Vermiste Stellenbosch-student dood in koshuis gevind

Ashwill Boer.

ʼn Student aan die Universiteit Stellenbosch wat ʼn week lank vermis was, is Vrydag dood aangetref in ʼn koshuis.

Ashwill Boer (25), ʼn ingenieurstudent van Worcester, is glo Sondag die laaste keer gesien waarna hy as vermis aangemeld is.

Sy liggaam is Vrydag in ʼn gedeelte van die koshuis gevind wat vir Covid-19-afsondering ontruim is en nie tans bewoon word nie, het prof. Arnold Schoonwinkel, viserektor: leer en onderrig, gesê.

“Geen gemene spel word vermoed nie,” het Schoonwinkel gesê.

“Ons is as ʼn universiteitsgemeenskap diep geraak deur hierdie verlies, en ek wil ons innige simpatie aan die bedroefde familie en Boer se vriende en medestudente in hierdie hartseer tyd betuig.”

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facenook

Kol. Andre Traut, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê Boer se liggaam is in ʼn koshuis in Maraisstraat gevind. “Die omstandighede rakende sy dood word ondersoek. ʼn Geregtelike doodsondersoek is begin en in dié stadium word geen misdryf vermoed nie.”

Personeel van die universiteit se studentesake-afdeling is in aanraking met die familie en sou vanmiddag met studente van die koshuis byeenkom.

“Ons doen ook ʼn beroep op almal om die privaatheid van Boer se geliefdes en klasmaats wat diep deur hierdie gebeurtenis geraak is, te respekteer.”

Studente wat geraak is, word versoek om met die eenheid vir psigoterapeutiese en ondersteuningsdienste by die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling in verbinding te tree. Studente kan ook die 24-uur-nooddiens, in samewerking met ER24, by 010 205 3032 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

tweeling ·

Maroela maak net die eerste paragraaf reg. Die koshuis is nie leeg nie, net ‘n gedeelte was ontruim agv covid.

Nico Strydom ·

Dagsê Robert
Baie dankie die berig is gewysig.
Vriendelike groete
Maroela Media

SomeOne ·

sterkte aan familie en vriende, dis so tragies dat so baie jong mense hul lewens verloor op sulke jong ouderdomme

Gemaskerde Sopbeen ·

So onnodig. As hy net hulp gaan soek het maar baie mense is skaam of skrikkerig. Daar is baie mense tussen ons wat baie seer en swaar saamdra sonder om dit te wys. Sterkte aan familie en vriende.

antieke antie ·

sterkte aan die geliefdes….
was hy dan in n area waar hy nie mag wees nie… en daar word nie gaan kyk of alles reg is nie…

Domeritus Danie ·

Kan persone wat kommentaar lewer net asb daarvan seker maak dat hul bydraes taalkundig korrek is VOORDAT hulle dit indien?
Weliswaar het goeie begrypers net halwe woorde nodig, maar moet liefs nie halwe woorde gebruik nie, dan sal jy as sender daarvan nie verkeerd begryp word nie!

Domeritus Danie ·

Dalk is dit nie die korrekte forum om ‘n eiertjie te lê of ‘n knuppel in die hoenderhok te gooi re die drakoniese (oordrewe streng) inperkingsmaatreëls wat steeds geld t.o.v. die Coronapes nie…. Maar as ‘n analitiese persoon wonder ek kliphard oor die logika daaragter! Kan iemand my dus asb (reg)help:

1. Hoekom was die aanvanklike verbod wqt sedert 7 Junie 2020 gegeld het op kerklike byeenkomste vasgestel op slegs 50 persone per geleentheid? Die NGK Morelettapark bied ruim sitplek vir nagenoeg tweeduisend plus mense. Om daardie makrogemeente te beperk tot slegs 50 is mos gek!
Is dit dalk omdat die opstellers van die inperkingsmaatreëls nie wiskundige berekeninge kon/kan doen nie?

2. Wat is die logika agter die bepaling dat rugbyspelers met hul gesigte teenaan mekaar en kop aan kop in ‘n skrum sak NIE maskers hoef te dra nie, maar as die reserwes of ‘n oortreder van ‘n rugbyreël by die kantlyn stelling inneem, moet hulle/hy ‘n masker dra? Verduidelik asb?

Domeritus Danie ·

Nog ‘n paar stuiwers in die armbeurs oor die onlogiese gekkige maskerade parade:

1. Hoe kan van matrikulante verwag word om terwyl hulle eksamen skryf (meestal seker 3 uur lange vraestelle) dit heeltyd met hul maskers op hul gesigte – wat hul neuse en monde moet toehou – te doen? Die arme leerders kan mos flou word van heeltyd hul eie koolsuurgas in te asem, dan nie?

2. As een van die ouer garde probeer ek (en vele van my portuur groep) fiks bly en so ons imuunstelsel op te kikker bv. met stap in die oop ruimtes, deelname aan “parkruns” en/of beoefening van die heerlike ontspannende spel rolbal.

2.1 Hoe gek lyk dit nie as ek die stappery aandurf met ‘n masker op nie?
2.2 Hoekom is PARKRUNS (oor 5km) nog steeds verbode?
2.3 Hoekom hoef ‘n rolballer nie sy/haar masker te dra terwyl rolbal gespeel word nie, maar die oomblik as die spel voltooi is, moet die masker weer opgesit en gedra word? Dit maak nie mos glad nie sin nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.