Vermiste student dood gevind

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Student van ʼn kollege in Mpumalanga, wat sedert Sondag vermis was, se verbrande liggaam is Maandag by ʼn vullisstortingsterrein gevind.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggaam is in Mhluzi, ʼn informele nedersetting wes van Middelburg, gevind. “Iemand het op die jong vrou, in haar 20s, se liggaam by die stortingsterrein afgekom. Die liggaam is verbrand, maar sy was steeds herkenbaar,” het Mohlala gesê.

ʼn Nkangala FET-kollege-studentekaart en ʼn bestuurslisensie is in haar besit gevind. Alhoewel die kaarte albei ook gebrand is, was die van Mahlangu steeds op die kaarte sigbaar.

“ʼn Werknemer by die provinsiale patologiedienste het vermoed dat die liggaam moontlik sy vriend se vrou kan wees wat sedert Sondag vermis geraak het. Die vriend is ontbied en hy het bevestig dat dit sy vrou is,” het Mohlala gesê.

Hy het gesê die oorsaak van die vrou se dood is nog nie bekend nie, maar ʼn saak van moord word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Willie ·

Regtig siek… die land is uitbeheer uit, geen salf te smeer nie… En die ANC en nommer is trots op die vordering… My inige simpatie met die famielie… so so hartseer…

Gesiggie ·

As ek die berig lees, vrou vermis, kind vermis of man vermis… dan raak ek al koud, want so min word weer lewend gevind? wonder wat die motief vir die een was? als kan meskien gaan al is dit hoe erg, maar om n liggaam te verbrand? ek hoop maar net nie dit was selfmoord? sterkte aan die Familie”’en as dit moord was , mag die persoon vinnig gevang word…

Karma ·

@Gesiggie, dit is baie onwaarskynlike selfdood … ‘n lyk kan dit nie self aan die brand steek nie, tensy dit ‘n selfdood-pakt was en die ander een kop uitgetrek het en toe die oorledene verbrand het om enige aandeel daarin te verdoesel. Dit is waarskynlik ‘n jaloerse “vriend” (lees: skelmpie) of doodeenvoudig nóg ‘n roof/verkragting/moord …. Ai, dit bly tragies. Help nie mens gee seker simpatie op dié webwerf nie (hulle lees dalk nie Afrikaans of hier nie), maar in elk geval – simpatie aan die agterblewenes.

Duitswes ·

Dit skree ten hemele hoe GOEDKOOP het die lewe van ‘n MENS geword het dat dit al soos vullis op ‘n ashoop verbrand word! Mag die dader met dieselfde sward geslaan word, punt.

Hennie ·

Die land se mense is so gewoond dat moord gepleeg word, nog een wie in die pad is kan maar sommer verbrand word. Sien Zuma en sy kabinet gladnie die rooi ligte nie? Inteendeel hulle is trots oor die vordering onder ANC bestuur!! Kan hulle nie sien wie is die bevolkingsgroep wat verwoes en doodmaak en aksie neem nie? Ek stem saam met Willie, dis siek verby.

Carel ·

Geen waardes van ons regering om hierdie moorde stop te sit nie, en dis die regering aan wie FW de Klerk ‘n waardige regering afgeteken het. . . . . eish!

Elizabeth ·

Afgesaagde kommentaar – hoe in hemelsnaam moes F.W. de Klerk en Kie op daardie stadium kon voorsien hoe dinge tans sou uitdraai!!

Cherokee ·

Julle was gewaarsku Elizabeth. Op lamppale, winkelvensters, radios, pamflette, toesprake en veel meer. Julle het julself slim gehou. Dit help nie om nou onskuldig te pleit nie.

Sterkte ·

Sterkte aan hierdie vroutjie wie se lewe niks werd was nie se familie, sy was beslis ‘n mens in eie reg. Dit is net ‘n korrupte klomp wat doodstraf weggevat het, mense regte en aktiviste soos Gillian Schutte se skuld dat hierdie jong dame dood en halfpad verbrand op ‘n ashoop lê, letterlik en figuurlik! So sad, kan net vir julle bid (familie). Aan die een wat dit gedoen het wees nou ook mans genoeg om jou pak te vat.

humor ·

Elizabeth, ai , hulle het die hele Afrika as voorbeeld gehad wat as waarskuwing kon dien.

Carel ·

Elizabeth, al gehoor van huiswerk onvolledig gedoen? Duidelik sien jy nie die erns van die saak nie, ‘n stabiele Christelike land afteken na wat ons vandag elke dag sien.

Duitswes ·

Dit slaan my dronk dat “Ja” referendum stemmers nog steeds met oogklappe aanloop en hul standpunte wil regverdig…Die dronkaard vergryp hom / haar aan drank, bestuur en maak ‘n ongeluk wat ‘n onskuldige sober lewe neem en ‘n familie is veraltyd gebroke. Nou beroep die dronkaard hom / haar daarop dat hy / sy die gevolg nie kon voorsien het nie en dat sy besopenheid versagtende omstandighede is…Ai, ons ou volkie ons brood kan nie aan 2 kante gebotter wees nie.

LMGA ·

Dos vreesaanjaend om te dink as ons vandag die referendum-stem sou oor kry, 98% van die JA-stemmers weer JA sal stem, met al die kennis wat hulle die laaste 24 jaar opgedoen het (oftewel nie opgedoen het nie). As julle skrik, skrik net wakker Elizabeth!

Landi ·

Ek sien vreeslik baie berigte oor wit moordenaars ook, en wit pedofiele, rowers, bedrieërs en verkragters! Julle wat so vinger wys na ‘n ander bevolkingsgroep, moet voor julle eie deur ook vee! Hierdie HELE land is siek!

Lindie ·

Fws, as jy die feite kan weerlê, doen dit, met kleinlike persoonlike beledigings wys jy net jou swak karakter en onkunde! Byna elke tweede moord en huis van gruwels, kinderpornografie, bedrog en verkragting waaroor berig word, staan ‘n blanke met ‘n bybel onder die arm in die hof! Nee sies man!

Pieta ·

Ek wens ek kon vinger wys na ander bevolkingsgroepe terwyl my eie onskuldig verklaar kan word, maar ongelukkig is daar soveel onsedelikheid en afvalligheid onder my eie mense, dat ons nie seën kan verwag nie. Ek sê nie ons is erger as ander bevolkingsgroepe nie, maar net dat ons nie onsself moet verontskuldig terwyl ons eintlik self afgedwaal het en ook losbandigheid ens onder ons eie mense verdra en só ook oneties lewe nie.

Lindie ·

Wat my bekommer Pieta, is dat mense wat so redeneer dat net die ander rasse misdaad pleeg, maklik prooi gaan word vir wit moordenaars en misdadigers. Mens kan niemand meer vertrou nie, ongeag velkleur! Die vrou wat vermoor was voor kerk, dit was ‘n blanke, die makelaars en eiendomsagent, weer blankes! Die pastoor vrou, haar eie skoonseun! Die lys gaan net aan en aan! So om te sê “kan die regering nie sien dis net een bevolkingsgroep wat misdaad pleeg nie” is nie net DOM nie, dis lewensgevaarlik!

L.H. ·

O nee, dit is baie waar, uit alle bevolkings, kleure en geure kom daar die vreeslikste goete, verskil is egter die hoeveelheid, die wyse waarop, die voorafbeplanning, motiewe, barbaarsheid en wreedheid waarop die goete gepleeg word. Om soos n trop dol honde op ou mense neer te kom, plaas hierdie goete in n heel ander kategorie.

L.H. ·

O nee, dit is baie waar, uit alle bevolkings, kleure en geure kom daar die vreeslikste goete, verskil is egter die hoeveelheid, die wyse waarop, die voorafbeplanning, motiewe, barbaarsheid en wreedheid waarop die goete gepleeg word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.