Vermiste seun (10) ná week lewend gevind

Die ongebruikte drein waar die seun lewend gevind is. Foto: SAPD

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat ʼn 10-jarige seun wat ʼn week gelede vermis geraak het, lewend in ʼn drein gevind is.

Die polisie in Noordwes het in ʼn verklaring gesê die seun van Itsoseng is as vermis by die polisie aangemeld nadat hy op 25 Augustus skool toe is, maar nie teruggekeer het nie.

ʼn Soektog na die seun is van stapel gestuur. Kort daarna het die seun se ontvoerder sy familie genader en ʼn losprys vir sy vrylating geëis. Die polisie kon daarin slaag om die ontvoerder se ligging na te spoor en hy is Vrydag in hegtenis geneem.

Die verdagte het die polisie gaan wys waar hy die seun gevange hou en die kind is in ʼn ongebruikte drein in die Verdwaal-nedersetting naby Itsoseng gevind. Die seun was steeds lewend, maar moes mediese behandeling ontvang.

Die 22-jarige verdagte sal Maandag in die Itsoseng-landdroshof op aanklagte van ontvoering en poging tot moord verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

snoefie ·

dank die Vader. gelukkuge kind, gelukkige ouers. mag hy gou aansterk

pbotha ·

afgryslik om net daaraan te dink! mag die Here hierdie kind toevou in liefde

Lida ·

Hierdie is ontvoering en nie poging tot moord nie maar die boer word met n pik aangeval en dis roof. Die SAPD defineer dit heeltemal verkeerd. As ienand met n pik aangeval word wil jy mos die mens doodmaak of hoe?

snoefie ·

ten minste aanranding met die doel on ernstig te beseer. maar mo.r nou n beweerde kabeldief en betreder met jou vuik voordat jy hom in n mis indruk….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.