Vermiste sakeman se onthoofde lyk gevind

Robin Kemper. Foto: www.infovest.co.za

Twee verdagtes het Maandag in die Bellville-landdroshof verskyn in verband met die ontvoering van ʼn Kaapstadse sakeman wie se onthoofde liggaam Vrydag gevind is nadat hy enkele dae vroeër as vermis aangemeld is.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, het aan Maroela Media gesê Gary Peckham (37) en Hundra Wallendorf (32) het Maandag in die hof verskyn in verband met die moord op Robin Kemper. “Die aanklagte teen die verdagtes is nou moord, maar nog aanklagte kan in ʼn latere stadium byvoeg word,” het hy gesê.

Kemper, besturende direkteur van die sagtewaremaatskappy Infovest, se vrou het hom op 24 Oktober omstreeks 23:00 by die Rondebosch polisiestasie as vermis aangemeld.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn deeglike ondersoek deur speurders van die Rondebosch-polisie het gelei tot die inhegtenisneming van die twee verdagtes  op aanklagte van ontvoering. Hulle is aanvanklik by die polisiestasie aangehou vir ondervraging.

“Verdere inligting is ontvang oor die onthoofde lyk van ʼn man wat op 27 Oktober omstreeks 11:00 onder ʼn brug in Touwsrivier opgespoor is. Die twee verdagtes kon positief met die verdwyning van die vermiste persoon verbind word,” het Van Wyk gesê.

Die saak teen Peckham en Wallendorf is tot 24 November uitgestel.

Justin Wheatley, uitvoerende hoof van die StatPro-groep, waarvan Invofest ʼn Suid-Afrikaanse filiaal is, het in ʼn verklaring op dié groep se webtuiste gesê “die sinnelose tragedie” het hulle lam van skok en ongeloof gelaat.

“Robin was ʼn goeie vriend van my en ander in die StatPro-groep. Hy was ʼn suksesvolle entrepreneur en het talle besighede tot stand gebring. Hy was wyd gerespekteer. Ons staan Robin se familie op elke moontlike manier by. Ons betreur sy dood diep – hy sal baie gemis word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anoniem ·

Hoe doen ‘n mens so iets aan iemand anders? Nee magtig, bring terug die doodstraf! Sulke mense hoort nie in die samelewing nie!

Amanda ·

Ja en so sal dit maar aangaan. Gaan maar net tronk toe waar ek en jy vir die moordenaars se kos en verblyf betaal. Te lekker!!!

Johnnie ·

Ai so hartseer nou wonder ek net wat het van sy kop geword. My innige simpatie aan sy famielie.

christa ·

nee as die doodstraf moet terug kom is die blankes die enigste wat sal sterf. Dis mos duidelik aan die doodskis saak. Daar kan mos nie logies gedink word wanneer witmense gestraf moet word nie. Sake soos die maak die mense opstandig en hatig.

Theresa ·

Wat ‘n tragedie! Simpatie aan familie en vriende. Skokkend.

Denise ·

Dit raak net erger en niks gebeur met die moordenaars nie iets sal ons moet doen dit kan nie so aangan nie ??????? Dit is onskuldige mense wat elke dag vermoor word!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.