“Die polisie het sy liggaam by die Vaaldam gevind,” het kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, gesê.
Twee seuns, Bongani Mosia en Nthako Thithi, is as vermis aangegee nadat hulle omstreeks 17:00 Saterdag die laaste keer gesien is waar hulle onder ‘n brug in Refengkgotso naby Deneysville gespeel het. Hulle is albei sewe jaar oud.
Die polisie het intussen Sondag twee mans, 21 en 32 jaar oud, in hegtenis geneem in verband met die seuns se verdwyning.
Mbambo sê die soektog na die ander seun is Maandagmiddag afgelas toe dit begin donker word het. Die soektog sal Dinsdagoggend voortgesit word.