“Dit is met leedwese en droefheid dat ons aankondig ons kollega, Herc Croeser, se liggaam is opgespoor. Sy liggaam is Woensdag in ʼn rivier in Tempere gevind,” het Metso, die maatskappy waarvoor Croeser gewerk het, in ʼn verklaring gesê.
“Ons gedagtes en ondersteuning is met die familie in die moeilike tyd. Metso sal voortgaan om die plaaslike owerheid in sy ondersoek by te staan.”
Ilta-Sanomat, ʼn nuuswebwerf in Finland, berig Croeser het vermoedelik in die water geval en kon nie weer uitkom nie. Die polisie vermoed nie vuilspel nie. Volgens die berig was dit Croeser se vierde besoek aan Finland.
Croeser het glo Donderdagaand 19:00 by ʼn nabygeleë kroeg gaan kuier. Op kringtelevisiebeeldmateriaal word hy saam met kollegas daar gesien. Hy is 22:00 weg by die kroeg waarna hy spoorloos verdwyn het. Hy was omstreeks 23:00 aktief op WhatsApp. Croeser was veronderstel om Saterdag 09:40 op die O.R. Tambo-lughawe te land ná sy reis, maar het nooit sy vlug in Finland gehaal nie.
Croeser laat sy vrou Rita en dogter Esti agter.
Ai, bitter jammer om nou die slegte nuus te lees. Baie Sterkte aan die familie!!!!!
Maroela Media, daar is n seun ook.. Sterkte aan Morne, sy Ma en sy suster. Julle is in ons gebede.
Maroela Media, daar is n seun ook.. Sterkte aan Morne, sy Ma en sy suster. Julle is in ons gebede.