Vermiste sersant se fiets dalk gevind

Michael van der Watt.

Die soektog na sers. Michael van der Watt (35) van die Motherwell-taktiesereaksie-eenheid in die Oos-Kaap gaan steeds voort.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die soekspanne het op ʼn fiets afgekom by die Van Standensbrug op die N2 buite Port Elizabeth. “Ons kan nog nie bevestig dat dit wel sy fiets is nie. Ons forensiese span is steeds besig om dit te probeer vasstel,” het Naidu gesê.

Naidu het vroeg Woensdagoggend gesê hulle fynkam in hierdie stadium al die groot fietsryroetes in die hoop om ʼn positiewe leidraad daar te kry. “Die gebied is baie groot en die bosse baie dig. Die gemeenskap is ongelooflik – soveel mense het al ingespring om na Michael te help soek. Ons soek nou in ʼn wyer area, veral in die omgewing van die Van Stadensbrug,” het Naidu gesê.

Naidu het ook gerugte dat die soektog afgelas is ten sterkste ontken. “Ek staan hier op die toneel.” Sy het gesê hulle volg enige inligting op.

Maroela Media het vroeër berig Van der Watt het Sondag vermis geraak. Hy is laas gesien deur ʼn kollega wat hom Sondagoggend ná ʼn nagskof by die huis gaan aflaai het. Hy is as vermis aangemeld deur sy vrou wat nog nie sedert Sondagaand van hom gehoor het nie.

Volgens Naidu het bure beweer hulle het Maandagoggend iemand in fietsryklere die huis sien verlaat. Van der Watt se fiets is ook vermis, maar al sy persoonlike items soos sy selfoon is by die huis.

Die polisie het mense met inligting gevra om die Kabega Park-polisiestasie by 041 397 6801/02 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

wilma ·

Is dit dieselfde Van Stadensbrug waar selfdode al plaasgevind het?

Marisa ·

Ja. Selfmoorde was nog al die jare sedert die brug voltooi is ‘n groot probleem.

Pendoring ·

Van Stadens brug: – Dit klink nie goed nie. Het hulle enige iets op die kameras gesien? Die brug is baie berug.

koekie ·

Die plek waar die fiets gekry is, is by die van stadensrivier gorge… Dis n hele entjie van die brug af waar die mense gewoonlik afspring.

Okay, jammer ·

Hoekom sê die artikel dan VAN STADENSBRUG. want as ek en jy, koekie, dieselfde inligting het, wil ek net sê dit is die BRUG!:(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.