Vermiste skoolhoof gevind

Foto: Facebook

Phillip du Plessis, skoolhoof van die Sandringham High School in Johannesburg wat sedert 4 Julie vermis was, is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal opgespoor.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het laat Vrydagmiddag bevestig Du Plessis (55) is vroeër vandag in die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal aangetref waar hy in die waakeenheid opgeneem is.

“Hy is in ʼn kritieke, maar stabiele toestand en ontvang die nodige behandeling in die waakeenheid,” het Mabona gesê.

“Daar word beweer dat die skoolhoof op 5 Julie in Brakpan deur ʼn voertuig raakgekry is en na die hospitaal gehaas is. Ons is baie bly hy is gevind en wens hom ʼn spoedige herstel toe. Ons gebede is by hom en sy familie in hierdie moeilike tyd.”

Maroela Media het vroeër berig Anrie Saunders, Du Plessis se susterskind, het gesê kringtelevisiebeeldmateriaal het getoon hoe Du Plessis omstreeks 18:40 in die skool se voertuig by Carnival City opgedaag het. Omstreeks 22:00 dieselfde aand kon gesien word hoe hy “heeltemal verward” by Carnival City uitgestap het.

“Hy is ʼn diabeet. Op die beeldmateriaal kan ʼn mens sien sy balans is af en hy lyk nie lekker nie. ʼn Mens kan sien hy is nie bewus van wat om hom aangaan nie,” het Saunders vroeër gesê.

Du Plessis is eers vroeër vandeesweek as vermis aangemeld nadat hy nie vir die nuwe kwartaal by die skool opgedaag het nie.

Panyaza Lesufi, die LUR vir onderwys in Gauteng, sal Du Plessis Maandag in die hospitaal besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Anrie Saunders ·

Dis Boksburg Noord Polisie wat gehelp het nie Brakpan sin soos vroeer berig nie.

Andries ·

Dalk kan die kring televisie binne ook wys hoe hulle sy drankie gedokter het by die kaard tafel. Daai kameras neem alles af, selfs die croupees wat kaarde ruil en geldjies vat.

SNEL ·

Spoednik, jy veragsku swak spelling. Ek sal nou nie sê veragsku nie, dis n sterk en lelike woord om vir iemand te sê, maar ek voel of my maag draai en ek n kramp kry as mense soos jy nie ander net kan los en die son ook oor hulle kan laat skyn nie. Ek is seker jy het ook maar goedjies waarin jy nou nie n uitblinker is nie. Ek is sommer lus om nou ook n spelfoud (t) te maak. Goeie spelling is n kuns soos teken. Party het dit en ander nie, om jou mond te rek, gaan n goeie mens weerhou om ook hulle sê te sê, en almal is welkom om kommentaar te lewer. Aan al die Andriese, spel soos julle wil, ons ander kan lees wat julle wil sê en ek ken van auto correct en the slip of the finger, so gelukkig verstaan ons ander wat gesê word.

Onnie ·

Wat maak hy met skoolvervoer by ‘n dobbelplek?? Verward? Van balans af?? En hy lyk nie “lekker” nie?? Lol!!! Klink vir my baie verdag…

M ·

As iemand se bloedsuiker te laag daal, kan dit voorkom asof hulle besope is.

Spietkop ·

As iemand besope is kan dit voorkom asof hulle bloedsuiker te laag is.

Bobby ·

Hoe werk dit dat hy sedert 4 Julie “vermis” word, maar hy is eers op 5 Julie raakgery en eers nadat die skoolkwartaal begin het as vermis aangemeld? Dan is hy mos eers van 17 Julie af vermis. Swak beriggewing.

SjN ·

Hoekom eers wag tot Maandag Lesufi, jy is mos altyd eerste daar as iets gebeur?

Piet ·

Ek het self nou die dag ‘n ding oorgekom waarvan ek niks kan onthou nie. My balans was aangetas, maag omgekrap en verder kan ek niks van die gebeure onthou nie. Ek dink dit het iets met my oor wat ontsteek is tedoen, maar my pelle se weer dis omdat ek 14 biere gedown het.

Cherokee ·

Piet.. jou skarmunkel..! Dit is nie dikwels wat ek hardop uitbars van die lag by die PC nie maar jy het dit reggekry:-)))

TS ·

Reg so Piet. Ek vind ook daai problreem. Lyk dan verward as die voggies gedaan is. Selfs my spelling ly daaronder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.