Vermiste sangeres gevind

Monique Trollip (Foto: Monique Trollip, Facebook))

Monique Trollip, die plaaslike sangeres van Bloemfontein wat Maandagmiddag verdwyn het, is gevind.

Volgens haar broer, Wayne Trollip, is Monique Dinsdag laatoggend by Beaufort-Wes in die Wes-Kaap gekry.

“Haar motor is langs die pad gevind. Sy was in die motor,” sê Wayne. “Volgens die polisie lyk sy orraait, maar sy is bewerig.”

Monique is Maandagmiddag die laaste keer by haar huis in Generaal de Wet in Bloemfontein gesien toe sy winkel toe is. Maroela Media het vroeër berig sy het haar selfone by die huis gelos en met haar oranje-goudkleurige Chevy Spark winkel toe gery.

Toe sy ure later nie teruggekeer het huis toe nie, het haar gesin ʼn soektog na haar begin. Sy is ook by die polisie as vermis aangemeld.

Volgens Wayne het die polisie op kringtelevisiebeeldmateriaal afgekom wat wys dat Monique se motor Maandagaand buite Colesberg – sowat 235 km van Bloemfontein – opgemerk is.

Die gesin is nou op pad na Beaufort-Wes en sal later meer inligting hê oor waar Monique haar bevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.