Vermiste “stout” seun dood aangetref

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 16-jarige seun van Mpumalanga is dood aangetref in ʼn dam naby ʼn verlate myn nadat hy vroeër as vermis aangemeld is.

“Tebogo Ngomane, ʼn graad 10-leerling aan die Sekondêre Skool Sibukosethu, het verdwyn nadat hy van ʼn skooluitstappie op 30 Augustus teruggekeer het,” het brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die seun was deel van ʼn groep skoliere wat hulle wangedra het op ʼn bus.”

Die skoliere het glo ʼn uitstappie na Mamelodi gehad. Van die seuns was glo onder die invloed van alkohol en die busbestuurder kon hulle nie onder beheer bring nie.

Mohlala het verduidelik die busbestuurder het, in ʼn desperate poging om die seuns te beheer, ʼn polisievoertuig se aandag getrek en die beamptes gevra om met die seuns te praat. “Toe die bus gestop het en die seuns begin afklim, het Ngomane weggehardloop. Die mense het hom gesoek, maar hulle kon hom nie opspoor nie.”

Die tiener se liggaam is Donderdag deur ʼn soekgeselskap naby die N4 in Middelburg opgespoor.

ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gideon Erasmus ·

Nou watse uitstappie was dit? Na ‘n shebeen! Bou ‘n nasie!!

Drieks ·

Stem, bou ‘n nasie…. ???Ons loop in ‘n groot lug leegte in met hierdie toekomstige heersers. En niemand in die regte poste in die regering doen iets om ons land te beskerm teen die groot val nie.

Elfie ·

16 jaar oud en hulle drink al so … ek gee op, regtigwaar. Waar het hul die alkohol gekry en as dit ‘n skooluitstappie was waar was die onnies/toesighouers om toe te sien dat sulke dinge nie gebeur nie, hoe drink hulle sonder dat toesighouers nie weet nie? Of het hul dalk saamgedrink?? Jammer, maar dis maar hoe mens se gedagtes deesdae dwaal as mens die tipe van goed lees…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.