Vermiste seuns dood aangetref

Onalenna Molehabangwe en Gontse Cholo.

Die twee jong seuns wat Dinsdag uit ʼn parkie in Mahikeng, Noordwes, verdwyn het, se liggame is gevind.

Volgens sers. Lesedi Dingoko, woordvoerder van die polisie, is die liggame van Onalenna Molehabangwe en Gontse Cholo, albei tien jaar oud, in ʼn swembad by een van die huise in Imperial Reserve in Mahikeng gevind.

Dingoko het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek word in dié stadium gedoen. Die polisie het vroeër gesê hulle vermoed die seuns is uit die parkie ontvoer.

Die seuns het in ʼn parkie in Montshiwa, ʼn uitbreiding van Mahikeng, saam met nog ʼn maat gespeel toe dié twee glo deur drie mans met ʼn pak aartappelskyfies na ʼn Volkswagen Polo-motor gelok is.

Die verdagtes het die seuns na bewering gegryp waarna hulle in die kattebak van die motor ingeboender is. Die verdagtes het met die seuns weggejaag, het Dingoko vroeër gesê.

Albei was leerders aan die Podile Primary School in die Ramosadi-nedersetting in die omgewing.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het haar medelye met die seuns se families uitgespreek en ʼn beroep op lede van die gemeenskap gedoen om kalm te bly en die polisie die geleentheid te gee om ʼn deeglike ondersoek na die voorval te doen.

Enigeen met inligting in verband met die voorval kan kapt. Manko Tiroyabone by 076 529 5066 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

willem Botha ·

Dit is regtig hartseer dat kinders nie meer veilig is in n parkie nie , en met die afwesigheid van regte polisie is dit seker ons voorland.

Alida ·

Die SAPD kan nie ORAL wees nie en dis nie hulle werk om kinders op te pas nie.

Lukas van Zyl ·

Ag Willem Botha asseblief! Die hele polisiemag is nie so useless soos jy wil voorgee nie, daar is goeies ook. En mense kan nie kinders kry en verwag die polisie moet hul oppas nie. Dis die ouers se plig!!!

willem Botha ·

Alida wat is hulle werk dan want as jy na hulle statistieke kyk kan hulle net so wel onbind word dit kan nie slegter gaan nie nou is hulle net n onodige uitgawe vir die belastingbetaler.

Sarie ·

Hulle is useless en ongelukkig betrokke by baie kriminele dade. Daar is ‘n handjievol wat hulle werk nog doen, maar nie meer vir lank nie.

Lee-Anna ·

Hoe dit okal sy, help veel ons het polisie beamptes wat hulle werk doen maar ons wetgewing is aan die krimineel se kant…. As ek polisiebeampte was en ek arresteer iemand nou net om twee weke later hom weer op straat te sien (skotvry) sal ek ook moedeloos raak en geen trots in my werk vind.

Sonsie ·

Soos dinge deesdae staan lyk dit vir my of mens nerens meer veilig is nie die bybel se mens mag nie n lewe neem nie maar kyk wat gaan aan dit is dood op moord op moord op dood nee wragtig ek verstaan die polisie kan nie orals wees nie maar sjoe sulke moordenaars moet gevang en gevonnis word ons land is ongelukkig glad nie streng in die geval nie *my persoonlike opinie*

Joe ·

Dit is verskriklik dat kinders in ons samelewing so geteiken word. Nie net kinders nie; ou mensies, vroue selfs diere word sonder genade gemartel en vermoor. Die siekte het geen kleur of ras nie, die kwesbaarste in ons samelewing word nie beskerm nie. Politieke leiers het eie agendas vir persoonlike gewin totdat so tragedie met hulle gebeur dan word dit vir n rukkie aan die groot klok gehang.

ES ·

Hoekom twee onskuldige kinders vermoor? Vir watter rede? Absoluut sinneloos!

willem Botha ·

Nee Lukas,dit is allerdaags dat kinders wat in parkies speel en ontvoer en dood gekry word tipies hoe die “polisie”sou reageer

Lukas van Zyl ·

Willem Botha wat? Lees jy ooit die goed deur voor jy stuur druk?

Snoopie ·

Moord en doodslag, van kleine kind tot gryse mens het n volkspele geraak in Suid -Afrika!! Asof so iets algemeen in die res van die Wereld is. DIT IS NIE!!! Suid -Afrika is tans tops die mees geweldadigste Land op hierdie Planeet!! Ek kan nie eens se, slaap rustig nie. Ek kan nie eens se “sien jou more nie” In teenstryd met die res van die Wereld, mag ek se. I hope your death will be fast, and not a torture!!!!!!

Marinda ·

Condolences to the family of these two boys.

May the truth be revealed as to what really happened with them.

Meira ·

Dit is so vreeslik hartseer. Ek kan nie dink waardeur daardie ouers moet gaan nie. Ek dink aan julle in hierdie onvergeetlike tyd.

HARTSEER ·

My hart gaan uit na die ouers en familie van die kinders. Hoekom wil ń mens vra? Twee onskuldige kinders. Enige iemand wat iemand seer maak, jy is nie cool of ń man/vrou nie. Jy is ń flippen lafaard. Jy is ń idioot en ek hoop regtig jul word gevang of daar gebeur iets met julle.

TN ·

Vind die drie mans , maak seker dat dit wel hulle is en gee hulle aan die publiek ; dinge in hierdie land kan nie so voortgaan nie !

Lee ·

Ai dis so hartseer. Ons het regtig ‘n siek land. Baie sterkte aan die ouers dis verskriklik. Wat het geword van “visible policing”??? Daar sal minder van die gevalle wees as die polisie en metro polisie hulle werk begin doen!!

Landi ·

METROpolisie kry mens net in ‘n metro-munsispaliteit. Kleiner stede en dorpe het net polisie, soms verkeerspolisie.

anti willem en foutvinderige al wetende mense ·

Willem jy het op als iets negatief te se, wat is fout in jou lewe dat jy als en almal so afkraak, kyk in die spieel vir ‘n slag

willem Botha ·

Gladnie,as jy oplet sal jy sien ek is negatief oor die regering en veral die polisie en afrikaners wat nie kan saamstaan nie maar baie positief oor Afriforum/Solidariteit,Akademia en n geleentheid vir selfbeskikking soos enige ander volk in die wereld.Ek hou egter by my opinie die polisie is useless en kan gemeet word aan die misdaad wat seker naby aan die hoogste ter wereld is.

Spook ·

Ja nee okay ons het nou maar altyd daaaaaaai een suid afrikaner in elke gesprek. Baie hartseer sake die mense, ongelooflik hartseer en kommerwekkend. Baie sterkte aan almal betrokke

Arsène Lupin ·

Dit is baie tragies, en so onnodig.
As kinders is ons geleer om nie sweeties by vreemde mense te vatnie – en het ek my kinders dit ook geleer.
Ek verstaan dat ouers werk, en nie altyd orals kan weesnie – maar tye het verander, jy kannie meer toelaat dat jou kinders by ‘n parkie alleen gaan speelnie. Daar moet altyd ‘n volwasse saam wees – iemand wat jy en jou kind wees, wat jy weet jy kan vertrou.
Ek sidder as ek sien hoeveel klein kindertjies daagliks sonder ‘n ouer/volwasse persoon verby my huis loop na die Spaza winkel om brood te gaan koop, Hoekom stuur die ouers die kinders alleen uit – wat gaan hy/sy maak as daai kind nie weer huistoe komnie – die straat voor die Spaza ook kom opkap?

GM ·

Ek dink nou weer Willem het geldige punte gemaak. 1. Dit is hartseer dat kinders nêrens meer veilig is nie.
2. Dinge sou beter gegaan het as die polisie mag gehad het oor die kriminele, maar die kriminele is vreesloos want hulle weet dat die polisie niks aan hulle mag doen nie. Dan is daar natuurlik ook soveel korrupte polisielede, die bietjie wat wel ‘n verskil probeer maak, se pogings is eintlik maar tevergeefs (so voel dit).
MAAR dan moet ek ook bysê dat dit nie die polisie se werk is om ander se kinders op te pas nie. Die ouers weet in watse tipe land ons bly, kon hul nie maar ‘n werklose vriend of vriendin gekry het om ‘n ogie te hou as hul dit nie self kon doen nie?

Op 10 behoort mens ook al te weet om nie goed van vreemdes te vat nie, dalk was die ontvoerders aan hulle bekend?
Hulle noem dat die twee saam met nog ‘n maatjie gespeel het, hoekom is net dié twee ontvoer en nie die derde kind ook nie?

Rus in vrede kinders.

eina ·

Ai tog wou seker gaan swem soos enige seun van daardie ouderdom, en oe verdrink, hartseer….

brens ·

Hulle het beslis nie gaan swemmmm nie!! hulle is ontvoer; en gedump na wat ook al gebeur het; sterkte aan die ouers; mag die vieslike skelms gevang word.

Zorro ·

Daar is nog geen bewyse nie. Net stories. Die swembad en parkie is maar 1 km uit mekaar. Kinders kon maklik geloop het soontoe. Ontvoerders sou sekerlik verder gery het van hulle ontvoerpunt af. Die storie oor die lok met chips klink dun. Die post mortem gaan wys of hulle verdrink het en of hulle vermoor is. Kom ons wag maar vir die waarheid om uit te kom.

Cheryl ·

Dit is verskriklik hartseer. Sterkte aan die ouers, hulle hele lewe het nog voorgele

Sue ·

My hart is eintlik baie baie seer. Ongeag die feit dat dit nie wit kinders is nie. My eie kind is 10. Dis so maklik soos dit. Ek voel sommer die dood hang in die lug. Siek mense van hierdie wereld.

Trudy Botha ·

Satan loop nou soos n brullende leeu op die aarde want sy tyd loop uit. Wees waaksaam!!

Trudy Botha ·

Satan loop soos n brullende leeu want sy tyd op aarde loop uit. Niks en niemand word ontsien nie. Dis bitter hartseer! Wees waaksaam en veilig. Pas mekaar op!

leser ·

lt gen baile motswenyane, jy was geweldig GELUKKIG oor die vonnis van die coligny 2, noudat 2 van jou mense dood is, is jy baie hartseer, wat dink jy van die hartseer wat ons het oor jou “gelukkigheid”, ek wil niks liewer se oor die wiel wat draai nie

Haibo ·

Ja en hulle is onskuldig tronktoe gestuur . so ja .. ongelukkig draai die wiel en onskuldige kinders moet daaronder ly.

DOODSTRAF ·

Enigste manier hoe mense weer respek gaan kry vir ‘n ander se lewe is deur die doodstraf terug te bring. Die mense kom letterlik en figuurlik weg met moord, omdat daar geen straf meer is vir moord nie.

Andre ·

Misdaad in hierdie land is lankal al totaal buite beheer. Die misdade teen kinders neem by die dag toe want effektiewe polisiering en regspleging bestaan nie

E.K. die eerste ·

Soos in hierdie berig en ook in die een oor Corlea Btha se foto en hope ander val mense mekaar persoonlik aan ten spyte van sogenaamde reels daarteen. Dis nie asof hier nie genoeg moord en doodslag en onaangenaamdhede in die land is nie, nou moet mense nog op forums ook onaangenaam wees. Ai tog

toy ·

Om te dink jy maak iemand dood sommer net vir die lekkerte. Hoe wreed moet ‘n mens nie wees om so iets te doen.

LD ·

Ek stem vir die doodstraf!! Dis al hoe die dinge gaan einde kry!! En vir die wat sê “dink 2 keer, agv. di Coligny saak, die doodskis saak en die perongeluk iemand doodskiet en gedink dis ñ vark saak ens” moet eerder dink aan 1. hoeveel blankes is daar wat iemand dood skiet uit self verdediging? 2. hoeveel blankes is daar wat sommer net moor vir niks of ñ selfoon, iets van min waarde? Teenoor al die baie plaasmoorde en sommer moorde teenoor blankes in dorps gebiede! Die paar moorde wat gepleeg is deur blank teenoor swart is bitter min teenoor die hoeveelheid moorde wat teenoor ons blankes uitgevoer word! Jammer vir die blankes wat tans tereg staan vir moord of poging tot moord teenoor swart, maar ek sê nou vir julle, as die doodstraf terug is, sal elkeen 2× keer dink voor ons iets doen en ek praat van wit en swart! En veral die wat sulke simpel goed doen soos die doodskis storie! En sodra almal 2 keer dink voor hulle iets doen sal die moord statistiek baie minder wees!! Dis net my mening?

Cherokee ·

Blondie…Blondie…Blondie… in Mexico City het een inwoner vir ‘n ander gesê dat Mexiko besig is om soos Suid Afrika te raak.

PieterJohannes ·

Ons weet nog baie min van die omstandighede maar moontlik sal dit weer ‘n geval van ‘Muti’ moorde wees. Wat ookal die omstandighede of detail, dit is baie hartseer dat kinders wat gesond was, se lewens op so ‘n wyse kort geknip is. Geen kind mag so wreed vermoor word nie. Die polisie en die gemeenskap moet gesamentlik verantwoordelikheid aanvaar vir die toename in misdaad in SA. Ek was ‘n paar jaar gelede in Skotland en was verstom hoe die hele samelewing na die kinders kyk. Selfs na middernag saans! Ek het twee klein kinders alleen in ‘n groot park sien speel sonder toesig. Met verbasing het ek die Skotte daarna uitgevra. Hulle antwoord aan my was dat almal na die kinders kyk en dat hulle niks sal oorkom nie. Wat vir my die hartseerste is , is dat ons as ‘n Christen land bekend staan en Skotland lank nie meer nie.

Erica ·

Hierdie breek my hart, hoe kan iemand so wreed wees. Mag die moordenaars gevang word en aanspreeklik gehou word. Dit is so sinneloos,

Stripes ·

Alles spekulasie op die stadium. Hulle weet nie hoe die kinders dood is nie. Laat hulle die ondersoek voltooi dan weet ons almal wat die omstandighede rondom hulle dood is.

Ronel ·

Ek wens mense wil ophou om mekaar te kritiseer en eerder saamstaan as ‘n gemeenskap! Dit is mos wat ons is. Reenboognasie. Dit is nie die Polisie se werk om jou kind op te pas nie en ouers weet tog om nie hulle kinders alleen te los of te laat loop in strate en alleen wees nie. Speel in parke moet ouers bywees, veral in vandag se dae!

Tienie ·

Ek het NOG NOOIT ‘n Reenboog met n WIT en of swart streep/lyn in gesien nie…..

Tokkolos ·

Jong niks is nog bevestig met kids se oorsaak van dood nie
Stenig my nou maar
Ek dink die twee het swembad gesien en een het in moeilikheid geraak en ander wou dalk help
Maar kom ons kyk of die article n opvolg gaan he
En nadoodse ondersoek van tipe beserings hul opgedoen het
Se maar net

Rikku ·

Nie eers ons Kinders is veilig in die land nie. Dit is so tragies. Hulle was net Seuntjies gewees. Wie kan so harteloos wees om Kinders leed aan te doen.
My medelye vir die Ouers, ons huil saam met julle.

Kiano ·

Ek hoop die skuldiges gaan gou vasgevat en mee afgereken word in die tronk want die howe beskerm hulle mos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.