of se nie?

Besorgde medemens ·

Ek sal ook bydrae aan so n fonds. Ek kry die familie so jammer. Laat weet as daar so iets is. Ek weet dit gaan dalk nie help nie, maar dit mag dalk bietjie gemoedsrus gee.

Besorgde medemens ·

Bank: Capitec

Account number: 1488 7570 87

Branch Code: 470010
Hier is die bankbesonderhede, het dit op n artikel gekry van Eyewitness news.

treurgrond ·

Stem saam – laat die ouers net gaan kyk – my hart huil hier binne in my.

Santie ·

Ag siestog, ek voel jammer vir die ouers en ek dink mens wil eerder probeer help soek as om niks te doen nie. Maar as Interpol hulle nog nie gekry het nie, sal sy ook nie kan nie. Bêre eerder die geld vir wanneer hy moet huistoe kom en ‘n vliegkaartjie benodig. Ons glo en vertrou die kinders sal veilig tuis kom.

Snowflake ·

Radio stasie, KFM het reeds skenking aan ma wat op die oomblik in Vietnam is gemaak, en fonds geskep…… sterkte aan die moeders

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.