Vermiste seun se liggaam gevind

Argieffoto

Argieffoto

‘n Sewejarige seun van Deneysville in die Vrystaat wat die naweek saam met ‘n vriend vermis geraak het, se liggaam is gevind.

“Die polisie het sy liggaam by die Vaaldam gevind,” het kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, gesê.

Twee seuns, Bongani Mosia en Nthako Thithi, is as vermis aangegee nadat hulle omstreeks 17:00 Saterdag die laaste keer gesien is waar hulle onder ‘n brug in Refengkgotso naby Deneysville gespeel het. Hulle is albei sewe jaar oud.

Die polisie het intussen Sondag twee mans, 21 en 32 jaar oud, in hegtenis geneem in verband met die seuns se verdwyning.

Mbambo sê die soektog na die ander seun is Maandagmiddag afgelas toe dit begin donker word het. Die soektog sal Dinsdagoggend voortgesit word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.