Vermiste sakeman, assistent dood gevind

Argieffoto

ʼn Sakeman van Limpopo en sy assistent, wat albei Woensdag as vermis aangemeld is, is Donderdagmiddag dood gevind.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Salim Vali Patel (44) en sy assistent, Victor Baloyi (31), se liggame is gistermiddag in ʼn beboste gebied tussen die Morudjie- en Mavele-nedersettings buite Tzaneen gevind. Volgens Ngoepe het hul liggame tekens van “ʼn brutale aanranding” getoon.

Patel en Baloyi was Woensdag van Giyani na Nwajaheni op pad, maar het nooit by hul bestemming aangekom nie. Daar is later uitgevind dat die twee mans se voertuig gekaap is en ʼn soektog na die mans is van stapel gestuur.

Patel was ʼn sakeman van die Dzumeri-nedersetting buite Giyani en Baloyi was van die Rwanda-nedersetting buite Tzaneen afkomstig.

Die motief vir die mans se moord is nog nie bekend nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met meer inligting oor die saak word versoek om kol. Cecil Machimana by 082 451 7181 of Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anoniem ·

Die jaar was net vol moord en doodslag dis so tragies dat dit die jaar so gegaan het. N mens sou dink in die feesgety sal moord en doodslag afneem maar dit gaan aan en aan ek bid dat 2018 n jaar van liefde vrede en harmonie sal wees in hierdie land . HERE gee ons n hart vir hierdie land en sy mense .!!!!!

Cherokee ·

Jy is reg. Soveel van dit haal nie eens publikasie nie. Weet nie wie besluit watter moorde is beriggewing waardig en van watter daarvan weet slegs naasbestaandes en vriende. Half-uur gelede het ‘n Indiese vriendin aan my vertel dat Gerard, ‘n jong Indiër van Durban en sowat 21 jaar oud, gister in Maritzburg dood gesteek is met ‘n mes. Suid Afrika is in chaos. Mag 2018 positiewe verandering bring.

snoefie ·

brutale aanranding laat “vergelding” dadelik ,opkom. iemand wat onlangs uit die tronk of op parool of dalk nog verhoir afwagtend was? dis tyd dat die wet voorsiening maak vir eerlike burgers.

Johann Marx ·

Snoefie, jy is amper reg. Sit nog net die volgende aspek ook by: Gebiedsbeskerming….hierdie sakeman het moontlik ingemeng waar ‘n bestaande sakeman alreeds die “kontrakte” gekry het, en kompetisie sou die hele soustrein laat ontspoor………As jy in Afrika besigheid doen, en ‘n kompeterende besigheid ontstaan in jou gebied, begin jy nie dadelik om jou pryse aan te pas, spesiale aanbiedings te doen, jou produk keuses te verbreed of ‘n beter diens te lewer nie. Nee. Jy vat ‘n AK en gaan wis die “opposisie” uit. Dit dien dan ook sommer as waarskuwing vir ander sakemanne wat op jou “gebied” wou oortree.

Lollie ·

Jare terug het ons met oop deure geslaap en was veilig! Deesdae is jy nooit en nêrens veilig nie. Geen wonder almal wil emmigreer nie! Wonder waar lê die fout nou eintlik?!

Johann Marx ·

Lollie….as jy in ‘n wildtuin uitkamp en jou kampterrein is omhein (om die wilde- en roofdiere uit te hou) dan kan jy ook met jou deure en vensters oop slaap. Nou het ons ongelukkig daardie heining afgebreek, en loop die roofdiere los rond tussen ons, en verslind ons. Daar was eenkeer by ‘n dieretuin ‘n uitstalling genaamd “Vreedsame naasbestaan”…..en dit het ‘n hok gehad met ‘n leeu en ‘n lammetjie in. Toe die mense vir die kurator vra HOE hulle dit regkry dat die leeu en die lammetjie saam in dieselfde hok bly, was sy antwoord “Dis maklik…gooi net elke oggend ‘n vars lammetjie in!!” Die blankes van SA is in so ‘n hok….en steeds bly hulle glo dat “vreedsame naasbestaan” ‘n haalbare opsie is….

aloys ·

Ag wat Lollie , lank terug het ons in Nederland ook met oop deure geslaap maar het lank gelede een al te groot risiko geword.

Chilli ·

Ons het hierdie sakeman goed geken en dit wat Johann se is nogal n ding wat in ons koppe opkom. Besigheids “monopoly” is geweldig agressief die laaste tyd. En die manier hoe grafies die detail van hulle marteling was, spreek boek dele.

pieter ·

Waar Lollie en Johan daardie jare was da wet en orde en respek ,Dit het verander na wetteloosheid en gaos

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.