Vermiste sersant se dienspistool ook weg

Michael van der Watt.

Die soektog na sers. Michael van der Watt (35) van die Motherwell-taktiesereaksie-eenheid in die Oos-Kaap duur voort.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het Woensdag aan Maroela Media gesê die soekspanne het op sy fiets afgekom naby die Van Stadensbrug op die N2 buite Port Elizabeth.

Naidu het gesê daar is vandag nog geen nuwe leidrade nie. “Spanne gaan bloot aan waar ons gister die soektog afgelas het by die Van Stadensrivierkloof.

“Die fiets is in ʼn digte bos opgespoor aan die oorkant van die pad naby die brug. Iemand sou dit daarheen moes dra,” het Naidu gesê.

Lede van die polisie en die gemeenskap het saam op die fiets afgekom gedurende ʼn soektog te voet.

Maroela Media het vroeër berig Van der Watt het Sondag vermis geraak. Hy is laas gesien deur ʼn kollega wat hom Sondagoggend ná ʼn nagskof by die huis gaan aflaai het.

Naidu het aan Maroela Media verduidelik dat Van der Watt se vrou vir die langnaweek weg was saam met haar ouers en eers Maandag weer tuis gekom het. “Sy het gesien sy beursie en selfoon was in die huis, maar sy fiets en dienspistool was weg. Sy het hom toe as vermis aangemeld omdat sy laat Sondagaand laas van hom gehoor het.”

Volgens Naidu het bure beweer hulle het Maandagoggend iemand in fietsryklere die huis sien verlaat. Die polisie het mense met inligting gevra om die Kabega Park-polisiestasie by 041 397 6801/02 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leonie ·

Ai dis nie lekker nie. Hoop hulle kry hom vining en dat hy ok is. Sterkte aan die familie.

Scalla ·

Almal moet seker positief bly maar iets hier klink nie lekker nie, jy kan dink wat jy wil, maar nie se wat jy wil nie, sterkte aan die gesin in die tyd.

Kootjie ·

Probeer al vir n week om nuus oop te maak op app. Het nuus kon kyk sedert Maroela nuus as app afgelaai kon word

Janie Monsieur ·

Dagsê Kootjie,
Dankie vir jou kommentaar. Ons is jammer om te hoor jy sukkel en wil jou help om dit so vinnig as moontlik op te los.
Vul asseblief hierdie vorm in sodat ons tegniese span jou probleem kan identifiseer en hanteer: https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSd6xIV0KlytXMVcrYfa-lDTvQawbGdIQ-lXgcV709p0YKs-QA/viewform .
Indien jy daarna steeds nie regkom nie, stuur asseblief ‘n e-pos met ‘n beskrywing van jou probleem aan [email protected].

Ons hoop ons sal so die probleem spoedig kan oplos.

Groetnis
Janie nms. Maorela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.