Vermiste seun se liggaam gevind

Foto: Facebook.

Die soektog na die 16-jarige tienerseun wat sedert Maandagmiddag vermis was nadat hy in die see by Blythedale-strand aan die KwaZulu-Natalse kus verdwyn het, het Woensdagmiddag tragies geëindig.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, het gesê dié nooddiens, lewensredders van Kwadukuza, asook polisielede het Donderdag oproepe ontvang van KwaduKuza‑lewensredders by Zinkwazi-strand dat ʼn lid van die publiek ʼn liggaam sowat een km noord van die Zinkwazi-skibootklub gewaar het.

“Sy liggaam het sowat twee km noord van Zinkwasi-strand uitgespoel,” het Herbst gesê.

Volgens hom is hulle tans besig om die liggaam van die toneel te verwyder en  aan die plaaslike owerhede te oorhandig.

Maroela Media het vroeër berig die soektog na die seun is Dinsdag en Woensdag voortgesit ten spyte van ongure weerstoestande.

Die seun het Maandag omstreeks 17:00 in die see by die Blythedale-strand geswem toe hy blykbaar in die moeilikheid beland het.

ʼn Polisiebeampte wat nie aan diens was nie, het gesien hoe die leerder van die woonbuurt Gledhow by Stanger, sowat vyf km van die kus af, deur die see ingetrek word. Die beampte het IPSS sowel as die plaaslike brand-en-reddingsdiens daarvan in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Blommie ·

Hoekom het die polisiebeampte nie gehelp nie.
Wanneer iemand in die water in moeilikheid beland moet mens dadelik optree en ek praat nie van mense bel wat uitkom nie…
Word beamotes nie geleer om mense te red nie. Dis baie jammer en sterkte aan die gesin, RIV.

Eve ·

Polisiebeampte was nie aan diens nie… die man het dit moontlik te letterlik opgevat

Vogue ·

Tipies? En way het jy vandag gedoen wat nie tipies is? Jy is tipies SA mentaliteit

Vogue ·

Tipies? En wat het jy vandag gedoen behalwe om tipies kommentaar te lewe?

Essa ·

Nee toe nou, wat moet ‘n polisiebeampte doen om iemand uit die see te red, anders as om die regte nooddienste uit te roep. Nee mense, wees realisties. Polisie tree op teen misdaad, is nie noodwendig gereed vir see-reddings nie. Simpatie met die seun se familie vir hulle verlies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.