Vermiste seuntjie ná 3 dae gevind

Sers. Clinton Odayar en sy snuffelhond, Danté, help met die soektog. Foto: SAPD

Sers. Clinton Odayar en sy snuffelhond, Danté, help met die soektog. Foto: SAPD

ʼn Polisiesoektog na ʼn 18-maande oue seuntjie het ʼn gelukkige einde gehad toe hy ná drie dae lewend gevind is.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse polisie, het gesê polisiebeamptes is Saterdag na ʼn huis in Lindelani in Ntuzuma ontbied nadat die peuter uit sy ouerhuis vermis geraak het.

“Sers. Clinton Odayar het met behulp van sy snuffelhond, Danté, gehelp om oor die volgende paar dae na Samkelo Cele te soek,” het Zwane gesê. “Dinsdag omstreeks 10:00 het Odayar en Danté die kind opgespoor waar hy onder bosse in ʼn diep sloot gelê het. Hy was lewend en het net daar gelê en wag op hulp.”

Volgens Zwane is die kind na ʼn hospitaal geneem, maar was hy gelukkig nie ernstig beseer nie. Hy is reeds met sy ouers herenig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gesiggie ·

Wat n wonderlikke… ongelooflikke… wonderwerk, dankie aan die Egele daar bo en aan die pragtigge hond Dante en sy baas Odayar vir jul puik werk, ek dink hierdie seuntjie se naam moet verander word na Dante … ek is so bly dat hy gespaar is, mag hy gou herstel en nooit weer afdwaal van sy huis. Dankie tog vir hierdie mooi einde van n storie. Ouers pas jul kinders op hul is kosbaar.

Karolis ·

Puik werk Clinton en Dante. Min verhale van hierdie aard met ‘n gelukkige einde.

tamboti ·

Karolis, saam met jou bly en ook vir die kind en familie, verseker Goddelike hulp!

AvrilS ·

Al die eer aan God.
Dit maak nie saak of die kind wit of swart is nie, hy bly kosbaar.
Kinders is n geskenk van God.

MakiSaki ·

Avril, as dit nie saak maak nie, hoekom noem jy dit dan? Dit klink baie soos iemand wat sê : “Ek wil nou nie skinder nie, maar…” en dan skinder hulle.

Dit is beslis n wonderwerk dat die baba nog aan die lewe is na so lank, sonder enige erenstige beserings.

Tania ·

Dante lyk baie gelukkig en ek hoop hy het ‘n baie lekker bederf gekry.

E.K. ·

Bly dit het goed afgeloop. Been vir Dante en Bells vir Odayar!

Sue ·

Wonderlike goeie nuus. Mag die polisiebeamptes van krag tot krag gaan ten spyte van hul omstandighede.

Theresa ·

Dankie tog vir volgehoue soektog! Mooi so Dante – oubaas se honne!!! Ook natuurlik dankie, sers. Clinton – mooi werk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.