Vermiste seun se oorskot gevind

Andile Fihla. Foto: Verskaf

ʼn Man (28) het Pietermaritzburg se polisie na die kop en onthoofde liggaam van ʼn elfjarige seun gelei wat voorverlede Vrydag as vermis aangemeld is.

Kol. Thembeka Mbele, KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder, sê die verdagte het hom Dinsdag aan die polisie oorgegee, waarna hulle hom in hegtenis geneem het. Hy het hulle na ʼn bosagtige gebied by Bluebellrylaan in Northdale aan die stad se noordelike buitewyke gelei.

“Die kop [van die seun] is onder ʼn rots gevind wat met klere bedek was,” sê Mbele. “Die polisie is toe verder na ʼn ander beboste plek, waar die seun se ontbinde liggaam gekry is.”

Sy sê die verdagte kom binnekort in Pietermaritzburg se landdroshof voor.

Die elfjarige Andile Fihla is laas omstreeks 07:30 op Vrydag 9 November gesien. Hy was in die geselskap van sy suster op pad na die Umsilinga Primary School in Copesville, sowat 1,5 km van waar sy oorskot gevind is.

Hulle het sy suster aangesê om aan te hou skool toe stap; haar broer sou binnekort daar wees.

“Terwyl hulle te voet onderweg was,” het Mbele vroeër gesê, “het ʼn man wat hulle albei ken sowel as ʼn vriend van hom wat in die omgewing woon, die kinders voorgekeer om met Andile te gesels. Hulle het sy suster aangesê om aan te hou skool toe stap; haar broer sou binnekort daar wees.”

ʼn Inwoner het gesien wat gebeur en Andile se ma laat weet, het Mbele gesê. “Die bekommerde ma het die skool gebel, maar moes hoor haar seun het nooit daardie oggend opgedaag nie. Die saak is by die polisie aangemeld.”

Beamptes van die Mountain Rise-polisiestasie se soektog na die seun het niks opgelewer nie tot die verdagte hom kom oorgee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elene ·

Dit is soooo aaklig mens kan dit omtrent nie inneem nie. So n pragtige jong seun

Leser ·

Daardie arme kind!! Was dit nou regtig nodig? Ek hoop geregtigheid geskied hier. Mense is siek man…

Klippie ·

Die doodstraf moet terug bring word – dit is al wat gaan werk !! Die arme kind wat onskuldig vermoor is!! Baie hartseer – sterkte aan die ouers en familie!

Geregtigheid ·

SA se straf regstelsel is onvoldoende. Doodstraf moet weer ingestel word. Strawwer wette moet ingebring word. Die wette soos dit is en toegepas word is n groot grap!

Sheryah ·

Dis absoluut veskriklik! – Sterkte aan die gesin en RIV Andile Fihla, So jammer dat jou jong lewe op so tragiese manier tot ‘n einde moes kom… My hart huil vandag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.