Vermiste sesjarige se liggaam gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Cradock in die Oos-Kaap ondersoek die grusame moord van ʼn sesjarige seun.

“Sy liggaam is Dinsdag in ʼn oop erf in Lingelihle in Cradock opgespoor,” het ao Louis Stone, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Hy het glo Maandagmiddag saam met sy maatjie gespeel toe ʼn onbekende persoon hulle genader en kos aangebied het.”

Volgens Stone het die maatjie weggehardloop en die slagoffer se ouers in kennis gestel dat hul seun verdwyn het. Sy ouers het hom as vermis aangemeld toe hulle hom nie kon opspoor nie.

“Sy liggaam is Dinsdagoggend omstreeks 10:00 in die erf aangetref,” het Stone bygevoeg. “Hy het verskeie meswonde in sy rug.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SNEL ·

My hart is sommer seer, n onskuldige kind wat beskerm moet word deur volwassenis, is juis deur n volwassene vermoor. Hoe ongevoelig en wreed moet mens wees om so iets aan n kind te doen en om ouers se kind so van hulle af te vat. Hoop die skuim word gevang. Sterkte aan die ouers!!!

Nadia Verster ·

Hoekom? Hoekom? Hoekom? Dit breek my hart! Watter siek, bose, barbaar doen so iets aan ‘n onskuldige kind?

pop ·

Nadia dit moet n baie sterk barbaar wees om n kindjie van 6 aan te vat. Om nie eers te praat van braaf nie

Theresa ·

Jou siek gemors. Hoop die gemeenskap neem reg in eie hande as hulle jou kry…….en hulle sal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.