Vermiste sjef gevind nadat motor in sand vasval

Steven Chris Kruger se motor het in die sand by ‘n bouterrein vasgeval. (Foto: Rusa)

’n Man van Ballito in KwaZulu-Natal is Dinsdag veilig gevind nadat sy familie bekommerd geraak het toe hy nie Maandag teruggekeer het huis toe nie. ’n Soektog is van stapel gestuur en Steven Chris Kruger is eindelik gevind waar sy motor in die sand by ’n bouterrein vasgeval het.

Kruger (36) was gedehidreer en het sy rug beseer soos hy vermoedelik deurnag gespook het om sy motor uit die sand te kry.

Kruger werk as sjef by die Ballito Lifestyle Centre.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê Kruger het sy selfoon by sy huis in Ballito gelos toe hy Maandag omstreeks 16:30 in sy wit Mazda2 daar weg is om by ’n bouterrein in die omgewing te gaan teiken skiet. Hy het egter nie weer huis toe gekeer nie.

Steven Chris Kruger (Foto: Verskaf deur Rusa)

’n Helikopter van Rusa is vanoggend ingespan om na Kruger te gaan soek aangesien die omgewing waar Kruger gaan teiken skiet het tans onbegaanbaar is weens swaar reën wat Maandagaand uitgesak het.

Dit is toe dat hulle Kruger se voertuig vanoggend in die sand by die bouterrein opgemerk het. Kruger het langs die motor gestaan en met sy arms om hulp gewaai.

Rusa sê Kruger is intussen na die nooddiens se hoofkantoor gevlieg waar paramedici sou regstaan om hom te behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kaptein67

Baie bly Steven is veilig. Oorweeg maar ‘n 4×4 in die toekoms…

Shakespeare

Geen selfoon nie ?? …….of was daar nie opvangs nie.

Delia

Toyota 4 by 4…bly jys veilig en nie nog n statistiek

Miskruier

Leer vandag se kinders nie om die los matte voor die wiele te plaas nie, daar was ook genoeg takke om voor wiele te sit.

madels

My suster het eendag haar foon by die huis vergeet en voorwaar dieselfde dag gaan staan haar kar, sy het oornag in die kar geslaap, mense wou nie stop nie en die volgende oggend het 2 goeie mans gestop en haar gehelp. Dit kan met enigiemand gebeur. Dankbaar dat niemand hom aangeval het nie